Table of contents
Historia, Volume: 70, Issue: 2, Published: 2025Historia, Volume: 70, Issue: 2, Published: 2025
| Documents |
|---|
|
Editorial From the Editor Masakure, Clement |
|
Articles Sport-historical events leading to the South African Amateur Athletics and Cycling Board of Control Cleopas, Francios Abstract in English: The South African Amateur Athletics Board (SAAAB) is a forgotten memory in South African history. Yet, it provided many athletes an opportunity for recognised participation in sport that was denied them by the Apartheid regime. Established in 1946, it was part of the post Second World War efforts by black sport administrators to provide grassroots participation and to gain international recognition. Central in this effort was Reverend Bernard Sigamoney who was a prominent figure in uniting cricket, soccer and other sports. Evidence exists that proves black sport administrators were influenced by international events, such as the 1936 Olympic Games, to organise themselves nationally. Initially, the two major provinces that spearheaded the SAAAB were Western Province and Natal. Both provinces relied on schools as feeder systems for athletic competitions. However, poor facilities and the absence of qualified physical education teachers at schools, as was the case in the US, hampered athletic development. Nevertheless, the SAAAB left a legacy footprint of efficient administrators and administration that is accessible to historians to create narratives of events leading to its establishment. These developments are captured through a sport-historical narrative that utilises media sources and the author's private collection.Abstract in af: Die Suid-Afrikaanse Amateur Atletiekraad (SAAAR) is 'n vergete deel van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Tog het dit aan atlete, misken deur die Apartheidsregime, erkende sportdeelname verskaf. Na die stigting in 1946 het dit deel uitgemaak van die na-Tweede Wêreldoorlogpogings deur swart administrateurs om deelname op voetsoolvlak te bewerkstellig en internasionale erkenning te verkry. Eerwaarde Bernard Sigamomey was 'n prominente figuur in die vereniging van krieket, sokker en ander sportsoorte. Daar bestaan bewyse dat swart sportadministrateurs deur internasionale gebeurtenisse, soos die 1936 Olimpiese Spele, beïnvloed is om hulleself op nasionale vlak te organiseer. Die Westelike Provinsie en Natal was aanvanklik die twee kernprovinsies wat die SAAAR gelei het. Beide provinsies het op skole as voedingsbronne vir atletiekkompetisies staatgemaak. Swak fasiliteite en die afwesigheid van gekwalifiseerde liggaamlike opvoedkunde leerkragte op skool, soos in die VSA, het egter atletiekontwikkeling gekniehalter. Die SAAAR het desnieteenstaande 'n voorbeeld van effektiewe administrateurs en administrasie nagelaat. Hierdie toeganklike dokumentêre nalatenskap maak dit vir historici moontlik om die gebeurtenisse wat tot die organisasie se ontstaan aanleiding gegee het, na te speur. Hierdie ontwikkelinge word as 'n sport-historiese narratief aangebied met gebruikmaking van mediabronne en die outeur se privaatversameling. |
|
Articles Suppressed data: The controversy on Lynn Saffery's enquiry into African living conditions on the Northern Rhodesian Copperbelt, 1942-1945 Santebe, Mbozi Abstract in English: This article examines the controversy over Ambrose Lynn Saffery's enquiry into African living conditions on the Northern Rhodesian Copperbelt during the Second World War. The enquiry was held from August 1942 to January 1943 at the peak of the war, when the colonial government, mineworkers and mine management all faced the worst pressures of the war. The article contributes to scholarship on the impact of the wartime political economy on African living conditions in urban areas. Scholars analysed the surveys conducted on the urban African cost of living and demonstrate how they were shaped by the prevailing political economy. However, they largely overlook the debates that ensued during the enquiries and how they affected their conduct. The article uses archival evidence to demonstrate that Saffery's enquiry was shaped by the controversy between the Northern Rhodesia Chamber of Mines and the Labour Commissioner. While the former criticised the enquiry to protect the interests of the mining companies, the latter defended the