SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.80 número2Do values contain directional-normative value? A review of the value project of the North-West University índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

VAN DER WALT, J.L. et al. Die stand van interreligieuse toleransie by 'n groep Suid-Afrikaanse onderwysstudente. Koers (Online) [online]. 2015, vol.80, n.2, pp.1-12. ISSN 2304-8557.

Godsdienstige verdraagsaamheid het een van die belangrikste vraagstukke van die huidige eeu geword, juis vanweë die gewelddadige optredes en dade wat ekstremiste in die naam van godsdiens pleeg. Die vraag by baie onderwysersopleiers is of huidige finalejaar onderwysstudente die nodige godsdienstige verdraagsaamheid aan die dag lê om die godsdienstige verskille in die skole en in die gemeenskappe waarin hulle hulle beroep gaan beoefen, te kan hanteer. 'n Vraelys (waarvan 'n afskrif as bylaag tot die artikel verskyn, en wat ander belangstellendes mag gebruik na verkryging van toestemming daartoe) is opgestel en gefundeer in 'n konseptuele en teoretiese raamwerk waarin die vraagstuk van religieuse verdraagsaamheid in besonderhede ondersoek is. Die vraelys is deur 'n steekproef van 300 studente (uit 'n populasie van nagenoeg 3000) ingevul. Dit blyk uit die resultate dat hoewel daar enkele kommerenswaardige aspekte is soos dat die respondente geneig is om hulle afsydig te hou van diegene met ander godsdienstige oortuigings as hulleself, en ook neig om andersdenkendes te wantrou, daar nie groot kommer oor die mate van religieuse verdraagsaamheid by hierdie groep studente hoef te wees nie.

Palabras clave : Godsdiens; Religie; Verdraagsaamheid; Toleransie; Religieuse toleransie; Onderwysstudente.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons