SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.52 issue1Fundamental mass communication research as a precondition for substantiated media criticismThe humanities in a soulless institutional environment? Thoughts on the contemporary university and the neglect of its educational function author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Bookmark

    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    BRAND, Gerrit. Kan kompleksiteit siele red? 'n Teologiese pleidooi vir eenvoud. Tydskr. geesteswet. [online]. 2012, vol.52, n.1, pp. 103-120. ISSN 0041-4751.

    Onlangse uitlatings deur sekere kultuurkritici wys op 'n vermeende krisis van die "gees" of "siel" in die hedendaagse samelewing. 'n Gemene deler in hierdie veelkantige kultuurkritiek is dat die mensdom oënskynlik van 'n ryk spirituele erfenis afskeid neem. Dié erfenis word dikwels as 'n pre-kritiese kontraspunt vir die huidige geestesfilosofie ("philosophy of mind") en neuro-wetenskappe gebruik. Dit berus egter op 'n karikatuur, met die gevolg dat die ware kontraspunt moeilik aantoonbaar is. 'n Helder generiese definisie van die siel of gees as bewussyn, intensionaliteit en vryheid kan help om die werklike twispunt tussen tradisionele en fisikalistiese beskouings na vore te bring. Dit blyk dat dit oor vryheid is dat die weë skei. In pogings om in weerstand teen reduksionistiese tendense "die siel te red" word soms van insigte uit die kompleksiteitsdenke gebruik gemaak. Hierdie strategie het tekortkomings met betrekking tot die eksistensiële, eerder as verklarende, vraagstelling oor vryheid, en lewer 'n verarmde weergawe van die belang van vryheid op. ' n Ryker, meer verdedigbare aanpak sou wees om uit die Joods-Christelik-Islamitiese (oftewel Abrahamitiese) tradisie die ideaal van 'n persoonlike God-mens-verhouding, waarin libertariese vryheid veronderstel word, te ontwikkel, en om aan te toon dat die tradisionele leer van Gods eenvoud hierin van groter belang as kompleksiteit is, omdat dit ten diepste Gods radikale vryheid, waarop menslike vryheid berus, vooropstel.

    Keywords : Abrahamitiese tradisie; Ars Industrialis; bewussyn; Philip Clayton; Daniel Dennet; René Descartes; eenvoud; gees; geestesfilosofie; intensionaliteit; fisikalisme; kompleksiteit; neuro-wetenskappe; Timothy O'Connor; Blaise Pascal; personalisme; Marrilyne Robinson; Gilbert Ryle; siel; vryheid.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · pdf in Afrikaans