Abstract
Hierdie studie fokus op die optimering van die veredelingsproses van Suid-Afrikaanse chromietsand vir gebruik in vinnige sandgiettoepassings, veral vir driedimensionele drukwerk (3DP). Suid-Afrika se groot chromietreserwes bied 'n unieke geleentheid om chromietsand van hoè gehalte te produseer wat aangepas is vir moderne vervaardigingsbehoeftes. Deur kritieke stappe in die veredelingsproses te identifiseer, soos vergruising, maal en verwydering van onsuiwerhede, poog hierdie navorsing om die kwaliteit en konsekwentheid van die finale produk te verbeter. Die geoptimeerde chromietsand toon verbeterde termiese stabiliteit en partikelverspreiding, wat dit geskik maak vir die streng vereistes van 3DP in sandgieting.





