SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número3The afrikaner's experience of transformation and nation building in post apartheid South Africa índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

VAN DER WALT, BJ. 'n Skrifmatige perspektief op die geskiedenis van die Westerse intellektuele denke: Die ontstaan en kontoere van en vrae oor die konsekwent probleem-historiese metode. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.3, pp.267-285. ISSN 2224-7912.

In opvolging van 'n vorige artikel in hierdie tydskrif (vgl. Van der Walt 2013), waarin verskillende vroeëre en hedendaagse metodes van intellektuele en veral wysgerige historiografie bestudeer is, word in hierdie artikel gefokus op die ontstaan en kontoere van die konsekwent probleem-historiese metode van wyle prof. Dirk H.Th. Vollenhoven (1892-1978) van die Vrije Universiteit in Amsterdam, Nederland asook die reaksies daarop. Wat, eerstens, die ontstaan van sy metode betref, blyk dat Vollenhoven dit oorgeneem het van twee Duitse laat-rasionalistiese filosowe van die Marburgse neo-Kantiaanse skool, naamlik N. Hartmann en R. Höningswald se "Problemge-schichtliche"-benadering. Hy het laasgenoemde egter volgens sy eie Christelike oortuigings aangepas, sodat sy weergawe van die 2500-jarige Westerse denkgeskiedenis ook anders daar uitgesien het. Tweedens, is die kontoere van dié metode aan die hand van vyf kriteria nagegaan. Dit bied 'n konsekwente toepassing van Vollenhoven se eie religieuse en filosofiese oriëntasie in die drie hoofvrae wat hy aan elke denker stel; dit is konsekwent histories in die indeling van die geskiedenis in drie hooftydperke; konsekwent filosofies in die onderskeiding van talle opeenvolgende sinkroniese normatiewe strominge; konsekwent probleemgerig in die tipering van basiese diakroniese ontiese, antropologiese en kenteoretiese probleme; reeds suksesvol toegepas en aangepas waar nodig. In 'n derde hoofafdeling word aangetoon dat al Vollenhoven se tydgenote en opvolgers egter nie met so 'n positiewe evaluering van die metode saamgestem het nie, omdat dit onder andere te gespesialiseerd en selektief, met die gebruikmaking van onnodige en ingewikkelde terminologie sou wees en omdat dit die klem tot so 'n mate op filosofiese konseptuele probleme laat val het dat die persoonlikhede self (wat daaraan geboorte gegee het) asook die hele Westerse kultuurgeskiedenis op die agtergrond verdwyn.

Palavras-chave : Filosofie; Skrifmatige; Westerse; God; idee van; Geskiedenis van die filosofie; Hartmann, N. (1882-1950); historiografie; filosofiese; Hönigswald, R. (1875-1947); metode; konsekwent probleem-historiese; religie; strominge; filosofiese; sekularisasie; skematiese kaarte; terminologie; filosofiese; tipes; filosofiese; Vollenhoven, D.H.Th. (1892-1978); wet: idee van.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons