SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.53 issue4Development and integration of multimedia teaching and learning support material (LTSM) to support reading skills author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    ROSSOUW, Johann. Die wel en wee van die gees: Die antieke Grieke, die Kerkvaders en die moderniteit. Tydskr. geesteswet. [online]. 2013, vol.53, n.4, pp.558-577. ISSN 2224-7912.

    Op inleidende wyse word Pierre Hadot se beeld van die antieke en klassieke filosofie as omvorming van die self in die nastrewing van wysheid, waarin geestelike oefeninge 'n belangrike rol gespeel het, as normatief aangebied. Daarna word drie sake behandel. Eerstens word aandag geskenk aan die ontdekking en kultivering van die gees deur die antieke Grieke en die Kerkvaders. Tweedens word ingegaan op hoe hierdie Grieks-Christelike nalatenskap aan toenemende druk onderwerp is met die opkoms van die moderne territoriale staat, met besondere verwysing na die moderne opvatting van die filosofie binne die universiteit. Derdens word ingevra op hoe die gees vandag opnuut gekultiveer kan word en wat die implikasies vir 'n eietydse verstaan van die filosofie en die universiteit is.

    Keywords : gees; antieke filosofie; klassieke filosofie; moderniteit; geestelike oefeninge; aandag; universiteit; Kerkvaders; tradisie; Hadot.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )