SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número2 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Resumo

    OLIVIER, Bert. Lacan en die diskoers van kapitalisme. Tydskr. geesteswet. [online]. 2009, vol.49, n.2, pp.220-236. ISSN 2224-7912.

    Hierdie artikel is daarop gemik om Lacan se teorie van die "vier diskoerse", en daarmee saam sy weergawe van die "diskoers van die kapitalis", wat direk hiermee verband hou, duideliker te verstaan. Lacan se teorie word teen die agtergrond van Marx, sowel as Eagleton se karakterisering van kapitaal/kapitalisme uiteengesit. Albei laasgenoemde denkers beklemtoon die kapasiteit van kapitaal om produksie te rewolusionariseer en sodoende die ganse ekonomiese en sosiale veld aan kragte van gelyktydige skepping en vernietiging te onderwerp. Lacan se formele onderskeid tussen vier tipes diskoers, asook hul onvermydelike vervlegtheid met magsrelasies word bespreek. Dit stel 'n mens in staat om die "slimheid" van die kapitalis se diskoers te begryp, daar dit op 'n "klein omkering" van betekenaars op die vlak van die meester se diskoers staatmaak, om sodoende die paradoksale posisie van die sogenaamde "histeriese kapitalistiese meester" teweeg te bring. Die moeilike vraag na moontlike wyses van verset teen, of ondermyning van, die oënskynlik onaanvegbare kapitalistiese diskoers word verder ondersoek aan die hand van die werk van Matthias Pauwels, Naomi Klein, Joel Bakan, Joel Kovel en Benda Hofmeyr.

    Palavras-chave : Lacan; Naomi Klein; Marx; diskoers; kapitalisme; meester; histerikus; universiteit; kritiek; ontmaskering.

            · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )