SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33 special issue author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

MULLER-SPITZER, Carolin. Genderstereotipes in woordeboeke: Die uitdaging om die gebruiksgebaseerde leksikografie met die rol van woordeboeke as sosiale werktuie te versoen. Lexikos [online]. 2023, vol.33, n.spe, pp.79-94. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/33-2-1843.

In baie lande van die wêreld het perspektiewe op gendergelykheid en rassisme in onlangse dekades verander.1 Een uitvloeisel hiervan is dat meer aandag geskenk word aan spore van androsentriese en rassistiese taal in die gemeenskap. Dit beïnvloed ook woordeboeke. In die leksikografie is daar besprekings oor of en tot watter mate sosiale asimmetrieë in woordeboeke beskryf word en of dit nog aanvaarbaar is. Die kwessie rondom die aard van beskrywing speel 'n belangrike rol in hierdie bespreking. Moet die woordeboek ook seksistiese gebruike opneem indien dit dikwels in taalgebruik, bv. in die korpusdata waarop die woordeboek gebaseer is, gevind word? Hoe is dit op sy beurt weer versoenbaar met die normatiewe krag van woordeboeke? Dra woordeboeke by tot die verewiging van genderstereotipes deur hulle onder die vaandel van beskrywende beginsels op te neem? En watter rolle moet leksikograwe in hierdie proses speel? In dié artikel word op grond van individuele leksikografiese voorbeelde en huidige besprekings in die leksikografiese en openbare gemeenskap aan hierdie vraagstukke aandag geskenk.

Keywords : gender en taal; genderstereotipes; kollokasies; korpusgebaseerde leksikografie; woordeboeke as sosiale werktuie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License