SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 issue2Die nuwe Afrikaanse prosaboekTownship Girls: The Cross-Over Generation author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Letterkunde

On-line version ISSN 2309-9070
Print version ISSN 0041-476X

Tydskr. letterkd. vol.58 n.2 Pretoria  2021

http://dx.doi.org/10.17159/tl.v58i2.11230 

RESENSIES REVIEWS

 

Native Life in the Third Millennium.

 

 

Willem Anker

Stellenbosch Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika anker@sun.ac.za ORCID: https://orcid.org/0000-0002-2158-0169

 

 

Masande Ntshanga.
Johannesburg: Model See Media, 2020, 41 pp. ISBN 9780620899376.

Masande Ntshanga, skrywer van twee suksesvolle romans, The Reactive (2014) en Triangulum (2019), en wenner van 'n Betty Trask Toekenning en die PEN-Inter-nasionaal se Nuwe Stemmeprys, se nuutste publikasie, Native Life in the Third Millennium, is 'n kompakte (A6, 41 pp.) boekie. Dit is die eerste publikasie van sy maat-skappy Model See Media. Volgens die maatskappy se webtuiste is Model See Media, of MDL See, "a public sphere intervention and the world's first pop-up publisher of experimental literature, art and code. It operates as a fundraising platform, an education instrument, and a cultural device safeguarding experimental literature against market forces". In die persverklaring van die boek noem hy dat alle winste aan organisasies geskenk sal word wat hulleself beywer vir rasse-ge-regtigheid en die beskerming van die planeet aarde. Selfs die papier waarop dit gedruk is, is gemaak met groen tegnologie; die papier herwin en chloor- en suurvry. Voorop die swart omslag is 'n skets van 'n ou arkadespeletjie-masjien met byskrifte. Op die agterplat staan die frase "i remember not thinking about humankind as a species of monsters".

Die boek bestaan uit drie dele: "native life in the third millennium vol 1& 2 [the poet's]", "teachers [the philosopher's]" en "quiet earth philosophy [the programmer's]".

Die eerste deel is 'n lang gedig van tien bladsye, opgedeel in twee afdelings, "2009" en "2019". In die tweedelige gedig, soos ook in die res van die boek, word die alledaagse ("i need rent and a healthcare plan" [4]) deurentyd geskets in die teken van ras- en geopolitiek ("born shattered inside the nefarious laboratories of eugenicists, to shattered progenitors, i need therapists to restore me from the nightmare imagination of whiteness to the child it made me abandon" [4]). "2019", die tweede deel van die gedig, begin met die frase: "before covid, i remember" (6). (Die boek is tydens grendeltyd geskryf). Die res van die gedig bestaan dan ook meestal uit sinne wat begin met "i remember"; assosiatiewe herinneringe vanaf 1992 ("i remember not thinking about the anthroposcene in bhisho in 1992" [7]) tot en met 2019.

Die gedig skets 'n wêreld (die jeug in die negentigs en volwasse lewe ná die millennium) voor die pande-mie. Die spreker is spesifiek met die sosiale en kulturele merkers wat hy oplet en onthou-daarom resoneer die gedig so wyd.

Die tweede en derde dele van Native Life is kort-verhale. Ook Ntshanga se prosa is dig geskryf, dik-wels poëties, elke sin getimmer tot dit pas. "teachers" handel oor 'n vyf-en-dertigjarige lektor aan 'n universiteit. Die verhaal vertel van korrupsie aan die universiteit en in die omliggende omgewing. Dit spreek kwessies soosras, tuislande endiebreër politiekvan Suid-Afrika aan. Dit voel egter soms of die verhaal in diens van die politieke inhoude of boodskap staan. Dit is nog-tans 'n interessante leeservaring met die makropolitiek wat vermeng met die mikropolitiek van 'n jongmans-bestaan van werk, bier, dagga en verliefdheid.

"quiet earth philosophy" is 'n baie goeie kortverhaal, maar ook een met die potensiaal om iets groter te word. Hierdie verhaal sou maklik kon dien as die voorwerk vir 'n fassinerende roman. Dit word in die verlede tyd vertel, vanuit die toekoms; twee ou vriende ontmoet op 6 November 2026, 'n 2026 waarin Covid-19 nog steeds voortwoed:

The streets were vacant, Masked stragglers stood marooned at different bus and taxi stops, open in their dispair. Ever since the first cases of the coronavirus had leaked in from the airports, mushrooming in the population like a dye underwater, the death toll had risen unmitigated, thinning the roads. I wondered if he was contemplating it too. "Humankind has never cured impairments endemic to humankind," he said.

"Instead it's learned to live around them, evolving in that matter." (30)

Soos Ntshanga self, is beide karakters gebore in 1986, die tyd van Tsjernobil en P. W. Botha se Noodtoestand ("We grew up in the ashes of a thwarted revolution" [27]). Albei werk in die gaming-industrie. Van kleins af was dit rekenaarspeletjies, hulle "libidinal hunger for machines" (27), wat hulle gered het van hulle daaglikse omstandighede (sien die arkadespeletjie-masjien op die boek se voorblad). Wanneer hulle weer jare later as volwassenes ontmoet, vertel die "ingenieur" vir die hoofkarakter sy teorie wat hy die "stille aarde filosofie" noem. Die hoofkarakter word geneem na die wêreld se eerste "Centre for Quiet Consciousness" (39).

Ntshanga skryf oor politiek en ras, oor transhu-manisme, oor die millennial-bestaan in die Suid-Afrika van nou en oor 'n moontlike toekoms. Hy skryf plaaslik, maar sy werk sal internasionaal resoneer.

Hierdie kort boek kan gelees word as 'n intermezzo; 'n kort asemteug tussen romans, of, hopelik, sommer ook 'n digbundel of twee. Ntshanga het homself reeds as 'n hoogs talentvolle skrywer bewys, en as hierdie boek 'n aanduiding is van die rigting waarin sy werk op pad is, is hierdie leser baie nuuskierig oor waarheen hy ons volgende gaan neem.

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License