SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.28 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


South African Journal of Industrial Engineering

On-line version ISSN 2224-7890
Print version ISSN 1012-277X

Abstract

VAN AS, B.; COMBRINCK, J.; BOOYSEN, G.J.  and  DE BEER, D.J.. Direct metal laser sintering, using conformal cooling, for high volume production tooling. S. Afr. J. Ind. Eng. [online]. 2017, vol.28, n.4, pp.170-182. ISSN 2224-7890.  http://dx.doi.org/10.7166/28-4-1470.

Bestaande vervaardigingstegniek van matryse vir die plastiek-inspuit giet tegniek is duur en tydrowend. Ingewikkelde matrysinsetsels, wat moeilik is om met konvensionele prosesse te vervaardig, kan met direkte lasermetaalsintering (DMLS) met Maraging-staal (MS1) vervaardig word. MS1 is 'n toevoegings-vervaardiging materiaal wat deur Electro Optical Systems (EOS) GmbH verskaf word. In teenstelling met materiaal verwyderings-prosesse (masjinering), kan DMLS MS1 staal matryse of insetsels wat direk vanaf rekenaargesteunde ontwerpprosesse vervaardig word. Dit maak dit geskik vir hoë volume produksie. Deur DMLS kan daar ook vir vormgetroue verkoelings kanale in matryse voorsiening gemaak word, wat tot die vinnige en eweredige verspreiding van hitte lei. Dit behoort tot 'n aansienlike verlaging in produksie-siklustye en -koste te lei saam met 'n verbetering in die gehalte van die vervaardigde parte as gevolg van die voorkoming van defekte soos kromtrekking en hitte-putte. Hierdie artikel vergelyk n eindige element analise van die insetsels wat met DMLS tegnieke en konvensionele tegnieke vervaardig is. Dit sluit ook die ontwerp en vervaardiging van konvensionele en DMLS insetsels in en vergelyk vervaardigingskostes en leitye. Die ontwerp van vormgetroue verkoelingskanale word deur middel van eindige element analise optimeer deur die gietvorm temperatuur met verskillende verkoelingskanaaluitlegte te vergelyk.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License