SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33 número especial índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Lexikos

    versão On-line ISSN 2224-0039versão impressa ISSN 1684-4904

    Resumo

    MULLER-SPITZER, Carolin. Genderstereotipes in woordeboeke: Die uitdaging om die gebruiksgebaseerde leksikografie met die rol van woordeboeke as sosiale werktuie te versoen. Lexikos [online]. 2023, vol.33, n.spe, pp.79-94. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/33-2-1843.

    In baie lande van die wêreld het perspektiewe op gendergelykheid en rassisme in onlangse dekades verander.1 Een uitvloeisel hiervan is dat meer aandag geskenk word aan spore van androsentriese en rassistiese taal in die gemeenskap. Dit beïnvloed ook woordeboeke. In die leksikografie is daar besprekings oor of en tot watter mate sosiale asimmetrieë in woordeboeke beskryf word en of dit nog aanvaarbaar is. Die kwessie rondom die aard van beskrywing speel 'n belangrike rol in hierdie bespreking. Moet die woordeboek ook seksistiese gebruike opneem indien dit dikwels in taalgebruik, bv. in die korpusdata waarop die woordeboek gebaseer is, gevind word? Hoe is dit op sy beurt weer versoenbaar met die normatiewe krag van woordeboeke? Dra woordeboeke by tot die verewiging van genderstereotipes deur hulle onder die vaandel van beskrywende beginsels op te neem? En watter rolle moet leksikograwe in hierdie proses speel? In dié artikel word op grond van individuele leksikografiese voorbeelde en huidige besprekings in die leksikografiese en openbare gemeenskap aan hierdie vraagstukke aandag geskenk.

    Palavras-chave : gender en taal; genderstereotipes; kollokasies; korpusgebaseerde leksikografie; woordeboeke as sosiale werktuie.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )