SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

DELPORT, Anri. Changing attitudes of South Africans towards Italy and its people during the Second World War, 1939 to 1945. Historia [online]. 2013, vol.58, n.1, pp.167-190. ISSN 2309-8392.

Hierdie artikel beklemtoon die algemene Suid-Afrikaanse oorlogsgesindheid teenoor Italië, gegrond op die verskille in gesindhede onder die Unie regering, die algemene bevolking en die gewapende magte. Op 11 Junie 1940 het die Unie 'n verklaring van oorlog uitgereik in reaksie op die fascistiese staat se nuwe hardkoppige houding. Die verhouding met Italië het dus verander van 'n "nie-amptelike" na "amptelike" vyand van die Unie. Minder as 'n maand later vertrek die Unie se soldate op hul eerste veldtog in Oos-Afrika en later Noord-Afrika, as deel van die Geallieerders. Die gevegte het vroeg in 1942 tot oorkant die Mediterreense See geskuif na Italië. Die Italianers het op 8 September 1943 oorgegee aan die Geallieerdes en dus het die Italianers se status in Italië verander van vyand tot bevryder. Daarna het Suid-Afrikaners saam met anti-fascistiese Italiaanse partisane geveg teen Duitse besetting, en is hul toe gesien as kamerade. Alhoewel die oorlog op 8 Mei 1945 geëindig het, het baie Italiaanse krysgevangenes wat geïnterneer is na Suid-Afrika, steeds gewag op repatriasie. Sommige het hier gebly en ander het selfs teruggekom en Suid-Afrika hulle nuwe woonplek gemaak, wat dui op die feit dat Italianers plaaslik aanvaar is as deel van die bevolking. Soortgelyk het sommige Suid-Afrikaners wat voorheen in Europese gevangeniskampe aangehou was, Italiaanse vroue geneem en 'n nuwe kultuur aangeneem as 'n gevolg van die oorlog. Hierdie artikel illustreer die verandering van Suid-Afrikaanse gesindhede teenoor Italië gedurende die verskillende fases van die oorlog, asook die verskil onder verskillende faksies van die Unie.

Palavras-chave : Suid-Afrika; Italië; Tweede Wêreld Oorlog; orlogsgesindheid; Italiaanse magte; Italiaanse immigrante; Italiaanse burgers; krygsgevangenes; Fascistiese Italië; Ossewabrandwag; Zonderwater; interneringskampe.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons