Abstract
In hierdie artikel word daar op 'n sleutelkomponent van elke beskrywende woordeboek gefokus - leksikografiese etikette, met spesifieke klem op een van die tipes, naamlik gebruiksetikette. Hierdie analise gebruik voorbeelde uit die eerste volume van die Dictionary of the Montenegrin National and Literary Language. Beide normatiewe en funksioneel-stilistiese etikette wat noodsaaklike elemente van leksikografiese beskrywing is, word beskou. Hul betekenis word belig in beide die standaardisering van die leksikon as die funksioneel-stilistiese stratifikasie daarvan. Deur verklarings en illustratiewe voorbeelde te verskaf, beklemtoon hierdie artikel die belangrikheid van gebruiksetikette vir 'n akkurate begrip van die semantiese inhoud van lekseme in 'n breër konteks, sowel as hul kommunikatiewe waarde en pragmatiese relevansie. In die artikel word daar verder gewys op die inherente vatbaarheid van gebruiksetikette vir verandering (wat die dinamiese aard van die leksikon en taalveranderings oor die algemeen weerspieël), wat sodoende die behoefte aan die bepaling van algemene beginsels en kriteria vir hul meer konsekwente gebruik in beskrywende woordeboeke beklemtoon. Enkele kenmerkende voorbeelde van die gebruik van etikette is ook vergelykenderwys ondersoek, spesifiek in verhouding tot hul hantering in ander woordeboeke van die voormalig gedeelde Serwo-Kroatiese taalgebied. Aandag word eweneens gevestig op die uitdagings waarmee leksikograwe te kampe het met die merk en klassifiseer van leksikale items, sowel as die moontlike benaderings om hierdie kwessies te oorkom.
Gebruiksetikette; Leksikografie; Lekseem; Leksikon; Leksikografiese Beskrywing; Beskrywende Woordeboeke; Funksioneel-stilistiese Etikette; Normatiewe Etikette; Konteks; Pragmatiek

