Logomarca do periódico: Koers

Open-access Koers

Publicação de: Scriber Editorial Systems
Área: Ciências Humanas
Versão impressa ISSN: 0023-270X
Creative Common - by 4.0

Sumário

Koers, Volume: 91, Número: 1, Publicado: 2026

Koers, Volume: 91, Número: 1, Publicado: 2026

Document list
Documents
Articles
Developing spiritually grounded lecturers through supportive higher education environments Botha, Marga

Resumo em Inglês:

integrating faith and learning In higher education presents significant challenges for lecturers. This task often involves integrating secular content with biblical principles, creating tension when attempting to deliver content from a Christian perspective. As a result, many Christian lecturers opt to present material pedagogically without critically evaluating it through a Christian worldview. Consequently, Christian higher education institutions may lack a coherent framework aligned with the Great Commission outlined in Matthew 28:19-20. Christian higher education institutions can support lecturers in integrating faith and learning within their subject content. This study employs a qualitative research design to conduct a thematic analysis of documents on the integration of faith and learning. The study revealed that faith integration in Christian higher education institutions is most effective when institutionally scaffolded and spiritually embodied. Key institutional support structures such as reformed biblical frameworks, reflective practice, academic staff, academic staff development, and communal accountability enable lecturers to align their academic teaching with the transformative mission of the Great Commission." Therefore, this article argues that Christian higher education institutions should provide institutional support to lecturers through clear policies, dedicated resources, and targeted training. Such support can help reduce tensions and foster greater coherence in educational approaches. Moreover, when teaching is aligned with the Great Commission, a holistic environment is created, which leads to a supportive community of lecturers who can share practices and strategies for effective faith integration. This research highlights the role of institutional support in overcoming the challenges of faith integration in Christian higher education. it also provides a framework for faith-learning integration, which Christian higher education institutions can explore to equip their lecturers better to fulfil their educational purpose while staying true to biblical foundations.

Resumo em af:

Die integrasie van geloof en leer in hoër onderwys skep unieke uitdagings vir dosente. Hierdie proses vereis die koppeling van sekulêre inhoud met bybelse beginsels, wat dikwels spanning veroorsaak wanneer inhoud vanuit 'n Christelike perspektief aangebied word. Juis hierom verkíes heelwat dosente om materíaal pedagogies aan te bíed sonder om dit krities vanuit 'n Christelike wêreldbeskouing te evalueer. Gevolglik beskik Christelike hoëronderwysinstellings nie altyd oor 'n samehangende raamwerk wat die Groot Opdrag weerspieël wat in Matteus 28:19-20 gegee word nie. Hierdie studie gebruik 'n kwalitatiewe navorsingsontwerpe ten einde die integrasie van geloof en leer te ondersoek. Dit geskied deur 'n tematiese analise van dokumente. Die bevindinge toon dat geloofsintegrasie die doeltreffendste plaasvind wanneer dit institusioneel gestruktureer en geestelik beliggaam word. Belangrike ondersteuningsmeganismes sluit in: gereformeerde bybelse raamwerke, reflektiewe praktyke, ontwikkeling van akademiese personeel en gemeenskaplike aanspreeklikheid. Hierdie strukture stel dosente in staat om hul onderrig met die transformerende missie van die Groot Opdrag te belyn. Die studie voer dus aan dat Christelike hoëronderwysinstellings institusionele ondersteuning behoort te verskaf deur middel van duidelike beleide, toegewysde hulpbronne en toegespitste opleiding. Sodanige ondersteuning kan help om spanning te verminder, en dit kan samehang tussen opvoedingsbenaderings versterk. Bowendien, wanneer onderrig met die Groot Opdrag belyn word, word 'n holistiese gemeenskap geskep, wat tot 'n ondersteunende akademiese gemeenskap bydra. Sodanige gemeenskap kan praktyke en strategieë met die oog op doeltreffende geloofsintegrasie deel. Hierdie navorsing beklemtoon dus die rol van institusionele ondersteuning. Dit bied ook 'n raamwerk vir geloof-leerintegrasie wat Christelike hoëronderwysinstellings kan gebruik om hul dosente beter toe te rus om hul roeping in die onderwys te vervul terwyl hulle getrou aan Bybelse grondslae bly.
Articles
Is it possible to apply the Catholic doctrine to the common good of the company? Melero, Eduardo Gómez Torres-Remírez, José

Resumo em Inglês:

The rationale for this article lies, on one hand, in the need to address the perennia organisational problems of companies. On the other hand, the rationale of this article lies in the fact that the Catholic Church has not yet explicitly dealt with aspects related to the function, structure, and management of companies (Kennedy, 2002), despite having an extensive doctrine applicable to this field. All the published evidence to date shows that Catholic doctrine contains more than sufficient judgment elements to tackle the complex problems of the business world. This article proposes an approach to Catholic doctrine in formulating the common good within the company, considering its different dimensions (economic, social, cultural) and various forms of unity: origin, organisation, and action. This must be applied in a way that helps strengthen it as a human institution, given its prominent role in contemporary societies. At the same time, this article has also been written with the purpose of finding alternative principles, procedures, and attitudes that contribute to the survival, balance, and improvement of businesses in their socia role. This should always be from the perspective of the Church's social doctrine and from a justified conception of the company as a political community belonging to larger communities.

Resumo em af:

Die rasionaal vir hierdie artikel lê, aan die een kant, in die behoefte om op die voortdurende organisatoriese probleme van maatskappye te fokus. Aan die ander kant lê die rasionaa van hierdie artikel daarin dat die Katolieke Kerk nog nie uitdruklik aandag gegee het aan aspekte wat met die funksie, struktuur en bestuur van maatskappye verband hou nie (Kennedy, 2002), al beskik dit oor uitgebreide leerstellings wat op hierdie veld van toepassing is. Al die gepubliseerde bewyse tot op hede toon dat die Katolieke leer meer as voldoende beoordelingsgronde bevat om die komplekse probleme van die sakewêreld aan te pak. Hierdie artikel stel 'n benadering tot die Katolieke leer voor in die formulering van die algemene beswil binne die maatskappy, met inagneming van sy verskillende dimensies (ekonomies, sosiaal, kultureel) en verskillende vorme van eenheid: oorsprong, organisasie en handeling. Dit moet toegepas word op 'n wyse wat help om die maatskappy as 'n menslike instelling te versterk, gegewe sy prominente rol in hedendaagse samelewings. Terselfdertyd is hierdie artikel ook geskryf met die doel om alternatiewe beginsels, prosedures en houdings vas te stel wat tot die oorlewing, balansering en verbetering van ondernemings in hul sosiale rol bydra. Dit behoort altyd te geskied vanuit die perspektief van die Kerk se sosiale leer en vanuit 'n geregverdigde opvatting van die maatskappy as 'n politieke gemeenskap wat deel van groter gemeenskappe uitmaak.
'n Reformatoriese perspektief op die ouer se rentmeesterskaplike roeping tot die handhawing van ordelike kinderdisipline in Suid-Afrika Oosthuizen, Louis J van der Walt, Johannes L Oosthuizen, Izak J

Resumo em Inglês:

Children are a gift from God, entrusted to parents to serve as the child's primary educators and guardians. However, various forms of transgressions and misconduct among children are increasingly prevalent in contemporary society. It is a divine command and a parental responsibility to discipline their children. Yet, many factors and circumstances currently prevent parents from fulfilling their stewardship task and responsibility toward their children. Among these factors are the Western departure from Biblical values, high divorce rates, and fatherless households. Using the interpretivist-constructivist method, these factors are examined, and a description of parents' (caregivers') stewardship tasks and responsibilities is provided. The latter is grounded in principles such as parents being the child's primary educators; that correction and discipline should be exercised responsibly, that all interactions with the child should be grounded in a Scriptural child anthropology, and that parents should have a sound understanding of what education entails.

Resumo em af:

Kinders is 'n geskenk van God wat aan ouers toevertrou is om as die primêre opvoeders en bewaarders van die kind op te tree. Verskeie vorme van oortredings en wangedrag is egter hedendaags aan die toeneem onder kinders. Dit is 'n Goddelike opdrag en verantwoordelikheid van ouers om hul kinders te dissiplineer, maar daar is tans heelwat faktore en omstandighede wat ouers verhoed om hul rentmeesterskaplig en verantwoordelikheid teenoor hul kinders na te kom. Onder hierdie faktore tel die Westerse wegbeweging van Bybelse waardes, hoë egskeidingsyfers en vaderlose gesinne. Deur middel van die toepassing van die interpretivisties-konstruktivistiese metode word hierdie faktore uitgelig en word 'n omskrywing van ouers (sorggewers) se rentmeesterstaak en -verantwoordelikheid gegee. Laasgenoemde is gefundeer in beginsels soos die feit dat ouers die primêre opvoeders van die kind is, dat tug en dissiplinering verantwoordelik behoort te geskied, dat alle handelinge met die kind in 'n Skriftuurlike kinderantropologie gefundeer behoort te wees en dat ouers 'n goeie begrip behoort te hê van wat opvoeding behels.
Articles
Establishing ethical workplaces: Insights from independent school leaders and educators Bhengu, Sicelo Mthiyane, Siphiwe Kruger, Johan

Resumo em Inglês:

The researchers viewed and analysed the data through a Christian lens. A qualitative ethnographic case study approach was used within an interpretivist paradigm to investigate how school leaders and educators understand and practise ethical leadership to foster an ethical working environment. Semi-structured interviews were conducted with principals, deputy principals, and educators from two independent schools, presenting rich insights into participants' lived experiences of their school environment. The conclusions from the data indicate that ethical leadership is most effective when grounded in values such as integrity, accountability, and servant leadership, which are associated with Christian principles. Such leadership is a prerequisite to fostering an ethical work environment typified by trust, respect, and a shared moral purpose. The study also exposed trepidations within faith-based schools, specifically where institutional Christian identities overlap with managerial or market-driven imperatives. In addition, there was an unwillingness to raise discontent with leadership conduct, which underlines concerns about voice, agency, and the presence (or absence) of a "speak-up" culture.

Resumo em af:

Die navorsers het die data vanuit 'n Christelike perspektief bestudeer en geanaliseer. 'n Kwalitatiewe, etnografiese gevallestudiebenadering is binne 'n interpretivistiese paradigma gebruik om te ondersoek hoe skoolleiers en opvoeders etiese leierskap verstaan en beoefen ter bevordering van 'n etiese werksomgewing. Data is ingesamel deur middel van semigestruktureerde onderhoude met skoolhoofde, adjunkhoofde en onderwysers van twee onafhanklike skole, wat waardevolle insigte bied ten opsigte van die deelnemers se beleefde ervarings en leierskapspraktyke. Die bevindings toon aan dat etiese leierskap die doeltreffendste is wanneer dit gegrond is in waardes soos integriteit, aanspreeklikheid en dienende leierskap, dit wil sê waardes wat in ooreenstemming met Christelike beginsels staan. Sodanige leierskap is 'n voorvereiste ter bevordering van 'n etiese werksomgewing wat deur vertroue, respek en 'n gedeelde morele doel gekenmerk word. Die studie het ook bekommernisse binne geloofsgebaseerde skole aan die lig gebring, veral daar waar institusionele Christelike identiteit met bestuurs- of markgedrewe imperatiewe oorvleuel. Verder was daar 'n onwilligheid om ontevredenheid oor leierskapsgedrag te opper, wat kommer oor seggenskap, agentskap en die teenwoordigheid (of afwesigheid) van 'n laat-jou-stem-hoor"-kultuur benadruk.
Die Heidelbergse Kategismus as 'n Geloofsbelydenis en die Voortrekker-Gelofte van 1838: Die toespraak van Paul Kruger op 16 Desember 1886 Strauss, Piet J.

Resumo em Inglês:

Various sources believe that the correct commemoration today of the Covenant of 16 December 1838 in Natal by the Voortrekkers should be a Christian and religious event: a religious event as part of life in its entirety, aimed at the honour of God. President Paul Kruger - the last president of the Boer Republic in the old Transvaal (1883-1900), namely the South African Republic (Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR)) was a supporter of this conviction about the covenant's consequences. He started his speech on 16 December 1886 at Paardekraal, Krugersdorp, with a reference to question 1 in the Heidelberg Catechism. He urged his audience, as Christian believers or Christian Afrikaners who normally commemorate the Vow, to dedicate their lives as a whole as an answer in obedience to their redemption in Christ. Kruger saw the reformed confessions of the church of which he was a member as beliefs that influenced life in its totality. In his 1886 speech, he also addressed problems in his republic. However, he appealed to his people to behave as Christian citizens of this republic. This view of Kruger is supported to this day by many Christian Afrikaners and Afrikaner institutions.

Resumo em af:

Verskeie bronne huldig die oortuiging dat die korrekte viering vandag van die Gelofte van 16 Desember 1838 in Natal deur die Voortrekkers 'n Christelike en godsdienstige gebeurtenis behoort te wees: 'n godsdienstige gebeurtenis as deel van die lewe in sy geheel, wat op die eer van God gerig is. President Paul Kruger - die laaste president van die Boererepubliek in die ou Transvaal (1883-1900), oftewel die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) - was 'n voorstander van hierdie oortuiging oor die gevolge van die verbond. Hy het sy toespraak op 16 Desember 1886 by Paardekraal, Krugersdorp, begin met 'n verwysing na vraag 1 in die Heidelbergse Kategismus. Hy het sy gehoor, as Christelike gelowiges of Christelike Afrikaners wat in die reël die Gelofte herdenk, aangespoor om hul lewens in geheel aan God toe te wy as 'n antwoord in gehoorsaamheid aan hul verlossing in Christus. Kruger het die gereformeerde belydenisse van die kerk waarvan hy 'n lid was, beskou as oortuigings wat die lewe in totaliteit beïnvloed. In sy toespraak van 1886 het hy ook daadwerklik op probleme in sy republiek gewys. Hy het egter sy mense aangespoor om as Christelike burgers van hierdie republiek op te tree. Hierdie siening van Kruger word tot vandag toe deur baie Christelike Afrikaners en Afrikaner-instellings ondersteun.
Articles
Secularisation in Christian higher education: A Reformed perspective from the works of BJ van der Walt Diedericks, Morné

Resumo em Inglês:

The secularisation of Christian higher education institutions remains a significant challenge within contemporary higher education. Drawing on the works of B.J. van der Walt, this article investigates the factors contributing to the secularisation of Christian universities from a reformational perspective. The study employs a qualitative approach based on Van der Walt's published corpus, relevant secondary literature, and semi-structured interviews conducted with Van der Walt during 2024. The article argues that secularisation should be understood not as a single event but as a gradual, cumulative process involving philosophical compromise, worldview fragmentation, and institutional adaptation. Through thematic analysis, the study identifies 12 recurring factors contributing to secularisation, organised within three interrelated levels: foundational philosophical and theological errors, worldview and epistemological deficiencies, and institutional and structural deviations. Particular attention is given to themes such as dualism, synthesis thinking, the loss of Scriptural authority, postmodern relativism, commodification of knowledge, and the erosion of Christian institutional identity. The study concludes that Van der Walt's reformational framework offers an important analytical and normative perspective for understanding secularisation within Christian higher education. It further argues that Christian universities can preserve their identity only where faith, scholarship, and institutional life remain ntentionally integrated under the authority of God's revelation.

