SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.37 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Literator (Potchefstroom. Online)

    versão On-line ISSN 2219-8237versão impressa ISSN 0258-2279

    Literator vol.37 no.1 Mafikeng  2016

    https://doi.org/10.4102/lit.v37i1.1189 

    LITERA
    http://dx.doi.org/10.4102/lit.v37i1.1189

     

    Twee gedigte

     

     

    Adri Breed

    School of Languages, Afrikaans and Dutch, North-West University, South Africa

    Correspondence

     

     

    Skil

    Om nugter te wees

    is om 'n pomelo te skil

    om sy wîe te skei,

    om elke garing af te rafel,

    elke wig so huid-uit om te dop,

    dat jy elke sel sap

    alleen

    kan proe.

     

    Die ontmanning van 'n man en van 'n vrou

    Gala avec Côtelettes (1933) en Cenisitas (1927) van Salvador Dali

    I.

    skille

    van 'n mensekop velle

    van 'n pienk roosknop

    hangend

    soos slappe lint

    haar man

    word voor haar kind

    II.

    in dié land is vir ons bekend landskappe van pienkwit velle

            dinge wat geamputeerd hang soos

    piele

    hiér koester ons net doodstil wrokke in ons slape in die nag

       en in die dag is als weer wel

       asof ons dan iets goeds verwag

     

     

    Correspondence:
    Adri Breed
    adri.breed@nwu.ac.za