SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.65 número3What does the Greek say? - Spotlight on translation problems the New Testament posesTranslators cross swords! Translation problems relating to the sword as a weapon in 1 and 2 Maccabees índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.65 no.3 Pretoria sep. 2025

    https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n3a8 

    LITERARY BIOGRAPHIES

     

    Ter inleiding en bekendstelling

     

     

    Ronél Johl onthul in 'n drietal artikels in hierdie afdeling allerlei wetenswaardighede oor en rondom biografie in die algemeen en literêre biografie in die besonder. Wat aanvanklik bedoel was as 'n enkelartikel na aanleiding van 'n kritiese bevraagtekening van JC Steyn se biografie van NP van Wyk Louw tydens 'n bekendstelling van die temanommer oor VWL in Junie 2020, het inmiddels geblyk 'n veel omvattender en grotendeels onontginde navorsingsterrein in ten minste die Afrikaanse letterkunde ter plaatse te wees.

    Die drie artikels in hierdie afdeling gee rekenskap van die aanvanklike verkenning van en besinning oor die termpaar "literêre biografie" (Vooraf); dit word gevolg deur 'n indringende analise van twee gevallestudies, naamlik die biografieë van onderskeidelik André P Brink deur (Leon de Kock) en Philip Roth deur (Blake Bailey en Ira Nadel).

    Ten einde rekenskap te kan gee van aspekte wat deurslaggewend is vir sowel die totstandkoming as die ontvangs van literêre biografieë, word die studies oor André P Brink en Philip Roth aan die hand van 'n verfynde weergawe van Roman Jakobson se bekende kommunikasiemodel bespreek. Daar word beoog om die artikelreeks in 'n volgende afdeling voort te sit om die moontlikheid van teorievorming oor die literêre biografie meer eksplisiet te sistematiseer.

    Die redaksie hoop dat hierdie verkenning van literêre biografie sal lei tot verdere besinning "wat die akademiese gesprek oor literêre biografie en biografieë plaaslik meer algemeen op koers sou [kon] kry" (p. 911). Belangstellendes word hiermee uitgenooi om deel te neem aan so 'n akademiese gesprek. Response kan wissel van kort kritiese mededelings tot volwaardige artikels.

    Ina Wolfaardt-Grabe