Resumo em af:

Die sekularisering van Christelike hoeronderwysinstellings bly 'n beduidende uitdaging binne die hedendaagse hoeronderwyslandskap. Aan die hand van die werke van BJ van der Walt word faktore wat vanuit 'n reformatoriese perspektief tot die sekularisering van Christelike universiteite bydra in hierdie artikel ondersoek. Die studie volg 'n kwalitatiewe benadering wat gebaseer is op Van der Walt se gepubliseerde werke, relevante sekondêre literatuur en semigestruktureerde onderhoude wat gedurende 2024 met hom gevoer is. In die artike word daar argumenteer dat sekularisering nie as 'n enkele gebeurtenis verstaan moet word nie, maar eerder as 'n geleidelike en kumulatiewe proses wat deur filosofiese kompromiee, wêreldbeskoulike verskuiwings en institusionele aanpassing gekenmerk word. Deur middel van tematiese analise identifiseer die studie 12 faktore, wat herhaaldelik voorkom, wat tot sekularisering bydra. Hierdie faktore word binne drie onderling verweefde vlakke georganiseer, naamlik fundamentele filosofiese en teologiese dwalings, wêreldbeskoulike en epistemologiese tekortkominge, asook institusionele en strukturele afwykings. Daar word besondere aandag gegee aan temas soos dualisme, sintesedenke, die verlies aan Skrifgesag, postmoderne relativisme, die kommodifisering van kennis en die verbrokkeling van Christelike institusionele identiteit. Die studie kom tot die gevolgtrekking dat Van der Walt se reformatoriese raamwerk 'n belangrike analitiese en normatiewe perspektief bied vir die verstaan van sekularisering binne Christelike hoer onderwys. Verder word aangevoer dat Christelike universiteite hul identiteit slegs kan behou waar geloof, wetenskap en die praktyke van die instelling doelbewus onder die gesag van God se Woord geïntegreer bly.
Articles
"Leftists losing it" as "acting out": A psychoanalytical perspective Olivier, Bert

Resumo em Inglês:

The present article is an attempt to come to grips, conceptually, with the strange phenomenon of "leftists losing it" in the immediate aftermath of the presidentia election victory of Donald Trump in the United States at the end of 2024. This has manifested itself in the guise of numerous videos posted online, showing individuals behaving impetuously in various ways, such as crying and shouting uncontrollably and repeatedly in the face of Trump's election win. It is proposed that these instantiate what is known in psychoanalysis as "acting out", that is, resorting to (pseudo-) actions as a substitute for coherently speaking about the event in question. Before an interpretation of the relevant videos is provided, "acting out" is unpacked in psychoanalytical terms such as repression, the unconscious, trauma, remembering and transference, with reference to the work of Freud and Lacan. Insofar as "acting out" entails repetition, a theoretical detour is undertaken through Freud's conception of the "death instinct" to understand its significance for the recent phenomenon of "losing it" or "melting down". Against this backdrop, an interpretive account of the behaviour witnessed in the videos referred to is offered, and its political implications are articulated with the help of Arendt's claim that political power consists in its continued renewal through speech and action, through which the space of appearance is constituted. Where this reciprocal relation between power and the (political) space of appearance is absent, one cannot coherently speak about the "political sphere" in the authentic sense; hence, the video-soliloquys of the individuals "acting out" may be shown as failing the test for being "political" in the Arendtian sense. In conclusion, the historica context within which this occurred is fleshed out, with the emphasis on the fact that, by all accounts, those voters who supported Trump were overwhelmingly Christian, while many of those who opposed him were "woke", that is, dismissive of everything traditional, including Christianity, as well as what is considered "toxic (white) masculinity".

