SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número1An introduction and interpretation of Niklas Luhmann's theorising from within communication theory as a field índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

JOUBERT, Fanie  y  ROSSOUW, Jannie. Lewenstandaard: 'n Ekonomiese perspektief op lewensgehalte in Suid-Afrika. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.1, pp.89-108. ISSN 2224-7912.

Teen die agtergrond van plaaslike en internasionale pogings om armoede en ongelykheid uit te wis, fokus hierdie artikel op een onderafdeling van hierdie uitdaging, naamlik die handhawing van lewenstandaarde. Ten opsigte van armoede onder Suid-Afrikaners is die bevindings dat alhoewel absolute armoede as persentasie van die bevolking tussen 1996 tot 2010 afgeneem het, relatiewe armoede slegs 'n marginale daling oor dieselfde tydperk getoon het. Terselfdertyd het Suid-Afrika se Ginikoëffisiënt, wat 'n aanduiding van relatiewe inkomsteverdeling is, sedert 1993 bykans onveranderd gebly. 'n Analise van die groei in die aantal belastingbetalers teenoor die aantal ontvangers (en koste) van sosiale toelaes wat die regering betaal, bring ernstige vrae oor die volhoubaarheid van sosiale en maatskaplike versorging deur middel van belastingverdeling aan die lig. Die artikel lewer ook 'n blik op die Suid-Afrikaanse bevolking se ouderdomsprofiel en hul persepsie van aftreevoorsiening. Die vernaamste probleem is 'n verouderende bevolking met onvoldoende aftreevoorsiening. Dit bevestig dat Suid-Afrikaners hul marginale verbruiks- en besparingsgeneigdheid gedurende hul werksloopbane moet hersien om dalende lewenstandaarde na aftrede te voorkom.

Palabras clave : Lewenstandaard; lewensgehalte; armoede; inkomsteverdeling; belastinglas; sosiale besteding; populasie; ouderdomsprofiel; aftreevoorsiening.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons