SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue1They don't make plus size spacesuits: A fat studies analysis of selected literary textsDie Wonderwese - 'n klankryke verbeeldingservaring author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Literator (Potchefstroom. Online)

    On-line version ISSN 2219-8237Print version ISSN 0258-2279

    Literator vol.46 n.1 Mafikeng  2025

    https://doi.org/10.4102/lit.v46i1.2157 

    LITERA

     

    'n Huldeblyk aan onbesonge bosgediertes

     

     

    Maricel Botha

    School of Academic Literacy, Faculty of Humanities, North-West University, Potchefstroom, South Africa

    Correspondence

     

     

    Stekelkind

    stekelkind,
    doringkind,
    rustig in jou naaldevel
    ritsel oor Magaliesrand
    oor klip en bos en veld gebrand
    ritsel rustig voort my kind
    strooi pennetjies wat ek sal vind
    ritsel saggies voort

    honde blaf deur doringdraad
    sluip stilletjies, sluip stilweg weg
    kleintjies skoffel agterna
    pennetjieskroos agter ma
    ritsellyntjie oor die rand
    op die paadjie harde sand
    loop ligvoet in die wind

    maanskyn dof op naaldevel
    maanskyn blink in pikswart oog
    sluip-sluip oor jou bergverhoog
    sluip-sluip tot diep in die kloof
    kloutjies klou aan blommebol
    kloutjies grawe boomwortel
    klouter oor die klippe, kind
    roffel oor die rand

    jou vel is nat met nag se dou
    jou kake het genoeg gekou
    skoffel lyntjie huis toe terug
    kroos skrop plek by ma se rug
    daar kom haal die slaap jou nou
    rus in pennetjiesgewaad

    nou steek die dag jou stekels weg
    en aarde streel jou pennelyf
    soos nuwe ma die los kopvel
    van babatjie, nog lelik, vryf
    oggendson skep Mosesbos
    maar jy ontwaak met sterreskyn
    en waar jy slaap, bly berggeheim

    (uit Touching the Wild)1

     

    Ek teken torre uit torpor*

    Ek skets jou skelet in swart ink - onpoëties,
    teken jou bene - ses, simmetries,
    trek twee antennas op magnoliablad,
    vul die dop in - rond, donker, blink, glad.
    Ek krap 'n paar hare teen kop en ligament,
    skroef jou met pen vas, las elke segment.
    Uit 'n ligte gekrabbel het 'n misbol verskyn.
    Nou kort net die skadu, dwars val die swart lyn.
    Ek het jou in ink geskets.
    Ek het jou uit pen geskep.
    Nou trap jy klein kolletjies in papiersand
    en rol jou bol oor die blad se rand.
    Nou haas jy agteruit in 'n skewe lyn
    tot kewer en bol oor die tafel verdwyn.
    Ek vee die leë blad liggies met my hand
    en teken 'n buitelyn onder teen die kant.
    Daar ontwaak nog 'n tor uit winterdoodsheid
    terwyl ek 'n wysie op marimbamaat fluit.

    *Die doodsheid waaruit miskruiers na die eerste reëns ontwaak

     

     

    Correspondence:
    Maricel Botha
    maricel.botha@nwu.ac.za

    Received: 31 Jan. 2025
    Accepted: 04 Apr. 2025
    Published: 20 May 2025

     

     

    1 . Die gedig 'Stekelkind' is die eerste keer gepubliseer in Poetry in McGregor, 2023, 'Touching the Wild: McGregor Poetry Festival 2022 Anthology', African Sun Press: Kaapstad.