Abstract
Hierdie studie ondersoek die impak van spoorpassasierinligtingstelsels (PISs) op dienslewering in Suid Afrika. Swak dienslewering veroorsaak 'n afname in spoorvervoer en -winsgewendheid, soos aangedui in nasionale statistiese verslae. Spoorpassasierinligtingstelels word grootliks beskou as operasionele ondersteuningstelsels. Die bevindings van 'n interpretiewe ondersoekende gevallestudie dui aan dat spoorpassasierinligtingstelsels gebruik kan word as strategiese inligtingstelels (SISs) om besigheidstrategie uit te voer. 'n Raamwerk word voorgestel wat spoororganisasies kan ondersteun om PISs te gebruik as SISs vir beter dienslewering en winsgewendheid in die sektor.



