SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número2Louw set free: A riff on a seam índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    DU PLOOY, Heilna. Die liefdestema in Tristia van NP van Wyk Louw en sy "Groot ode" as liefdeselegie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2020, vol.60, n.2, pp.483-507. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2020/v60n2a16.

    In hierdie artikel word verslag gelewer van 'n lesing van "Groot ode" as 'n liefdeselegie. Die aanleiding vir die ondersoek is 'n opmerking deur PG du Plessis oor Louw se eie siening van die gedig. Die lesing word geplaas teen die agtergrond van die aanvanklike resepsies van Tristia en "Groot ode" as poësie wat hoofsaaklik gemoeid is met metafisiese vraagstukke. Daarna word 'n verkenning van Tristia onderneem om liefdesgedigte wat metafories verskuil word en tussen ander gedigte in die bundel geplaas is, uit te lig. Die titel Tristia roep onvermydelik assosiasies met die klassieke wêreld op en daarom word die Romeinse liefdeselegie betrek in die interpretasie van "Groot ode". Op grond van kerneienskappe van die Romeinse liefdeselegie word liefdesmotiewe in "Groot ode" nagegaan en herinterpreteer. Dit wil voorkom asof die tema van 'n liefdesafskeid weldeeglik in die gedig aanwesig is en inderdaad die primêre aanleiding is vir die filosofiese, religieuse en etiese besinning in die gedig.

    Palavras-chave : NP van Wyk Louw; Tristia en ander verse voorspele en vlugte 1950-1957; Ovidius; Tristia; Romeinse liefdeselegie; resepsie (van Louw se poësie); Afrikaanse poësie; Dertigers; jukstaposisie; liefdespoësie; filosofie; religie en poësie.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )