SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1Metatheoretical assumptions in scientific research about the ministry of the congregationMount Sinai and Mount Zion: Discontinuity and continuity in the book of Hebrews author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 1018-6441

Abstract

BUYS, P.J. (Flip). Strome van lewende water: Nuwe-Testamentiese perspektiewe op die missionêre karakter van die kerk. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp. 121-131. ISSN 1018-6441.

Oor 'n wye front word besorgdheid uitgespreek oor die stagnering en kwynende getallegroei van hoofstroom-reformatoriese kerke in Suid-Afrika. Die besorgdheid word egter ook uitgespreek dat predikante en kerke in hulle ywer om kerklike vernuwing teweeg te bring, soveel kompromieë maak dat die kerk sy eie aard as heilge volk van God in die wêreld verloor. Daar is 'n internasionale tendens te bespeur by reformatoriese kerke, in Suid-Afrika, Noord Amerika, Australië, Nederland, Duitsland en die Verenige Koninkryk om die na-binne-gerigtheid van kerke om te draai om werklik missionêre kerke te kan wees. Daar is ook tekens van 'n groeiende ontwakende passie om die onbereikte taalgroepe tot by die uithoeke van die aarde te bereik met die evangelie. Daar is oor 'n wye front lewendige debatte aan die gang wat vra vir 'n herevaluering van oorgeërfde ekklesiologiese tradisies en gebruike en 'n herbesinning oor Bybelse beginsels. In die lig van hierdie ontwikkelings is die doel van hierdie artikel om Nuwe-Testamentiese beginsels op te som en te onderstreep en as boustene aan te bied om die profiel van 'n missionêre kerk te skets.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License