SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número4 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

versión On-line ISSN 2224-7912
versión impresa ISSN 0041-4751

Resumen

LUDEMANN, Winfried. Musiek en kulturele diversiteit in Suid-Afrika. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.4, pp.639-657. ISSN 2224-7912.

Hierdie artikel gaan uit van die mening dat die politieke versoening, wat tot die vestiging van demokrasie in Suid-Afrika gelei het, nie gepaardgegaan het met 'n ooreenkomstige en gelykwaardige versoening op die sosiale en veral kulturele terreine nie. Hierdie "onafgehandelde besigheid" gee toenemend aanleiding tot spanning op allerlei vlakke, soos die taalkwessie, plekname, interpretasie van die geskiedenis, skoolleerplanne, ens. Ook op die gebied van musiek - veral in die openbare media, die onderwys en die toedeling van fondse - is hierdie probleme merkbaar. Om die bydrae te ondersoek wat musiek kan maak tot versoening van die soort konflik wat potensieel met kulturele diversiteit gepaardgaan, word dit gekoppel aan die begrip menswaardigheid, gebaseer op die opvatting dat musikaliteit 'n universele kenmerk is wat met die evolusie van homo sapiens na vore gekom het. Met musiek (soos met taal) artikuleer die mens sy menswees en dus sy menswaardigheid. Met verwysing na moderne ekumeniese teologie word daar tot die gevolgtrekking gekom dat 'n versoening van musikale (en by implikasie ook kulturele) diversiteit slegs op die basis van menswaardigheid en vanuit 'n houding van selfkritiek bereik kan word. Dit gaan daarom dat die ander se estetiese sienings aanvaar word sonder om jou eie sienings prys te gee. Vanuit 'n posisie van selfkritiek word dit moontlik om elkeen se reg te erken om sy eie musikale identiteit te kies terwyl die verskillende musiekstyle terselfdertyd aan kritiek onderwerp kan word. 'n Musikale (en intellektuele) middelgrond word bepleit waar die verskillende musiekstyle met mekaar in interaksie kan tree sonder om noodwendig hulle eie estetiese paradigmas te moet prysgee. Demokrasie verskaf die mees geskikte raamwerk waarbinne dit kan plaasvind. Gebrek aan kulturele versoening in Suid-Afrika, en die konflikpotensiaal wat dit inhou, kan die delikate ooreenkomste wat veertien jaar gelede op politieke terrein bereik is, ongedaan maak. Sodanige musikale versoening sou as 'n belangrike model kon dien vir 'n veel breër kulturele versoening.

Palabras clave : Kulturele diversiteit; "difference"; "otherness"; menswaardigheid; musikaliteit; identiteit; ekumeniese teologie; konflik; versoening.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons