Abstract
Hierdie navorsing fokus op die impak van die toepassing van 5S in huishoudings. Daar is reeds heelwat navorsing gedoen oor die uitkomste van gehaltekonsepte in verskeie instellings en nywerhede, maar min, indien enige, studies is oor huishoudings gedoen. Die doel van hierdie navorsing is dus om die uitwerking van die toepassing van 5S te bepaal, met spesifieke fokus op huishoudings in Suid-Indië. 'n Gestruktureerde loodsvraelys is aan 50 werknemers en hul gades by 'n toonaangewende maatskappy in Coimbatore versprei. Die respondente was goed vertroud met 5S, Lean, Kaizen en veiligheid. Die ontleding dui daarop dat die toepassing van 5S in huishoudings tot voortdurende verbetering, minder vermorsing en verbeterde veiligheid kan lei, wat alles voordelig vir gesinne sou wees







