SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número1Older women's subjective experience of loneliness: applying the Mmogo- methodTM índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versão On-line ISSN 2224-7912
versão impressa ISSN 0041-4751

Resumo

VAN DER WALT, B.J.. Hoe om die geskiedenis van die filosofie weer te gee: 'n Verkenning van wysgerige historiografiese probleme en metodes. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.1, pp.1-15. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel behels 'n ondersoek na 'n gepaste metode om die geskiedenis van die filosofie weer te gee. So 'n wysgerige historiografie behels 'n besondere uitdaging aangesien dit die 2500-jarige Westerse denke, honderde individuele filosowe se stelsels en die wye veld van filosofie as sodanig moet dek. Die eerste, inleidende afdeling vestig die aandag op 'n aantal moeilike struikelblokke ofprobleme op die pad van die wysgerige historiograaf. Die tweede afdeling van die artikel gee in voëlvlug 'n oorsig oor verskeie vroeëre en gangbare metodes. Daaronder val die volgende: pogings om individuele filosofieë as vertrekpunt te gebruik, 'n kronologiese aanpak, 'n psigologies-etnografiese metode, indelings in breë tydvakke, vanuit verskillende denkstrominge asook probleem- en lewensbeskoulikgerigte benaderings. Verder word die aandag gevestig op die rol wat elke historiograaf se eie voorveronderstellings in sy verkose metode speel asook die dikwels gepaardgaande terminologiese verwarring tussen verskillende metodologieë. Die derde hoofdeel formuleer, in die lig van al die leemtes wat in die eerste twee geïdentifiseer is, die belangrikste kriteria waaraan 'n wysgerige historiografie behoort te beantwoord. Hierdie maatstawwe sluit die volgende in: konsekwentheid tussen die geskiedskrywer se eie vertrekpunt en sy metode(s); dat dit sowel konsekwent histories as filosofies moet wees; konsekwente probleemgerigtheid, met die gebruikmaking van eenduidige terminologie en dat dit ook prakties beproef behoort te wees. Ten slotte word die aandag daarop gevestig dat so 'n konsekwente historiografiese metode vir die filosofie wel bestaan en afsonderlike bespreking in 'n opvolgartikel verdien.

Palavras-chave : Diakroniese metode; geskiedenis van die filosofie; filosofie; filosofiese bloemlesings; filosofiese historiografie; filosofiese periodes; filosofiese terminologie; filosofiese tipes; ideëgeskiedenis; metodologie; sistematiese wysbegeerte; sinkroniese metode; werklikheidsvisie.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons