Erratum
Die redaksie wys graag op die volgende fout wat ingesluip het op p. 240 van die artikel wat in die Junienommer (TGW 63(2):229-245) van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe verskyn het: Dreyer, J & Van der Walt, K. 2023. Die oorsprong van die mens: "Laat Ons mense maak" The origin of man: "Let us make humans".
Die Hebreeus in die tersaaklike gedeeltes moet asseblief soos volg lees:
Paragraaf 2:
Genesis 2:7 word uit die antieke Hebreeus in Afrikaans vertaal as: "die Here God het die mens met stof uit die grond gevorm...". Die antieke Hebreeuse woord wat in die teks gebruik word en in die 2020-vertaling as "gevorm" vertaal word, is volgens Strong (2009:#3335) yatzar (
/ y.ts.r), wat beteken "om te vorm" of "om te fatsoeneer" (in Engels "mold"). Die woord yatzar word in Genesis 2:7 in teenstelling met die woord bara (Strong, 2009: #1254) van Genesis 1:26 gebruik. Bara beteken om iets uit niks te skep, terwyl yatzar beteken om iets te omvorm of te herfatsoeneer. Die woord yatzar kom ook voor in Genesis 2:19: "Toe vorm die Here God uit die grond al die diere van die veld en al die voëls van die hemel" (2020-vertaling). Die woord yatzar word in die antieke Hebreeus van II Samuel 17:28; Jesaja 29:16; en Jeremia 18:1-17 gebruik vir die vorming van kleiware deur 'n pottebakker, sowel as in Jesaja 44:9 en Hábakuk 2:18 vir die maak van afgode deur 'n goudsmid. Jesaja 49:5 gebruik die woord yafear verder vir die vorming van die dienskneg van God in die moederskoot.
Paragraaf 3:
Volgens die 2020- Afrikaanse vertaling van die antieke Hebreeuse Genesis 2:7a het "die Here God die mens met stof uit die grond gevorm...". Die antieke Hebreeuse woorde wat as "stof uit die grond" in Afrikaans in die 2020-vertaling vertaal word, is (
) a 'phar (Strong, 2009:#6083) en (
) a'da'mah (Strong, 2009:#0127). Adamah beteken "aarde of grond", terwyl aphar die antieke Hebreeuse woord is vir "stof. Die mens is volgens Genesis 2:7 met ander woorde gevorm uít die aarde self. Die naam Adam is daarom ook inderdaad verwant aan die antieke Hebreeuse woord vir aarde of grond adamah.
Paragraaf 4:
Volgens die 2020- Afrikaanse vertaling van Genesis 2:7 uit antieke Hebreeus [het God] "...in sy neus die asem van lewe geblaas. So het die mens 'n lewende wese geword". Die antieke Hebreeuse woord neshamah (
/ ne'shey 'mah) word volgens Strong (2009: #5397) vyf-en-twintig keer in die 2020-vertaling van die Ou Testament as "asem" vertaal. In Genesis 2:7 maak neshamah van die mens 'n lewende wese. In Job 32:8 bring neshamah egter geestelike begrip. Volgens Psalm 104:29 is neshamah noodsaaklik vir lewe: "U neem hulle asem (neshamah) weg, hulle vergaan en keer terug na die stof wat hulle was".
Paragraaf 5:
Die 2020-vertaling se Afrikaanse woord "lewende" (soos in "lewende wese") is 'n vertaling van die antieke Hebreeuse woord chayah (Strong, 2009:#02421), terwyl die 2020-vertaling se Afrikaanse woord "wese" 'n vertaling van die antieke Hebreeuse woord nephesh (Strong, 2009:#05315) is, wat dikwels op ander plekke in die Bybel as "siel" vertaal word.
