SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 número1Student teachers' interpretation and use of learning theory conceptsThe perception of higher education students of the influence of their gap year experiences on their personal development índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    JOUBERT, Fanie  e  ROSSOUW, Jannie. Lewenstandaard: 'n Ekonomiese perspektief op lewensgehalte in Suid-Afrika. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.1, pp.89-108. ISSN 2224-7912.

    Teen die agtergrond van plaaslike en internasionale pogings om armoede en ongelykheid uit te wis, fokus hierdie artikel op een onderafdeling van hierdie uitdaging, naamlik die handhawing van lewenstandaarde. Ten opsigte van armoede onder Suid-Afrikaners is die bevindings dat alhoewel absolute armoede as persentasie van die bevolking tussen 1996 tot 2010 afgeneem het, relatiewe armoede slegs 'n marginale daling oor dieselfde tydperk getoon het. Terselfdertyd het Suid-Afrika se Ginikoëffisiënt, wat 'n aanduiding van relatiewe inkomsteverdeling is, sedert 1993 bykans onveranderd gebly. 'n Analise van die groei in die aantal belastingbetalers teenoor die aantal ontvangers (en koste) van sosiale toelaes wat die regering betaal, bring ernstige vrae oor die volhoubaarheid van sosiale en maatskaplike versorging deur middel van belastingverdeling aan die lig. Die artikel lewer ook 'n blik op die Suid-Afrikaanse bevolking se ouderdomsprofiel en hul persepsie van aftreevoorsiening. Die vernaamste probleem is 'n verouderende bevolking met onvoldoende aftreevoorsiening. Dit bevestig dat Suid-Afrikaners hul marginale verbruiks- en besparingsgeneigdheid gedurende hul werksloopbane moet hersien om dalende lewenstandaarde na aftrede te voorkom.

    Palavras-chave : Lewenstandaard; lewensgehalte; armoede; inkomsteverdeling; belastinglas; sosiale besteding; populasie; ouderdomsprofiel; aftreevoorsiening.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )