SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.35 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Lexikos

    versión On-line ISSN 2224-0039versión impresa ISSN 1684-4904

    Lexikos vol.35 no.2 Stellenbosch  2025

    https://doi.org/10.5788/35-2-2095 

    LEXICOTRIBUTE

     

    Frederik Johannes Lombard 1953 - 2025

     

     

     

    Dit was met groot leedwese dat die personeel van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) verneem het van die afsterwe van 'n geliefde kollega en vriend, dr. Frikkie Lombard, op 19 April 2025.

    Dr. Frederik Johannes Lombard, of Frikkie soos ons hom almal geken het, het op 1 April 1982, ná drie jaar as onderwyser by Paul Roos Gimnasium, as mederedakteur by die WAT in diens getree. Hy het van vroeg af 'n passie vir taal, boeke en nuwe woorde en uitdrukkings gehad en 'n loopbaan in die leksikografie was nie 'n moeilike keuse nie.

    Op 1 April 1993 is Frikkie tot senior mederedakteur bevorder. Dié pos het hy beklee tot hy op 1 Januarie 2001 in die pos van eindredakteur aangestel is. As daar 'n eienskap ten opsigte van woordeboekmaak is waaroor Frikkie by uitstek beskik het, was dit sy vlymskerp insig om betekenis akkuraat, helder en bondig te verwoord. Verder kon hy sitate moeiteloos knip en rangskik sodat hulle die definisie netjies ondersteun. Vanweë sy breë algemene kennis het die mederedakteurs hom met groot vrymoedigheid geraadpleeg - veral wanneer dit oor geskiedenis, weermagsake, fotografie, motor- en motorfietsterme, musiek of sport gehandel het - en almal is altyd met deernis en begrip behandel. Hy het ook oor die jare as 'n mentor vir jonger kollegas opgetree en hulle altyd met die grootste geduld in die proses van manuskripmaak en -redigering begelei. Hy het boonop nie geskroom om erkentlikheid te bewys waar dit geregverdig was nie.

    Vir 25 jaar, van 1995 tot 2020, het Frikkie in die Taalkommissie (TK) gedien, die eerste vyftien jaar as sekretaris en by geleentheid as waarnemende ondervoorsitter. As een van die langsdienende TK-lede het hy 'n betekenisvolle bydrae daartoe gelewer om die Afrikaanse spelreëls te help standaardiseer. Hiervoor is hy ook deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns met twee toekennings vereer.

    Die onderwys het Frikkie ook altyd ná aan die hart gebly. Hy het sy doktorsgraad verwerf met die proefskrif 'n Metaleksikografiese fundering van Afrikaanse skoolwoordeboeke. Frikkie het dan ook uiteindelik die geleentheid gekry om van hierdie teoretiese beginsels in die praktyk toe te pas deur mee te werk aan twee skoolwoordeboeke vir Oxford University Press, naamlik die eentalige Oxford Afrikaanse Skoolwoordeboek en die tweede uitgawe van die Oxford Afrikaans-Engels English-Afrikaans Skoolwoordeboek School Dictionary. Beide woordeboeke is kommersieel baie suksesvol en lewer steeds 'n belangrike bydrae om met die leesbegripkrisis in die Suid-Afrikaanse skoolstelsel te help.

    Wat die werk aan die WAT betref, was Frikkie betrokke by tien van die sestien boekdele en ook die T-trajek wat slegs aanlyn bekendgestel is. Die laaste WAT-artikel wat Frikkie kort voor sy aftrede in Oktober 2023 vir redigering onder oë gehad het, was dié van die lemma trek, 'n polisemiese lemma met nie minder nie as 149 betekenisonderskeidings. In daardie stadium het ons nie gedink dat dit profeties sou wees nie. Vir sy aftrede het trek potensieel beteken "van huis, woning, kantoor of werkplek verander" en ook "'n tog wat met onderbrekings gepaard gaan, aanpak of onderneem". Dit was hom egter nie beskore nie. Uiteindelik het dit beteken dat hy finaal moes "versit of verskuif".

    As mens buite die werkplek was sy liefde vir sy familie en vriende 'n inspirasie. Hy was baie mededeelsaam en sou áltyd, wanneer hy iets as geskenk gekry het wat hy met ander kon deel, nie geskroom het om dit te doen nie. As grap- en storieverteller het Frikkie ook uitgeblink. Hy het 'n hele arsenaal grappies en anekdotes gehad waarmee hy vriende en kollegas vermaak het. Hy het 'n skerp humorsin en 'n ongelooflike geheue gehad en kon 'n storie op 'n baie interessante manier en in die fynste detail vertel.

    Die personeel van die WAT het net die hoogste waardering vir die 42 jaar wat Frikkie Lombard die WAT met onderskeiding gedien het. Sy menslikheid, kollegialiteit en humorsin sal baie gemis word.

    Alet Cloete

    Woordeboek van die Afrikaanse Taal

    Stellenbosch

    Suid-Afrika

    (aec@sun.ac.za)

    Phillip Louw

    Woordeboek van die Afrikaanse Taal

    en

    Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch

    Stellenbosch

    Suid-Afrika

    (pal@sun.ac.za)

    (https://orcid.org/0009-0007-2002-3081)

    en

    Gerhard van Wyk

    Woordeboek van die Afrikaanse Taal

    Stellenbosch

    Suid-Afrika

    (gjvw@sun.ac.za)

     


     

    Frederik Johannes Lombard 1953 - 2025

     

     

    It was with great sadness that the staff of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal (Dictionary of the Afrikaans Language, henceforth the WAT) learned of the passing of a beloved colleague and friend, Dr Frikkie Lombard, on the 19th of April 2025.

    Dr Frederik Johannes Lombard, or Frikkie as we all knew him, joined the WAT as co-editor on the 1st of April 1982, after three years as a teacher at Paul Roos Gymnasium. From an early age, he had a passion for language, books and new words and expressions, and a career in lexicography was not a difficult decision.

    Frikkie was promoted to senior co-editor on the 1st of April 1993. He held this position until he was appointed as final editor on 1 January 2001. If there was one quality in dictionary-making at which Frikkie excelled, it was his razor-sharp insight into expressing meaning accurately, clearly and concisely. Furthermore, he could effortlessly cut and arrange example sentences to neatly support the definition. Because of his broad general knowledge, co-editors consulted him with great confidence - especially concerning history, military affairs, photography, motoring and motorcycle terms, music or sport - and everyone was always treated with compassion and understanding. Over the years, he also acted as a mentor to younger colleagues and guided them through the lexicographic process with the utmost patience. Moreover, he did not hesitate to show gratitude where it was warranted.

    Frikkie served on the Taalkommissie (the Language Commission, hereafter TK) for 25 years, from 1995 to 2020, with the first fifteen of those years as secretary and occasionally as acting vice-chairman. As one of the longest-serving TK members, he made a significant contribution to the standardisation of Afrikaans spelling rules. For this, he was honored with two awards by the Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (South African Academy for Science and Arts).

    Education also remained close to Frikkie's heart. He obtained his doctorate with the dissertation 'n Metaleksikografiese fundering van Afrikaanse skoolwoordeboeke (A Metalexicographical Foundation of Afrikaans School Dictionaries). Frikkie later had the opportunity to apply some of these theoretical principles in practice by collaborating on two school dictionaries for Oxford University Press, namely the monolingual Oxford Afrikaanse Skoolwoordeboek (Oxford Afrikaans School Dictionary) and the second edition of the Oxford Afrikaans-English English-Afrikaans School Dictionary. Both dictionaries are commercial successes and continue to make an important contribution toward addressing the reading comprehension crisis in the South African school system.

    As for the work on the WAT, Frikkie was involved in ten of the sixteen printed volumes as well as the stretch of the letter T, which was exclusively published online. The last WAT article edited by Frikkie shortly before his retirement in October 2023, was that of the lemma trek, a polysemic lemma with no less than 149 senses. At the time, we did not think that it would be prophetic. For his retirement, trek potentially meant "to change house, residence, office or workplace" as well as "to embark on or undertake a journey that involves interruptions". However, this was not meant to be his destiny. In the end, he had to "move or be moved" for good.

    Outside of the workplace, his love for his family and friends was an inspiration. He was very generous and when he received something as a gift that he could share with others, he would always do so without hesitation. Frikkie also excelled as a joker and storyteller. He had an arsenal of jokes and anecdotes with which he entertained friends and colleagues. He had a sharp sense of humour and an incredible memory, and he could tell a story with remarkable detail and captivating flair.

    The WAT's staff have only the highest appreciation for the 42 years that Frikkie Lombard served the WAT with distinction. His humanity, collegiality and sense of humour will be greatly missed.

    Alet Cloete

    Woordeboek van die Afrikaanse Taal

    Stellenbosch

    South Africa

    (aec@sun.ac.za)

    Phillip Louw

    Woordeboek van die Afrikaanse Taal

    and

    Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University

    Stellenbosch

    South Africa

    (pal@sun.ac.za)

    (https://orcid.org/0009-0007-2002-3081)

    and

    Gerhard van Wyk

    Woordeboek van die Afrikaanse Taal

    Stellenbosch

    South Africa

    (gjvw@sun.ac.za)