study because it was organised by the Labour Department under his charge. The article reveals how the interests of different stakeholders influenced their perspectives on statistical enquiries. The controversy arose when the colonial government and the mining firms failed to accept and act upon the revelations of the survey. Instead, they suppressed the report to evade its political and economic implications.Abstract in af: Hierdie artikel ondersoek die omstredenheid rondom Ambrose Lynn Saffery se ondersoek na die lewensomstandighede van swartes in die Noord-Rhodesiese Koperstreek gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Hierdie ondersoek het van Augustus 1942 tot Januarie 1943 plaasgevind ten tyde van die felste oorlogvoering toe die koloniale regering, mynwerkers en mynbestuur met die ergste oorlogtydse druk gekonfronteer is. Dié artikel lewer 'n bydrae tot navorsing oor die impak van oorlogtydse politieke ekonomie op swart lewensomstandighede in stedelike gebiede. Navorsers het die opnames wat oor stedelike swart lewenskoste gedoen is, geanaliseer en aangetoon hoe dit deur die heersende politieke ekonomie gevorm is. Navorsers het egter grootliks die debatte wat tydens die ondersoeke aan die orde was en optredes beïnvloed het, geïgnoreer. Hierdie artikel maak van argivale bewysmateriaal gebruik om aan te dui dat Saffery se ondersoek deur die omstredenheid tussen die Noord-Rhodesiese Kamer van Mynwese en die Arbeidskommissaris beïnvloed is. Eersgenoemde het die ondersoek gekritiseer ten einde die belange van die mynmaatskappye te beskerm, terwyl laasgenoemde die ondersoek ondersteun het omdat dit deur die Departement van Arbeid, onder beheer van Saffery, gedoen is. Die artikel ontbloot hoe die belange van verskillende groeperinge hulle perspektiewe oor statistiese ondersoeke bepaal het. Die omstredenheid het ontstaan toe die koloniale regering en die mynmaatskappye geweier het om die bevindinge van die ondersoek te aanvaar en daarvolgens op te tree. In plaas daarvan het hulle die verslag ter syde gestel ten einde die politieke en ekonomiese gevolge van die bevindinge te vermy. |
|
Articles Nationalism, victimhood, martyrdom and intangible heritage: Portraying Harry Morant and Gideon Scheepers in film Verkerk, Domonique-Marie Benneyworth, Garth C. Abstract in English: Historical film can transform individual lives into enduring symbols of national identity and collective memory. This study is a comparative analysis of two films, Breaker Morant (1980) and an Afrikaans film, Gideon Scheepers (1982). It examines how each constructs nationalist narratives within the distinct yet historically entangled contexts of 1980s Australia and apartheid-era South Africa. While scholarship on South African War films and literature is extensive, comparative analyses remain rare, often confined to national frameworks. Both films depict their protagonists as martyrs, using emotional engagement, narrative simplification, and selective historical framing to produce 'victimhood nationalism', where collective suffering defines moral and national identity. This paper employs two of the three stages of Richards's analytical framework, those of identifying narrative strategies and assessing audience reception, to explore how these cinematic representations mobilise contested histories. Findings show that both invite audiences to identify with protagonists cast as victims of Empire, reinforcing a sense of moral superiority and historical grievance. At the same time, their selective focus on white protagonists marginalises other victims of colonial violence, highlighting the risks of nostalgia-driven, exclusionary historical storytelling. The study also demonstrates that Gideon Scheepers and Breaker Morant function as tools of intangible cultural heritage, shaping collective memory and transmitting contested narratives.Abstract in af: Historíese films beskik oor die vermoë om individué se lewens in blywende simbole van nasionale identiteit te verander en in die kollektiewe geheue vas te lê. Hierdie studie vergelyk Breaker Morant (1980) en die Afrikaanse film Gideon Scheepers (1982) en ondersoek hoe elkeen nasionalistiese narratiewe konstrueer binne die uiteenlopende, maar histories-verwante kontekste van Australië en apartheid-era Suid-Afrika van die 1980's. Alhoewel navorsing oor Suid-Afrikaanse