SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.51 número4 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    SWANEPOEL, Piet. Die semiosis van die (on)natuurlike en die (ab)normale: oor verwondering en onttowering in die kognitiefsemantiese definiëring van die kategorie mens. Tydskr. geesteswet. [online]. 2011, vol.51, n.4, pp. 698-715. ISSN 0041-4751.

    Daston (1998) sluit haar makronarratief van die opkoms en val van die kategorieë van die (on)natuurlike en die (ab)normale tussen die Vroegmoderne periode en die Wetenskaplike Rewolusie af met die opmerking dat die geldigheid daarvan nog aan mikronarratiewe getoets moet word. Die hoofdoel van hierdie artikel is om aan te dui watter lig twee minder bekende tekste uit die korpus Nederlandse natuurhistoriese tekste op hierdie kwessie werp. Die fokus val op hoe Adriaen Coenen (1514-1587) hierdie kategorieë kon gekonseptualiseer het op basis van sy visensiklopedie Visboeck (1577-1579). Sy empiriese ontologie en epistemologie maak volgens Florike Egmond en Peter Mason (cf. Egmond & Mason 1992, 2000) van Coenen 'n voorloper van die epistemiese oorgang van die Vroegmoderne periode en die Wetenskaplike Rewolusie. In hierdie artikel word aangetoon dat, alhoewel Coenen nie soos sy Middeleeuse voorgangers hierdie kategorieë op emblematiese wyse benader het nie, hy nogtans die natuur as "boek" gelees het waarin die Skepper Hom aan die mensdom openbaar. Om hierdie aansluiting by sy voorgangers duidelik te maak, word daar 'n ontleding aangebied van die eerste bestiarium in Nederlands, naamlik Jacob van Maerlant se Der naturen bloeme (ca. 1270). Die interpretasieproses (semiosis) word uiteengesit en daar word aangedui hoe die relevante kategorieë gedefinieer is teen die Groot Ketting van Bestaan, 'n teorie van die essensie van kategorieë en die "plaaslik-lokale" religieuse, morele, estetiese waardes, ens. van Van Maerlant se teikengehoor. In die ontleding van Visboeck word daar aangetoon hoe Coenen op meerdere epistemologiese strategieë gesteun het by die interpretasie van die betrokke kategorieë. Hy was deeglik daarvan bewus dat prioritisering van sig allerlei gevare ingehou het omdat ook die duiwel mense se interpretasie van natuurkategorieë kon bepaal. Die slotsom van die artikel is dat in die epistemiese oorgang van een periode in die geskiedenis na 'n ander meerdere en komplekse ontologiese en epistemologiese uitgangspunte die wêreldbeskouing van 'n individu kan bepaal en dat die besondere konseptualisering van die (on)natuurlike, (ab)normale en wonderlike in diens staan van die poging om sin te maak van die kategorie MENS.

    Palavras-chave : Semiosis; (on)natuurlike kategorieë; (ab)normale kategorieë; wonder(like) kategorieë; bestiarium; Middeleeue; Vroegmoderne Periode; Wetenskaplike Rewolusie; makrogeskiedenis; mikrogeskiedenis; makronarratief; mikronarratief; Jacob van Maerlant; Der naturen bloeme; Adriaen Coenen; Visboeck.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · pdf em Africaner