SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.54 issue1The ecclesiastical difficulty of Ephesians 4:1-6 in view of the different perspectives on the baptism in the Holy Spirit and the gifts of the Holy SpiritA shepherd stirring up hope from the book of Revelation author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    In Skriflig (Online) vol.54 n.1 Pretoria  2020

    https://doi.org/10.4102/ids.v54i1.2669 

    BOOK REVIEW

     

    Vroegchristelike eksegese van Johannes

     

     

    Jan A. du Rand

    Unit for Reformational Theology and the Development of the SA Society, North-West, University, Potchefstroom, South Africa

    Correspondence

     

     

     

    Book Title: Niemand heeft ooit God gezien: De vroegchristelike exegese van Johannes 1:18
    Author: M.A. van Willigen
    ISBN: 9789075847529
    Publisher: Theologische Universiteit Appeldoorn, 2019, 9.95*
    *Book price at time of review

    Bogenoemde publikasie is die skriftelike weergawe van die intreerede deur prof. dr. Van Willigen as hoogleraar in Bijbeluitleg Vroege Kerk aan die Theologische Universiteit Apeldoorn op 20 Junie 2019.

    In 'n sistematiese en wetenskaplik-verantwoorde uiteensetting, behandel prof. Van Willigen as inleiding die vraag na die noodsaaklikheid van 'n leerstoel in Bijbeluitleg Vroege Kerk. Hierdie vraag hang saam met hernude teologiese belangstelling in die vroeë Christelike kerk. Op oortuigende wyse regverdig prof. Van Willigen die waarde van die navorsing oor die Vroeë Kerk. Dit word opgevolg deur die grondige navorsingsvraag te vra, naamlik of die uitleg van vroegchristelike brontekste waarde vir die Teologie het. Die wesenlike waarde word voorts geïllustreer deur Johannes 1:18 as voorbeeld te bespreek. Dit is uiteraard 'n ingewikkelde teks. Volgens ateïste is die vraag 'n waar stelling; die gnostici en die Jode sien die vraag in eie lig. Selfs Moses het God nie gesien nie. Met 'n kritiese oog kyk Van Willigen verder na preke deur Augustinus (354430) en Chrysostomus (349407) oor Johannes 1:18. Dit is insiggewende leesstof om by albei te verneem dat Christus op 'n heel ander vlak as Moses beskryf word. Jesus Christus, die Seun van God, is wel gesien, maar nie deur die Jode en heidene aanvaar nie. Dit is nie nuwe uitsprake nie, maar stimulerend om Augustinus en Chrysostomus se worsteling met Johannes 1:18 te beleef. Van Willigen se antwoord daarop is Christologies verantwoord, met die gevolgtrekking dat hedendaagse teologie veel by Augustinus en Chrysostomus te leer het. Ek vind prof. Van Willigen se eie uitleg inspirerend, veral omdat hy Skrif met Skrif vergelyk wanneer hy 1 Johannes 4:12 bybring, asook Augustinus se aangrypende behandeling van 1 Johannes 3:2. As bonus tot die intreerede word 'n preek van Augustinus oor Johannes 1:1618 bygevoeg. Dit was vir my 'n leesfees. Augustinus baken nie die teks af binne ko-tekstuele verband (soos ons vandag sou doen) nie, maar plaas die stelling eerder dadelik in sy groter teologiese verband. Dit is opvallend dat Augustinus ook aan filosofiese waarhede raak wanneer hy die wysheid van God in sy preek bespreek.

    Prof. Van Willigen word met die aanvaarding van die leerstoel, asook met die uiters lesenswaardige publikasie van sy intreerede gelukgewens. 'n Groot waardering ook vir die plasing van die besielende preek van Augustinus oor Johannes 1:1518 as Addendum.

     

     

    Correspondence:
    Jan du Rand
    jdrtheol@gmail.com