Open-access Tendense, struikelblokke en geleenthede vir slim stede in stedelike ruimte: 'N sistematiese literatuuroorsig

Abstract

Verstedeliking en digitalisering is tans twee belangrike neigings in sosiale ontwikkeling. Die 'slim stad' is bekendgestel om die konflik tussen die behoeftes van inwoners en stedelike dienste aan te spreek. Hoewel baie aandag aan die tegnologiese aspekte gegee is, is minder studies gedoen oor die impak daarvan op stedelike ruimtes. Hierdie artikel bied 'n sistematiese oorsig van bestaande empiriese literatuur oor slim stede in stedelike kontekste, met die doel om navorsingstendense te ondersoek, sowel as om hindernisse en potensiële geleenthede vir slim stede uit te lig. Die oorsig sluit in 53 artikels, verkry uit die Web of Science (WoS) en Scopus-databasisse, en volg die PRISMA-riglyne vir sistematiese oor-sigte en meta-analise. Die bevindings identifiseer drie hoofneigings (die slim stad as tegniek, as hulpmiddel en as benadering); vyf belangrike hindernisse (tegnologiese oorheersing; toesig en privaatheid; probleme met data-integra-sie; marginalisering en streeksongelyk-heid; tegnokrasie en diskriminasie), en vier moontlike geleenthede (interdis-siplinêre samewerking; platform-inte-grasie; inklusiewe burgerbetrokkenheid, en plaaslik-geskikte aanpassingsbena-derings). Die artikel maak ook verskeie aanbevelings, insluitend kontekssensi-tiewe beplanningsstrategieë wat plaas-like behoeftes aanspreek; deeglike evaluering van gebruikerspersepsies; deelname-gebaseerde benaderings vir meer inklusiewe stedelike ontwikkeling, en gestandaardiseerde meetprotokolle vir inligtingsuitruiling. Hierdie oorsig bied waardevolle insigte vir beleidmakers en stedelike beplanners, akademici en die toepassing van slim stad-konsepte in die Globale Suide en ander ontwikkelende lande.


location_on
University of the Free State University of the Free State, Bloemfontein, Free State, ZA, 9301, Tel: +27 51 401 3546 - E-mail: trp@ufs.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top