Open-access Comrades and child soldiers in South Africa, 1984-1994

Gedurende die 1990's en vroeë 2000's het die afgryse van kindersoldate onder die aandag van NRO's en universiteitsgebaseerde navorsers gekom. Navorsing oor swart kindersoldate het geweldig in omvang toegeneem. Dit het duidelik geblyk dat kinders tussen die ouderdomme van 10 en 18 jaar sistematies gerekruteer of gedwing is om as deel van weermagte aan verskeie burgerlike konfliksituasie deel te neem. Kinders en vroeë adolessente was as slagoffers van en as oortreders betrokke by ontstellende wreedhede wat op burgerlikes gemik was. Baie voorbeelde hiervan is in Afrika te vinde, maar Sierra Leone, Liberië, Angola, Mosambiek, die Demokratiese Republiek van Kongo, Soedan en Uganda word gewoonlik uitgesonder as grootskaalse en erge voorbeelde. Suid-Afrika is selde, indien ooit, in besprekings hieroor ingesluit. Tog kan geargumenteer word dat die Suid-Afrikaanse (comrade-beweging) kindersoldatebeweging van die middel-1980's tot 1994, alhoewel uniek op vele maniere, tog deur die lens van swart kindersoldaatnavorsing beskou kan word. Alhoewel die kindersoldaatstelsel meer van toepassing op die erge wreedaardige oorgangsfase van 1990 tot 1994 is, is dit van waarde om hierdie beweging van sy oorsprong in 1984 af te ondersoek. Hierdie artikel poog om navorsing oor kindersoldate in Afrika met navorsing (afkomstig van die dissiplines van geskiedenis, antropologie en sosiale sielkunde) oor die Suid-Afrikaanse kindersoldatebeweging in verband te bring. Ten aanvang word 'n oorsig verskaf van die hoofkenmerke van die kindersoldaat-verskynsel. Daarna word die Suid-Afrikaanse kindersoldatebeweging teen die agtergrond van genoemde kenmerke ondersoek. Die vraag of die Suid-Afrikaanse kindersoldaatbeweging eiesoortig was, word ondersoek asook die vraag of dit van waarde is om hierdie beweging as deel van die groter verskynsel van kindersoldaatrekrutering in Afrika gedurende die 1980's en die 1990's te beskou.

Comrades; kindersoldate; jeug; anti-apartheidverset; post-konfliktrauma


location_on
Historical Association of South Africa The Historical Association of South Africa, c/o Department of Historical and Heritage Studies, University of Pretoria, Pretoria, Gauteng, ZA, 0028, Tel: +27 12 420 2323 - E-mail: julie.parle@up.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top