oorlogfilms en -literatuur uitgebreid is, is vergelykende ontledings skaars en dikwels beperk tot geïsoleerde nasionale raamwerke. Beide films beeld hulle protagoniste as martelaars uit, gebruik emosionele betrokkenheid, narratiefvereenvoudiging en selektiewe historiese raamwerke om 'slagoffer-nasionalisme' te genereer, waar kollektiewe lyding morele en nasionale identiteit definieer. Hierdie artikel maak gebruik van twee van die drie fases in die analitiese raamwerk van Richards, naamlik die identifisering van narratiefstrategieë en die assessering van gehoorontvangs, ten einde te ondersoek hoe hierdie kinematiese uitbeeldings betwiste geskiedenisinterpretasies in die hand werk. Bevindinge toon dat beide films die gehoor aanmoedig om met die protagoniste as slagoffers van die Empire te identifiseer wat gewaarwordinge van morele meerderwaardigheid en historiese gegriefdheid teweegbring. Terselfdertyd marginaliseer die selektiewe fokus op blanke protagoniste ander slagoffers van koloniale geweld, wat lig werp op die gevaar van nostalgie-gedrewe, uitsluitende historiese uitbeeldings. Hierdie studie dui ook aan dat Gideon Scheepers en Breaker Morant as instrumente van geestelike kultuurerfenis funksioneer wat kollektiewe geheue vorm en betwiste narratiewe oordra. |
|
Articles Comrades and child soldiers in South Africa, 1984-1994 Glaser, Clive Abstract in English: Throughout the 1990s and early 2000s the horror of child soldiers captured the attention of NGOs and university-based scholars. Literature about African child soldiers proliferated. It became clear that children between 10 and 18 years old were systematically recruited or forced into armies in numerous civil conflicts. Children and early adolescents were victims and perpetrators of appalling atrocities directed at civilians. There were many other examples in Africa, but Sierra Leone, Liberia, Angola, Mozambique, the Democratic Republic of Congo, Sudan and Uganda were usually singled out as the largest scale and most egregious cases. South Africa was rarely, if ever, included in these discussions. Yet an argument can be made to view the South African comrade movement from the mid-1980s until 1994, though distinctive in many ways, through the lens of the African child soldier literature. While the child soldier pattern is perhaps most applicable to the extremely violent transition phase from 1990 until 1994, it is worth reviewing the comrade movement from its origins in about 1984. This paper attempts to bring literature on child soldiers in Africa into the conversation with South African research (from the disciplines of history, anthropology and social psychology) on the comrade movement. I begin with an overview of some of the key features of the child soldier phenomenon. I follow this by examining the South African comrade movement in relation to these features. I ask whether the comrades were distinctive and whether it is useful to view them as part of the broader trend of child soldiering in Africa in the 1980s and 1990s.Abstract in af: Gedurende die 1990's en vroeë 2000's het die afgryse van kindersoldate onder die aandag van NRO's en universiteitsgebaseerde navorsers gekom. Navorsing oor swart kindersoldate het geweldig in omvang toegeneem. Dit het duidelik geblyk dat kinders tussen die ouderdomme van 10 en 18 jaar sistematies gerekruteer of gedwing is om as deel van weermagte aan verskeie burgerlike konfliksituasie deel te neem. Kinders en vroeë adolessente was as slagoffers van en as oortreders betrokke by ontstellende wreedhede wat op burgerlikes gemik was. Baie voorbeelde hiervan is in Afrika te vinde, maar Sierra Leone, Liberië, Angola, Mosambiek, die Demokratiese Republiek van Kongo, Soedan en Uganda word gewoonlik uitgesonder as grootskaalse en erge voorbeelde. Suid-Afrika is selde, indien ooit, in besprekings hieroor ingesluit. Tog kan geargumenteer word dat die Suid-Afrikaanse (comrade-beweging) kindersoldatebeweging van die middel-1980's tot 1994, alhoewel uniek op vele maniere, tog deur die lens van swart kindersoldaatnavorsing beskou kan word. Alhoewel die kindersoldaatstelsel meer van toepassing op die erge wreedaardige oorgangsfase van 1990 tot 1994 is, is dit van waarde om hierdie beweging van sy oorsprong in 1984 af te ondersoek. Hierdie artikel poog om navorsing oor kindersoldate in Afrika met navorsing (afkomstig van die dissiplines van geskiedenis, antropologie en sosiale sielkunde) oor die Suid-Afrikaanse kindersoldatebeweging in verband te bring. Ten aanvang word 'n oorsig verskaf van die hoofkenmerke van die kindersoldaat-verskynsel. Daarna word die Suid-Afrikaanse kindersoldatebeweging teen die agtergrond van genoemde kenmerke ondersoek. Die vraag of die Suid-Afrikaanse kindersoldaatbeweging eiesoortig was, word ondersoek asook die vraag of dit van waarde is om hierdie beweging as deel van die groter verskynsel van kindersoldaatrekrutering in Afrika gedurende die 1980's en die 1990's te beskou. |
|
Articles Considering socio-cultural histories in gold mining tourism: A view of Khutsong township, Gauteng Dakile, Mpumi van Eeden, Elize S. Ledwaba, Lesiba Tumishang Abstract in English: Socio-cultural township tourism plays an important role in representing the legacy and heritage of regions, as it helps preserve and promote the unique identity of an area and encourages interaction between tourists and local cultures. The article recognises the significance of researching potential tourism opportunities arising from socio-cultural ventures in the mining township of Khutsong. The township was selected because of the research void regarding its socio-cultural histories. In this discussion, the authors find that heritage and mining legacies have the potential to create future tourism opportunities. Established on the outskirts of Carletonville in the Gauteng province, Khutsong and its people are closely linked with gold mining histories, with labour and socio-economic impacts having created diverse cultures in the township. Views raised by the local community of Khutsong complemented suggestions that engaged with tourism-specific scholarly literature, namely the quest to create and develop tourism opportunities in economically stressed regions dependent on the mining economy. Yet, the major research gap is how to meet this need. An in-depth capture of the socio-cultural histories is discussed in this article as a starting point for future tourism and further research in this field.Abstract in af: Sosio-kulturele informele nedersettingstoerisme speel 'n belangrike rol in die verteenwoordiging van die nalatenskap en erfenis van streke. Dit help om die unieke identiteit van 'n streek te bewaar en te bevorder, en interaksie tussen toeriste en plaaslike kulture aan te moedig. In hierdie artikel word die belangrikheid van navorsing beklemtoon wat potensiële toerismegeleenthede uit sosio-kulturele erfenisse kan skep. Vir hierdie bespreking is die dorp Khutsong naby Carletonville in die Gauteng provinsie van Suid-Afrika as voorbeeld uitgesonder. Khutsong het sy ontstaan te danke aan die goudmynbedryf in die Verre Wesrand-gebied. Hierdie dorp is as voorbeeld gekies vanweë die navorsingsleemte ten opsigte van sy historiese nalatenskap. Die bespreking handel verder ook daaroor dat mynbou-erfenisse in die gebied die potensiaal het om toerismegeleenthede in die omgewing en vir die gemeenskappe plaaslik te skep, en dat Khutsong se geïdentifiseerde erfenis beslis by so 'n groter erfenisfokus kan baat. Khutsong is aan die buitewyke van die dorp Carletonville gevestig, en sy mense is nou met die plaaslike goudmynbedryf se geskiedenis verbind - onder meer met die arbeids- en sosio-ekonomiese impak wat die vestiging van diverse kulture in die dorp tot gevolg gehad het. Die plaaslike gemeenskap van Khutsong se voorstelle rakende toerisme vir hulle gebied het in wese die voorstelle gekomplementeer wat met toerisme-spesifieke akademiese literatuur verband hou. Dit is, naamlik, die soeke na die skep en voorstel van toerismeprodukte in ekonomiese streke wat totaal afhanklik is van die mynbou-ekonomie. Tog is die groot navorsingsleemte, hoe om aan hierdie behoefte te kan voldoen. 'n In-diepte vaslegging van die sosio-kulturele geskiedenisse is in hierdie artikel bespreek as 'n vertrekpunt vir toekomstige toerisme en verdere navorsing hieroor. |
|
Book Reviews 'Humans as a disease vector': The history of malaria transmission in Zimbabwe Radebe, Mandla J. |
Historical Association of South Africa
The Historical Association of South Africa, c/o Department of Historical and Heritage Studies, University of Pretoria, Pretoria, Gauteng, ZA, 0028, Tel: +27 12 420 2323 -
E-mail: julie.parle@up.ac.za
Read our Open Access Statement
