SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 issue3Afrikaans speech norms and prescriptive Afrikaans norms: is there enough scope for grammatical diversity in standard Afrikaans? author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

VAN VUUREN, Helize. Passacaglia van J.S. Bach en Das Passagen-Werk van Walter Benjamin - literêre montage as mosaïekwerk in Memorandum. 'n Verhaal met skilderye (2006). Tydskr. geesteswet. [online]. 2014, vol.54, n.3, pp.505-523. ISSN 2224-7912.

Van Niekerk se Memorandum-narratief is 'n gedenkskrif vir die elegies-realistiese skilder, Adriaan van Zyl, wat in September 2006 sterf - soos Walter Benjamin in sy laat veertigs en insgelyks met sy kunstenaarsloopbaan onderbreek. Van Niekerk stel in Memorandum vir haarself 'n uitdagende taak (soos Wiid dit formuleer aan die begin van "Memorandum 3"): om Bach se Passacaglia en fuga in C Mineur (BWV 582) (± 1715) te "vertaal" in prosa en om 'n kleiner, Afrikaanse weergawe van Benjamin se Das Passagen-Werk (1983) te skryf. Die struktuur van Benjamin se teks word bepaal deur die argitektuur van die stad Parys, en besinning daaroor ingeweef rondom 'n enorme mosaïek van aanhalings. Soos Benjamin se onvoltooide werk oorweldig met sy volume en vreemde tekstuele apparatuur, so ook Van Niekerk se teks met sy woordelyste, addenda, voetnote plus drie memoranda in verskillende grafiese vorme. Onvoltooidheid, onafheid, uitreik na later en na voltooiing, is die afwesige aanwesigheid. Maar albei tekste word in die toekoms wat wag, onvermydelik gefnuik deur die dood van die kunstenaar (van Benjamin en van Adriaan van Zyl plus die fiktiewe skrywer, Wiid). Van Zyl se laaste skildery, "Die wagkamer" word onvoltooid in die Afrikaanse gesamentlike werk ingesluit. Die onvoltooidheid merk die Duitse sowel as Afrikaanse tekste met die dood.

Keywords : Marlene van Niekerk; Memorandum; Agaat; Afrikaanse letterkunde; Suid-Afrikaanse letterkunde; Bach se Passacaglia; Benjamin se Das Passagen-Werk; metatekstualiteit; literêre montage; mosaïekwerk.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License