Resumo em af:

In hierdie artikel word daar gepoog om die eienaardige verskynsel van "linkses wat kop verloor" ("leftists losing it") konseptueel te begryp, soos dit onmiddellik ná Donald Trump se oorwinning in die Amerikaanse presidentsverkiesing aan die einde van 2024 gemanifesteer het. Dit is sigbaar in verskeie video's wat aanlyn beskikbaar is, waarin individue hulself op 'n onbesonne wyse gedra deur byvoorbeeld herhaaldelik te huil en te skree ten aansien van Trump se verkiesingstriomf. Daar word aangevoer dat hierdie verskynsels gevalle is van wat in psigoanalise as "acting out" ("irrasionele gedrag") bekendstaan, met ander woorde, wanneer mense hul toevlug tot pseudohandelinge neem as plaasvervanger vir 'n samehangende gesprek oor die gebeure waarop die gedrag betrekking het. Voordat 'n interpretasie van die betrokke video's aangebied word, val die soeklig op "acting out" as irrasionele gedrag vanuit Freudiaanse en Lacaniaanse psigoanalitiese oogpunte, aan die hand van begrippe soos onderdrukking, die onbewuste, trauma, onthou en oordrag. Tot die mate waartoe "acting out" ("irrasionele gedrag") herhaling insluit, word 'n teoretiese ompad via Freud se opvatting van die doodsdrif ("death instinct") onderneem ten einde die betekenis daarvan vir die verskynsels van "kop verloor" ("losing it") en "ineenstorting" ("melting down") te peil. Teen hierdie agtergrond word 'n interpretasie van die tersaaklike gedrag in die tersaaklike videomateriaal aangebied, voordat die politieke implikasies daarvan aan die hand van Arendt se beskouing van politieke mag uitgewys word. Volgens haar bestaan mag uit die voortgesette hernuwing van spraak en handeling, waardeur die verskyningsruimte gekonstitueer word. Waar sodanige wedersydse verhouding tussen mag en die (politieke) verskyningsruimte afwesig is, kan 'n mens nie samehangend van die "politieke sfeer" in die ware sin van die woord praat nie. Gevolglik kan daar aangetoon word dat die video-uitbarstings van individue wat hulself irrasioneel gedra nie as "polities" in die Arendtiaanse sin van die woord beskou kan word nie. Ten slotte word die historiese konteks waarin hierdie gebeure ontvou het, gerekonstrueer deur daarop te klem te lê dat die kiesers wat Trump ondersteun het, volgens beskikbare getuienis, oorweldigend Christelik was. Hierteenoor was 'n groot aantal van dié wat teen hom gestem het, ondersteuners van "woke" ideologie. Laasgenoemde kom daarop neer dat alle tradisionele waardes verwerp word, insluitend die Christendom, asook dit wat as "toksiese (wit) manlikheid" ("toxic [white] masculinity") bestempel word.
De deugdzame onderzoeker: een Christelijk deugdethisch perspectief op wetenschappelijke integriteit Broer, Nicolaas A. van der Walt, Johannes L Wolhuter, Charste C.

Resumo em nl:

In dit artikel wordt onderzocht hoe vier deugden - nieuwsgierigheid, bescheidenheid, dienstbaarheid en zorgvuldigheid - onderzoekers kunnen helpen om weerstand te bieden aan de verleidingen en risico's van de moderne wetenschapspraktijk. Door toenemende concurrentie, prestatiedruk en institutionele verwachtingen komen onderzoekers onder sterke druk te staan, wat kan leiden tot twijfelachtige of zelfs frauduleuze onderzoekspraktijken. Regels en protocollen blijken hiervoor onvoldoende bescherming te bieden; werkelijke onderzoeksintegriteit vraagt om innerlijke vorming. Het artikel stelt daarom de persoon van de onderzoeker centraal: wetenschap is geen mechanisch proces, maar een menselijke praktijk waarin karakter, overtuigingen en intenties bepalend zijn voor betrouwbaarheid en geloofwaardigheid. Een christelijk-deugdethische benadering biedt volgens de auteurs een vruchtbaar kader om deze morele dimensie te begrijpen. In dit perspectief vindt wetenschap plaats coram Deo en wordt het gezien als deelname aan het verstaan van Gods schepping. De vier besproken deugden worden verbonden met de klassieke kardinale deugden van Aristoteles en vervolgens vanuit reformatorisch perspectief uitgewerkt als wetenschappelijke karaktereigenschappen. Nieuwsgierigheid richt zich op waarheidsliefde; bescheidenheid bewaart voor zelfoverschatting; dienstbaarheid oriënteert wetenschap op het gemeenschappelijke goed; en zorgvuldigheid waarborgt precisie, eerlijkheid en respect voor mens en werkelijkheid. Gezamenlijk vormen zij een morele habitus die onderzoekers helpt om verleidingen te weerstaan en wetenschap te beoefenen als een roeping: niet ter meerdere eer van zichzelf, maar tot welzijn van mens en schepping en uiteindelijk tot eer van God.

Resumo em Inglês:

This article examines how four virtues - curiosity, humility, servitude, and diligence - can assist researchers in resisting the temptations and risks of modern scientific practice. Increasing competition, performance pressure and institutional expectations place researchers under significant pressure, which may lead to questionable or even fraudulent research practices. Rules and protocols provide insufficient protection; genuine research integrity requires inner moral development. The article, therefore, places the person of the researcher at the centre: science is not a mechanical process, but a human practice in which character, convictions and intentions determine reliability and credibility. A Christian virtue-ethical approach offers a fruitful framework for understanding this moral dimension. From this perspective, science takes place coram Deo and is seen as participation in understanding God's creation. The four virtues are linked to Aristotle's classical cardinal virtues and then elaborated from a reformational perspective as scientific character traits. Curiosity directs the researcher toward a love of truth; humility guards against overestimating one's knowledge; servitude orients science toward the common good; and diligence ensures precision, honesty and respect for human beings and reality. Together, these virtues form a moral habitus that enables researchers to resist temptations and to practice science as a calling: not for their own glory, but for the well-being of humanity and creation, and ultimately for the glory of God.

Resumo em af:

In hierdie artikel word ondersoek hoe vier deugde - nuuskierigheid, beskeidenheid, diensbaarheid en noukeurigheid - navorsers kan help om weerstand te bied teen die versoekings en risiko's van die moderne wetenskapspraktyk. Deur toenemende kompetisie, druk om te presteer en institusionele verwagtinge kom navorsers onder groot druk te staan, wat kan lei tot tyfelagtige of selfs bedrieglike navorsingspraktyke. Reëls en protokolle bied onvoldoende beskerming hierteen; ware navorsingsintegriteit vereis innerlike vorming. Die artikel plaas daarom die persoon van die navorser sentraal: wetenskap is nie 'n meganiese proses nie, maar 'n menselijke praktyk waarin karakter, oortuigings en bedoelings bepalend is vir betroubaarheid en geloofwaardigheid. Volgens die outeurs bied 'n christelik deug-etiese benadering 'n vrugbare raamwerk om hierdie morele dimensie te verstaan. In hierdie perspektief vind wetenskap plaas coram Deo en word dit gesien as deelname aan die verstaan van God se skepping. Die vier deugde word verbind met die klassieke kardinale deugde van Aristoteles en daarna vanuit reformatoriese perspektief uitgewerk as wetenskaplike karaktereienskappe. Nuuskierigheid is gerig op waarheidsliefde; beskeidenheid beskerm teen selfoorskatting; diensbaarheid oriënteer wetenskap op die gemeenskaplike goed; en noukeurigheid waarborg nougesetheid, eerlikheid en respek vir mens en werklikheid. Saam vorm hulle 'n morele habitus wat navorsers help om versoekings te weerstaan en wetenskap as 'n roeping te beoefen: nie tot eer van hulself nie, maar tot voordeel van mens en skepping en uiteindelik tot eer van God.
location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo