Serviços Personalizados
Journal
Artigo
Indicadores
Links relacionados
-
Citado por Google -
Similares em Google
Compartilhar
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751
Tydskr. geesteswet. vol.65 no.3 Pretoria Set. 2025
https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n3a7
RESEARCH AND REVIEW ARTICLES
'n Nuwe geopolitieke landskap: Die EU en die VK ná Brexit
Reflection on Brexit: The EU and the UK after Brexit
Riaan Eksteen
Navorsingsgenoot, Departement Politieke Studie en Regeerkunde, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein, Suid-Afrika. E-pos: reksteen@swakop.com
OPSOMMING
Gegewe die gevestigde rol wat die Europese Geregshof (EG) in die EU speel, sal dit ook 'n delikate politieke twispunt tussen die twee partye (die VK en EU) in hul post-Brexit-verhouding bly. Brexit kan beskou word as 'n belangrike keerpunt in Europese politiek, wat die ingewikkeldheid van politieke transformasie en streeksintegrasie beklemtoon. Die omvang daarvan is steeds besig om toe te neem namate nuwe vennootskapmodules gedefinieer word. Wat die VK probeer nastreef, is verbeterde en ambisieuse verhoudinge met verskillende Europese vennote. Omdat Brexit bepaalde veranderinge in die EU se buitelandse beleid tot gevolg gehad het, naamlik op die gebied van veiligheidsamewerking en handelsbetrekkinge, het dit gevolglik meer en meer 'n onderwerp rakende buitelandse aangeleenthede en veiligheidsbeleid geword. In reaksie hierop het lidstate die verbetering en konsolidasie van hul verdedigingsamewerking begin prioritiseer en is die EU se wêreldwye invloed onteenseglik deur Brexit verminder. Die gebrek aan die VK se invloed kan pogings tot verdere integrasie tussen die oorblywende lidstate belemmer, aangesien individuele state botsende belange begin nastreef. Alhoewel die EU op 'n positiewe wyse met die VK skakel om eenheid en onafhanklikheid te beveilig en samewerking te soek wanneer doelwitte ooreenstem, moet daar ook 'n ingewikkelde en onsekere globale situasie ná Brexit hanteer word. So sal beide noodwendig kreatief moet aanpas by hul onderskeie, en moontlik gesamentlike, nuwe posisies binne 'n veranderde en uitgebreide geopolitieke landskap.
Trefwoorde: Brexit; doeane-unie; enkelmark; Europese Geregshof; Europese Unie; NAVO; veiligheid; verdediging; Verenigde Koninkryk
ABSTRACT
Brexit prompted a reassessment of the role of the United Kingdom (UK) in international trade and diplomacy. The European Court of Justice (ECJ) is integral to the European Union's (EU) legislative structure and its authority is a problematic aspect of the relationship between the EU and the UK, especially regarding the implementation of effective dispute resolution processes in the post-Brexit context. The Court's role in interpreting EU legislation and adjudicating disputes among member states highlights the intricacies of the newly established relationship between the UK and the EU. Brexit has become a crucial juncture in European politics, exposing the difficulties of political transition and regional integration. As the UK and the EU adjust to this new reality, they must redefine their cooperation, which has substantial ramifications for trade. Brexit resulted in a significant reduction in UK exports and imports, thereby weakening the EU's former economic clout in global trade discussions, taking into account the fact that the UK used to be among the world's greatest economies. Taking into consideration these issues Sir Keir Starmer, Labour Party leader and Prime Minister since July 2024, has commenced with the process of resetting the UK's relationship with Europe. His diplomatic excursions to pivotal European capitals sought to cultivate a novel strategy for negotiations with Europe. These visits have, however, heightened suspicions in Brussels that London may be attempting to circumvent the EU by engaging directly with national capitals, a longstanding issue for the EU when interacting with British politicians. Brexit has had an impact on party dynamics, public opinion, and policy discourse concerning Europe. From the point of view of the EU, Brexit has spurred modifications in its foreign policy, especially with regard to security collaboration and trade partnerships. The ensuing geopolitical situation required both the EU and the UK to adjust their existing positions. The UK's global diplomatic interactions were profoundly influenced by Brexit, and its new diplomatic and economic approaches will dictate its foreign policy and international relations for the foreseeable future. In addition, the UK's pursuit of increased worldwide influence via new trade deals and security alliances has weakened the global status of the EU, especially with regard to defence cooperation. The UK being the EU's principal military power has left a significant gap in the EU's defence capabilities. The EU is now obliged to confront the issue of enhancing defence cooperation among the remaining 27 member states to offset the UK's exit from collective security agreements. The UK will maintain its engagement with the North Atlantic Treaty Organisation (NATO), while it is anticipated that the EU will be required to intensify its cooperation with NATO to mitigate the security voids resulting from Brexit. This transition enables the UK to investigate other security frameworks, emphasising bilateral agreements instead of depending exclusively on EU collaboration. The political consequences of Brexit have influenced the EU's internal dynamics, as the UK's departure has shifted the balance of power among member states which may prioritise their divergent interests, thereby potentially obstructing future attempts at integration. The EU's strategic autonomy in addressing intricate global challenges will hinge on its capacity to unify member states and formulate cohesive policies that reflect its core ideals of democracy and collaboration. Furthermore, Brexit significantly altered the political framework of the EU by influencing the relationships among member states and the administration of the Union. The EU remains engaged with the UK to uphold unity and foster cooperation when interests converge, although the post-Brexit environment presents a complex and uncertain global scenario. The EU's efficacy in addressing these difficulties will be vital as it endeavours to adjust to a new geopolitical landscape while preserving its fundamental principles. In essence, Brexit has generated a complex and dynamic political landscape affecting both the UK and the EU. As both sides endeavour to rebuild their relationship, the enduring consequences of Brexit will persist in developing and influencing the future of the EU and UK politics and international relations. The primary impact of Brexit is economic disruption, political instability, legal ambiguities, and substantial alterations to individual rights. The long-term consequences are still emerging, accompanied by continuous discussions regarding the UK's future relationship with the EU and the wider ramifications for European unity.
Keywords: Brexit; customs union; defence; European Court of Justice; European Union; NATO; security; single market; United Kingdom
Inleiding
In hierdie artikel word eerstens gefokus op die onmiskenbare en deurslaggewende rol van die Europese Geregshof met betrekking tot die geopolitieke situasie ná Brexit. Wanneer hierdie nagevolge van Brexit bespreek word, is dit ook belangrik om die aspekte te dek wat verband hou met die pogings van die VK om toenadeing tot die EU op verskeie vlakke van samewerking te verkry, asook hoe Brexit die EU as instelling met sy eie buitelandse betrekkinge beïnvloed.
Vir meer as 60 jaar het hierdie Hof sy jurisdiksiebevoegdheid aansienlik uitgebrei buite sy aanvanklik beperkte ruimte. Hierdie invloedryke instelling het al hoe meer betrokke geraak by sake wat met internasionale betrekkinge verband hou. Die Verdrag van Lissabon1 was 'n deurslaggewende mylpaal in die proses van Europese integrasie en die EU se diplomatieke interaksies met ander lande. Regdeur sy bestaan het die EG 'n beduidende rol gespeel in die noemenswaardige vooruitgang van die EU se geskiedenis. Dit het grootliks gehelp om die integrasie van die EU te bevorder, wat op sy beurt tot vrede en voorspoed in Europa gelei het met 'n ongeëwenaarde vlak van samewerking oor gedeelde belange in 'n vinnig ontwikkelende wêreld. Die EU is baie verskuldig aan die EG vir die beduidende bydrae tot die vorming van beleid en besluite, ook op die gebied van buitelandse aangeleenthede.2 Die EG se uitsprake dra saakmakende invloed en is verantwoordelik vir die beveiliging van en toesig oor alle verdrae van die EU. Verder word wetgewing wat die Europese Parlement (EP), wat in Straatsburg gesetel is, aanvaar deur die EG geïnterpreteer en afgedwing. Sodoende stel die EG riglyne vas wat vir die EU en alle lidstate geld om te verseker dat hulle aan die vereistes van internasionale reg voldoen. Hierdie werklikhede versterk die belangrikheid van die EG in die politieke en regsgeskiedenis van die EU en het onteenseglik die prominensie van die EG verhoog.3 Hierdie verpligting het die VK teen die bors gestuit. Die invloed van interne gebeure op buitelandse beleid is selde so duidelik geïllustreer as in die geval van die VK se politieke verskille met die EU wat in buitelandse beleidstandpunte oor Brexit tot uiting gekom het. Vir die VK het die EG 'n ondraaglike onderwerp geword. In so 'n mate dat die EG tydens die referendum oor Brexit in Junie 2016 'n beduidende rol gespeel het in die propagandaveldtog van die anti-EU-beweging. Daarna het die destydse Eerste Minister, Theresa May, 'n onwrikbare standpunt ingeneem dat die VK onder die jurisdiksie van die EG moet uitkom sodat Britse howe hul eie soewereiniteit kon terugkry. Sy het verkondig dat die EG Britse soewereiniteit en regsgesag ondermyn. In die Brexit-onderhandelinge tussen die EU en die VK was dit dus geensins verbasend dat die EG 'n vername twisappel was nie. Die EG se betrokkenheid was onlosmakend deel van die oplossing en vir die EU 'n gegewe en ononderhandelbaar. Daarenteen wou die VK te alle tye net wegkom van die EG se jurisdiksie:
The Government has promised to end the direct jurisdiction of the European Court of Justice (ECJ) after Brexit. However, the role of the court remains a live issue in negotiations.4
In 'n publikasie het die Institute for Government in die VK geredeneer dat
...the UK cannot escape the ECJ entirely and should not try to... When the European Commission says that any dispute resolution mechanism (DRM) must respect the "legal autonomy" of the EU, it is stating a legal constraint, not a political objective.5
Die sentrale rol van die Europese Geregshof
Die kardinale punt in verband met die EG waarmee die VK rekening moet hou ten opsigte van enige verbintenis met die EU is die feit dat die EG die wette en regulasies interpreteer wat op die enkelmark en die doeane-unie van toepassing is en konflikte oplos wat as gevolg daarvan ontstaan sodat alle rolspelers van regverdige mededinging verseker is. Hiermee word die vryhede wat sentraal tot die EU staan onder lidstate onderling beskerm en afgedwing.6
Gevolglik speel die EG 'n beduidende rol met betrekking tot beide politieke en ekonomiese kwessies wat die EU en sy lede raak. So het die EG 'n noemenswaardige rol in Europese integrasie gespeel, wat ekonomiese samewerking en uitbreiding bevorder terwyl dit aansienlike voordele aan beide verbruikers en ondernemings bied. Dit verbeter die daaglikse lewe, bevorder ontwikkeling en versnel kreatiwiteit. Met die gevestigde rol wat die EG in die EU speel, sal dit ook 'n delikate politieke twispunt tussen die EU en die VK in hul post-Brexit-verhouding bly.
Outside the Single Market, the United Kingdom would not be bound by European Union economic regulation nor subject to the jurisdiction of European courts and would be free to restrict immigration from the EU.7
Die enkelmark sal aanhou om 'n deurslaggewende uitwerking op die vorming van die toekomstige ekonomiese omgewing van die EU te hê. Ná die Brexit-proses het die VK die enkelmark amptelik op 31 Desember 2020 verlaat.
Die EU het telkens, wanneer die EG en die regspraktyke in die EU ter sprake gekom het,8ongekende eenheid oor die vraagstuk van Brexit getoon.9 Dalk kan die VK se standpunt oor soewereiniteit aan die hand van die volgende siening verklaar word:
The U.K.'s particularly strong aversion to the ECJ - particularly when compared to other EU countries - could stem from the fact that the U.K. operates under a common law system and most other EU countries have civil law systems, according to Holger Hestermeyer, an expert in international dispute resolution at King's College London. While some countries have a codified law, British law has been developed by judges in court, applying statute, precedent and case-by-case reasoning.10
Die argument wat Baudenbauer aanvoer, is nie oortuigend nie, want die EG sal dan daarvolgens altyd gesien word as "the court of the other party".
In the UK, the ECJ had been called a foreign court in the Brexit debate. ... The decisive factor is whether a court is neutral. If a state belongs to an international organisation, the international court in question is neutral towards that state. This applies to the ICJ, for example, regardless of whether a state provides a judge or not. The ECJ, on the other hand, is not neutral for post-Brexit Britain. ... it is the court of the other party and thus not impartial.11
Dit is duidelik dat die EG se taak is om dit wat die EU tot stand gebring het, ferm te beskerm. Die VK se pogings om met Brexit en enige toekomstige verbintenis met die EU daarna te rasionaliseer, het bloot tot verdeeldheid gelei - voor en na Brexit. Gevolglik sal dit vir die VK nodig wees om die gesag en die jurisdiksie van die EG te erken om weer lidmaatskap van die EU te kan verkry of om individuele ooreenkomste oor bepaalde onderwerpe met die EU te sluit.
So sal die VK se verhouding met die EU gekenmerk word deur onsekerheid in terme van regsaangeleenthede, moontlike struikelblokke vir handel en 'n tekortkoming in stelsels vir die oplossing van geskille. Hierdie moontlikhede het die potensiaal om spanning te laat toeneem en komplikasies te skep vir die VK se poging om weer in die raamwerk van die EU opgeneem en daarin geïntegreer te word. Die vooruitsig vir die VK om weer by die EU in watter vorm ook al toegang te vind terwyl onafhanklikheid van die EG behoue bly, is 'n veelsydige aangeleentheid wat baie wetlike, politieke en ekonomiese faktore behels. So was daar die Noord-Ierland-protokol wat onderteken is met die Brexit-skeidingsooreenkoms tussen die VK en die EU om spesifieke regulasies van die EU in Noord-Ierland te handhaaf om ná Brexit handel te vergemaklik en die vestiging van 'n fisiese grens met die Republiek van Ierland te voorkom. Die protokol vereis dat Noord-Ierland aan sommige regulasies van die EU moet voldoen veral oor die vervoer van goedere ten einde toegang tot die EU se enkelmark te behou. Die uiteindelike gesag is aan die EG toevertrou om konflikte oor reëls van die EU wat op Noord-Ierland van toepassing is, te hanteer en te interpreteer. Dit beteken dat die EG die mag het om te bepaal of die VK sy verantwoordelikhede ingevolge die protokol nakom. Die VK wou die jurisdiksie van die EG ten alle koste vermy of baie beperk, veral met betrekking tot die protokol en het daarom verskeie alternatiewe bestuursmetodes voorgestel, soos internasionale arbitrasie, as 'n moontlike metode om konflikte op te los in plaas daarvan om die EG te betrek. Die VK wou ook die toesig van die EG met dié van 'n internasionale arbitrasieliggaam vervang, maar uiteindelik het die EU se standpunt oor die EG geseëvier. Gevolglik speel die EG 'n deurslaggewende rol in die Noord-Ierland-protokol, wat beide die praktiese implementering van die protokol en die algehele dinamika van die verhouding tussen die VK en die EU beïnvloed, insluitende enige toekomstige beraadslagings oor die VK se toenadering tot die EU.
Die EU sal die vereiste van die EG se jurisdiksie sterk bly handhaaf as 'n voorvereiste vir die VK se toekomstige verbintenis met die EU. As die VK hierdie kriterium sou probeer omseil, sal dit waarskynlik 'n dooiepunt in onderhandelinge tot gevolg hê en miskien aansienlike beperkings meebring vir die VK se vermoë om die voordele van noue betrokkenheid met die EU te geniet. Politieke spanning spruit onvermydelik voort uit die sensitiewe vraag oor die rol van die EG in feitlik enige verhouding tussen die VK en die EU.
Die jurisdiksie van die EG bly 'n deurslaggewende determinant wat die VK se ekonomiese gesprekke met die EU aanhoudend sal beïnvloed. Alhoewel daar al beraadslagings was oor alternatiewe metodes om geskille te besleg, soos arbitrasie of ander geregtelike liggame, is dit belangrik om daarop te let dat dit nie die EG se funksie in die interpretasie van EU-wetgewing sal vervang nie. Daarom, as 'n voorvereiste, moet elke staat wat 'n lid van die EU wil word of assosiasie met die EU wil bekom die gesag van die EG erken.
The Court of Justice of the EU (CJEU) interprets EU law. Although the UK has left the EU the CJEU will continue to have jurisdiction over some matters affecting the UK during the transition period, and beyond. ... Under the Withdrawal Agreement that led to the UK's final withdrawal from the EU, the ECJ will no longer have general jurisdiction over the UK about any acts that take place on or after 1 January 2021. The Political Declaration agreed by the UK and the EU, only makes clear that insofar as the "future relationship" contains concepts of EU law, disputes about those concepts will have to be referred to the Court. Thus, only the ECJ can offer a binding interpretation of EU law.12
Hierdie vereiste om aan EU-wetgewing te voldoen, die aandrang op toesig van die EG vir doeltreffende oplossing van konflikte, en die VK se aandrang om soewereiniteit terug te kry en te behou, veroorsaak 'n ingewikkelde wisselwerking wat die vorming van wedersyds voordelige handelsooreenkomste kan belemmer. In enige toekomstige onderhandelinge sal dit van kardinale belang wees om 'n oplossing te bereik wat beide die EU se juridiese raamwerk en die VK se soewereiniteit handhaaf om 'n stewige grondslag vir toekomstige verwantskappe te vestig. Dat die EG steeds 'n beduidende bron van meningsverskil in die verhouding tussen die VK en die EU sal wees, is gewis. Gevolglik skoei die VK sy toenadering tot Europa op die lees dat nuwe ooreenkomste en verbintenisse vry moet wees van enige rol of betrokkenheid van die EG. Dit is egter te betwyfel of die VK van alle juridiese oorsig in enige toekomstige ooreenkoms met die EU of individuele lidstate sal kan ontsnap.
Regsprosesse en strategieë om konflik en meningsverskille op te los in verdrae en internasionale ooreenkomste
Alhoewel nie alle internasionale handelsooreenkomste of verdrae regsprosedures en metodes bevat om geskille op te los nie, is daar 'n aansienlike aantal, veral dié wat meer omvattend is of aansienlike ekonomiese implikasies behels, wat wel sulke prosedures en metodes insluit. Onlangse neigings dui op 'n toenemende erkenning van die belangrikheid van geskilbeslegting in internasionale handelsooreenkomste. In die lig van die toenemende kompleksiteit van globale handel word dit algemeen erken dat duidelike regsprosedures van kardinale belang is vir die behoud van kommersiële verhoudings en die versekering dat aan regsverpligtinge voldoen sal word. Beslegtingsprosesse om geskille op te los, speel 'n deurslaggewende rol in die handhawing van die oppergesag van die reg in die EU en die waarborg dat ooreenkomste nagekom sal word. Hulle bied 'n sistematiese metode om meningsverskille op te los, wat noodsaaklik is vir die bevordering van samewerking tussen lidlande en met buitelandse vennote. Die doeltreffendheid van hierdie prosedures kan 'n wesenlike invloed hê op handelsbetrekkinge, beleggingsekuriteit en algemene ekonomiese stabiliteit binne die raamwerk van die EU.
Ooreenkomste en verdrae wat die EU aangaan, bevat toenemend bepalings oor regsprosedures en metodes vir die oplossing van dispute wat van kardinale belang is om nakoming te waarborg en enige probleme te bestuur. Die EG vervul 'n deurslaggewende funksie in die interpretasie van Europese wetgewing en die oplossing van geskille waarby instellings of lidstate betrokke is. Die EG evalueer die versoening van internasionale ooreenkomste met EU-wetgewing, veral die prosesse vir die oplossing van geskille. Die EG het reeds bepaal dat spesifieke elemente in bilaterale beleggingsverdrae nie versoenbaar is met EU-wetgewing nie en hiermee is die onafhanklikheid van die EU se regstelsel beklemtoon. Die EU het wel ook al arbitrasieprosesse in verskeie handels- en beleggingsooreenkomste geïntegreer. Hierdie prosedures stel partye in staat om kwessies buite konvensionele regstelsels te besleg, wat groter buigsaamheid en vinnige oplossings bied. Die Omvattende Ekonomiese en Handelsooreenkoms (CETA)13 tussen die EU en Kanada is 'n voorbeeld van so 'n ooreenkoms wat 'n nuwe beleggingsregime insluit wat spesifiek geskep is om konflikte tussen beleggers en state te bestuur.
Binne die raamwerk van Brexit-onderhandelinge is verskeie modelle vir die oplossing van geskille voorgestel wat beide politieke en kwasi-regsbenaderings ingesluit het. Die VK het 'n voorkeur gehad vir metodes wat sy soewereiniteit sou handhaaf, terwyl die EU daarop aangedring het om toesig deur die EG te behou met die klem op die uitdagings om doeltreffende post-Brexit-geskilbeslegtingsreëlings te skep. 'n Belangrike ontwikkeling op die gebied van internasionale reg in die afgelope dekades was die toename in internasionale howe en ander metodes om internasionale geskille te besleg. Die EU pleit vir die inlywing van dispuutbesleg-tingsbepalings in handels- en beleggingsverdrae en het al 'n voorstel vir die skepping van 'n multilaterale beleggingshof voorgele. In onlangse jare het die EU 'n versigtiger standpunt ingeneem wanneer dit kom by die oplossing van internasionale geskille. Odermatt ondersoek verskeie strategieë om hierdie oorsake van konflik doeltreffend op te los en die EG in staat te stel om vreedsaam met ander internasionale tribunale saam te werk.14
Die VK se nuwe toenadering tot Europa
Vanweë die VK se geografiese posisie en sy diepgaande integrasie in kontinentale handels- en veiligheidsnetwerke het die land nie sy status as 'n beduidende Europese moondheid prysgegee toe die EU verlaat is nie. Daardie status het wel 'n knou gekry, maar het nie verdwyn nie. Die samevloei van faktore, soos Brexit en Johnson se "Global Britain" intern met ekonomiese en veiligheidsoorwegings ekstern, verduidelik waarom die VK, netsoos ander Europese moondhede, dit noodsaaklik gevind het om meer proaktiewe strategiese beleidsrigtings te volg wat ook op ander wêrelddele fokus.
Brexit did bring about a seismic shift in how Britain reconceived of its place in the world under the political mantra of 'Global Britain' - presupposing that, liberated from the institutional fetters of the EU, the country could stake out a more independent role across the globe.15
Die mate waarin Starmer dit sal oorweeg om hierdie taktiek te volg, is onseker. Die leuse "Global Britain" is reeds diskreet uit amptelike besprekings verwyder. Boonop sal die herstel met Europa en die konflik in die Oekraïne 'n beduidende deel van sy tyd en regeringshulpbronne noodsaak en uitput. Op 24 Julie 2024, kort nadat hy Eerste Minister geword het, het hy in 'n verklaring met die titel "Machinery of Government" gemeld dat sy kabinetskantoor, in plaas van die Departement van Buitelandse Sake,16 voortaan verantwoordelik sal wees vir die bestuur van die VK se verhouding met die EU, insluitende medevoorsitterskap van ministeriële strukture, soos uiteengesit in die VK se verdrae met die EU.17 Met hierdie herorganisasie is sy doelwit om die agenda vir EU-verhoudinge te bepaal en toesig oor die huidige vennootskap te behou sodat interdepartementele pogings hierdie vennootskap oor die lang termyn kan verbeter. Die Departement van Buitelandse Sake sal die verantwoordelikheid behou vir die bestuur van bilaterale verhoudinge en die formulering van strategiese benaderings tot Europa deur gebruik te maak van die departement se diplomatieke kundigheid. Saam met hierdie besluit oor herstrukturering van die benadering tot EU-verhoudinge, is ook aangekondig dat daar nie 'n gespesialiseerde komitee in die Laerhuis gevestig sal word om aandag te skenk aan die komplekse uitdagings rondom die administrasie van die VK se verhouding met die EU nie. Hierdie besluit het spoedig kritiek uitgelok. Rutter en White voer aan dat die VK se assosiasie met die EU steeds betekenisvol bly om verskeie binnelandse en buitelandse beleidsake te beïnvloed, veral met die oog op die regering se standpunt dat die hervestiging van die verbinding met die EU een van sy hoofdoelwitte is.
What is needed instead is a new committee which can look both at the UK's implementation of existing agreements, but also examine the government's overall management of the relationship and its approach to setting future direction. ... The best option would be for the government to ... establish an EU Relations Committee. ... Arguably now, in the context of the government's growth mission, scrutiny of the relationship and the bilateral trade deals necessitated by the UK's departure, scrutiny is more important than ever. The government should learn from history and ensure that there are specific mechanisms for parliamentarians to engage with this priority.18
Tydens die veldtog voor die verkiesing in Julie 2024 het die Arbeiders beklemtoon dat wanneer hulle die verkiesing wen die VK nie weer toetrede as lid van die EU sal voorstaan nie, selfs nie eens deelname aan die doeane-unie of die enkelmark nie. Wat wel nagestreef sal word, is 'n verbeterde en ambisieuse verhouding met verskillende Europese vennote. Een van die eerste prioriteite is om sommige hindernisse wat handel tussen die VK en die EU benadeel te takel. 'n Volgende doelwit sal wees om 'n veiligheidsooreenkoms met die EU te sluit.
This could turn out to be of great significance, given the situation in Ukraine. ... It would include security in the widest sense - not just military co-operation but sanctions, cybersecurity, counterterrorism, fighting traffickers, combating climate change and more.19
Starmer se besoeke aan Berlyn, Parys en Dublin binne tien weke ná die aanvang van sy premierskap was bedoel om die nuwe benadering tot Brexit te propageer, naamlik een wat deurslaggewende vooruitgang in sy pogings beklemtoon om die VK se verhouding met Europa te herkalibreer en sy benadering tot Europa te herskep. Eerstens, het hy gekonsentreer op die formulering van 'n ambisieuse verdrag tussen die VK en Duitsland as 'n komponent van hierdie oorkoepelende agenda. Sy onderhandelinge het die belangrikheid van samewerking beklemtoon, terwyl die integriteit van Brexit gehandhaaf word en die gevolgtrekkings daarvan eerbiedig word. Hierdie strategie het ten doel om verhoudinge te verbeter en samewerking oor kritieke sake aan te moedig sonder om die besluite wat deur die Brexit-proses vasgestel is, omver te werp. Hy is klaarblyklik oortuig daarvan dat die totstandkoming van 'n robuuste VK-Duitsland-verdrag instrumenteel sal wees in hierdie herstel waardeur beoog word om verskeie belangrike doelwitte te bereik: 'n sterk verdrag met Duitsland daar te stel; samewerking oor handel en veiligheid aan te vul; 'n gunstige persepsie van die VK in Europa te bevorder; kommer oor die reperkussies van Brexit te versag; en die implikasies van 'n VK-Duitsland-verdrag te begryp. Hierdie verdrag hou aansienlike gevolge vir beide lande in. Dit kan lei tot verbeterde kommersiële vooruitsigte, versterkte diplomatieke betrekkinge, samewerking oor klimaatsverandering, en gekoördineerde pogings in tegnologie en innovasie. In sy visie vir 'n samewerkende toekoms met Europa, beklemtoon Starmer dat sy voorstelle nie die omkeer van Brexit behels nie maar dat hy eerder streef na 'n samewerkende toekoms wat die verlede eer, terwyl die toekoms wink. Hierdie benadering behels die vestiging van bande gegrond op wedersydse belange; samewerking met Europese leiers oor gemeenskaplike uitdagings; en die bevordering van dialoog om ekonomiese kwessies aan te pak.
Sy besoek aan Parys het ook toenemende navrae oor Starmer se Brexit-herkalibrering beklemtoon, maar het nie dieselfde impak gehad as sy besoek aan Berlyn en die daaropvolgende een aan Dublin nie. Later word die afsonderlike besoeke bespreek wat Macron en Friedrich Merz (Duitsland se nuwe Bondskanselier van Mei 2025 af) aan Londen in Julie 2025 gebring het om elk 'n verdrag met die VK te sluit.
Sy Ierse bestemming was om sy verbintenis na te kom om die VK se betrekkinge met Europa te herkalibreer. Hy was die eerste VK Eerste Minister wat Dublin in vyf jaar besoek het. Sy Ierse eweknie het hom daartoe verbind om 'n nuwe trajek vir VK-Ierse-betrekkinge te vestig. Die twee leiers het onderneem om jaarliks beraad te hou wat op handel en samewerking sal fokus. In 'n gesamentlike opinie in die Irish Times het hulle hierdie verbintenis herhaal.
So, as new leaders, we are both putting the relationship between our two countries on a new path ... deepening our discussions and putting them on a regular footing. ... This moment represents a fundamental shift in our bilateral relationship. With the Brexit debates behind us, we're moving from friction back to friendship.20
Starmer se strategie om met individuele leiers samesprekinge te voer, laat vrae in die geledere van die EU ontstaan.
Even these visits themselves have raised suspicions in Brussels that London may be trying to find ways to work around the European Commission by going directly to national capitals, a perennial EU concern when dealing with British leaders.21
Die uitwerking van Brexit op die EU
Te midde van bepaalde verskuiwings in die wêreldwye politieke arena en aansienlike probleme met globale bestuur, het Brexit ook 'n beduidende invloed op die EU en internasionale orde gehad. Oor die afgelope paar jaar het die EU 'n afname in sy ekonomiese ontwikkeling en aansienlike transformasies in sy interne strukture ervaar. Aanvanklik was dit opmerklik dat die EU meer aangewese geraak het op internasionale handel, wat 42% van die algehele EU-uitvoere in die jaar 2019 uitgemaak het.
The European integration proceeded steadily for decades in political, economic, and monetary fronts. It is a significant economic union that has created the third largest economy in the world after the USA and China. It has taken substantial political will to move it to the current level of integration.22
Intern het Brexit gelei tot 'n afname in die mededingendheid van Europese ondernemings in die globale mark met 'n afname in buitelandse investering en 'n toename van ongelykheid en sosiale probleme binne Europa. Die EU se stadiger groeitempo het 'n beduidende uitwerking op globale handelspatrone gehad. Brexit het die EU se standpunt oor globale handelsooreen-komste op verskeie wyses ingrypend beïnvloed. Met die VK se uittrede is die EU se ekonomiese invloed in handelsonderhandelinge nadelig geraak, aangesien die VK een van die wêreld se grootste ekonomieë is. Die EU se aandeel aan globale BBP en handel het sodoende afgeneem, wat sy invloed in handelsonderhandelinge dan ook verminder het. Gevolglik het die EU sy handelsfokus van die VK na ander belangrike ekonomieë verskuif. Die EU prioritiseer tans die vestiging van ooreenkomste met vinnig groeiende ekonomieë in Asië, Afrika en Latyns-Amerika ten einde die afwesigheid van die VK en sy invloed en kundigheid in onderhandelinge te minimeer. Talle state dring egter op gunstiger voorwaardes aan as wat die EU bereid is om te aanvaar en dit kompliseer die bedinging van wedersydse aanvaarding van standaarde en ooreenstemmings-beoordelings in sy handelsooreenkomste. Dit lei tot ingewikkeldhede in die EU se handelsagenda. Brexit het nie net die EU se aansien in wereldhandel verminder en dit gedwing om sy doelwitte te verander nie, maar dit het ook die gevoel van anti-globalisasie in sekere streke van Europa versterk en voorstanders van proteksionisme aangemoedig. Daar heers kommer dat die EU 'n meer introspektiewe houding mag inneem en as gevolg daarvan minder entoesiasties teenoor vrye handel mag optree. Dit voeg 'n bykomende ingewikkelde aspek by tot die EU se handelsbesprekings en vergroot die ongelykheid wat in regulasies voorkom. Die EU is verplig om hierdie probleme te konfronteer aangesien dit nadelig mag wees vir die proses om 'n ambisieuse handelsagenda na te streef.23
Wanneer ekonomiese en kommersiële interaksies bespreek word, is dit belangrik om die beginsels te onthou wat handelsdinamika beïnvloed. Die EU beklee steeds die posisie as die VK se belangrikste kommersiële vennoot. Omgekeerd is die VK die derde grootste handelsvennoot vir die EU, na die Verenigde State van Amerika (VSA) en China. Maar Brexit het onsekerheid vir globale handelsooreenkomste en alliansies tot gevolg gehad, wat weer 'n uitwerking op ekonomiese verbintenisse gehad het, nie net tussen die VK en die EU nie, maar ook met ander state. Die VK se uittrede uit handelsooreenkomste met die EU het nuwe besprekings vereis, wat moontlik handel met ontwikkelende lande kan bemoeilik en 'n beduidende invloed op internasionale handelsooreenkomste kan meebring. Die EU se vermoë om gesamentlik te onderhandel is geknou en sy invloed in globale handelsberaadslagings beïnvloed. Tans beoog die VK om sy eie handelsooreenkomste outonoom te vestig wat moontlik 'n meer gedesentraliseerde benadering tot internasionale handelsbeleid tot gevolg mag hê. Met die bedinging van handelsooreenkomste met die VSA om die uitwerking van tariewe wat President Donald Trump vroeg in 2025 aangekondig het, het die VK die EU voorgespring en 'n ooreenkoms beding terwyl die EU ná maande nog nie een kon beding nie. Gevolglik verwag die EU nie dieselfde toegang tot markte in die VSA as wat vir Britse staal, motors en ander produkte toegestaan is nie.24
Europa ná Brexit
Die politieke landskap in verskeie lidstate van die EU is aansienlik deur Brexit beïnvloed. Dit het weer tot veranderinge in partydinamika, openbare houding en beleidsgesprekke oor Europa gelei. Brexit het Euroskeptiese politieke groepe in verskeie lidstate versterk en 'n beduidende uitwerking op die binnelandse politiek van lidstate uitgeoefen, gepaardgaande met 'n oplewing in populistiese en nasionalistiese bewegings. Die uitslag van die verkiesing van lede van die EP in Junie 2024 het besprekings oor nasionale outonomie en die EU se rol ontketen, wat tot 'n oplewing van steun vir politieke partye gelei het. Stemme vir strenger immigrasieregulasies en vermindering in die EU se invloed word al hoe meer en luider gehoor. In lande soos Italië en Hongarye het Brexit 'n struktuur vir politieke bespreking gevestig wat die gesag van die EU bevraagteken, aangesien politici die VK se onttrekking uitbuit om vir meer nasionale onafhanklikheid te pleit. Hiermee is die ideologiese ewewig binne instellings van die EU versteur. Die VK het 'n belangrike rol gespeel in die liberale faksie binne die Raad van die EU waar onbeperkte handel en uitbreiding voorgestaan word. Die afwesigheid van die VK verminder die mag van hierdie groep en versterk Duitsland se invloed, wat op sy beurt tot verhoogde spanning onder lidstate wat bekommerd is oor Duitse hegemonie lei. As gevolg van Brexit het 'n hertoewysing van setels in die EP gevolg wat die Europese Volksparty (EPP) en ander regsgesinde faksies bevoordeel het. Die teenwoordigheid van linksgesinde partye het verminder alhoewel hulle nog steeds 'n beduidende invloed uitoefen. So is 'n konserwatiewe blok gevorm.
Die gevolge van Brexit vir die toekoms van Europese integrasie is kompleks en behels verskeie aspekte soos die proses en tempo daarvan. Dit beïnvloed die politieke dinamika, ekonomiese bande en institusionele strukture binne die EU. Alhoewel Brexit nie 'n fundamentele krisis vir die EU veroorsaak het nie, het dit 'n beslissende uitwerking op die manier waarop Europese integrasie plaasvind. Dit beteken dat politieke, ekonomiese en institusionele raamwerke aangepas moes word om die nuwe situasie te hanteer. So analiseer Wu Yuze die perspektiewe wat verband hou met binnelandse politiek, ekonomie, diplomasie en geopolitiek met die gepaardgaande uitwerking van elkeen hiervan op Europese integrasie.25
Die Brexit-proses het tot aansienlike veranderings in die politieke evolusie van die EU gelei wat met hierdie integrasie verband hou. Aanvanklik was daar 'n verskuiwing in die verspreiding van gesag binne die politieke raamwerk van die EU. Die VK was voorheen 'n prominente lid van die EU wat aansienlike invloed uitgeoefen het maar sedertdien het aandag aan verskeie aspekte ontbreek. Verder, wat ekonomiese vooruitgang betref, het Brexit die interne raamwerk van Europa merkbaar geraak omdat daar 'n inherente en onlosmaaklike verband tussen Brexit en Europese integrasie bestaan. Aanvanklik het lidstate van die EU talle uitdagings teëgekom wat beide ekonomiese en politieke sfere ingesluit het. Uiteindelik het Brexit 'n beduidende uitwerking op die trajek van Europese integrasie gehad en die vordering daarvan aansienlik beïnvloed.26
Wanneer hierdie aspekte noukeurig ontleed word, blyk dit dat hulle saam met ander saakmakende vraagstukke die EU in 'n posisie plaas waar sy buitelandse beleid en benadering tot internasionale knelpunte nie meer aan verwagtinge van selfs die onlangse verlede voldoen nie. Rosa Balfour draai hieroor geen doekies om nie in haar blatante ontleding. Sy noem dit "An Obituary for EU Foreign Policy".
The union then tore itself apart with Brexit. ... EU foreign policy always was more of an ambition than a reality. ... Imagining the union's place in the world demands a different mindset.27
Ná die Alternatief vir Duitsland (AfD)-party in Thüringen en Sakse se verbasende verkiesings-oorwinnings in die twee state in die oostelike deel van Duitsland (in voormalige Oos-Duitsland) in Augustus 2024, word Starmer se planne om betrekkinge met die EU te hervestig, krities beskou en word die pertinente vraag gestel of sy doelwitte realisties is in 'n drasties veranderende geopolitieke wêreld, veral in 'n sleutelland soos Duitsland.
Is Keir Starmer entering the same tragic cycle of British diplomacy, placing all his hopes on Germany for a dramatic reset of relations with Europe?28
Ook in Oostenryk het steun vir die regse party (Freedom Party of Austria (FPÖ)) met die verkiesing in September 2024 toegeneem. Hierdie geskiedkundige oorwinnings het skokgolwe deur Duitsland en Oostenryk se politieke bestel gestuur met hierdie regsgesinde partye wat aansienlike opmars gemaak het en seker nog verder mag maak, ook in ander lande. Terwyl die lande met die implikasies van hierdie resultate worstel, sal die komende maande deurslaggewend wees om te bepaal hoe die hoofstroompartye op hierdie populistiese oplewing reageer. Die opmerkings wat The Guardian oor die uitslae maak, som die implikasies daarvan op:
Its success is undoubtedly a seismic moment in German politics [and] whether this is a regional phenomenon or a signpost for something larger.29
Die leierskorps van die EU is nie gevrywaar van probleme wat toenemend binne die Unie heers en wat gevaarligte laat flits nie. Toenemende risiko's vir die EU se fundamentele ideale ontstaan uit interne bronne. Daar word heel gepas na die drie primêre bedreigings wat geïdentifiseer word, verwys as die EU se blindekolle. Hulle het vanaf Julie 2023 in prominensie toegeneem. Europese regerings stel nuwe hindernisse vir immigrante in om die byna rekord-instroming van individue uit verarmde lande te versag, aangesien hierdie toedrag van sake 'n toename in steun vir nasionalistiese populistiese partye aanwakker.30 Namate etnosentriese nasionalisme in lidstate styg, ervaar etniese minderheidsgroepe kwesbaarheid, vervreemding en onvoldoende beskerming.
Far-right parties already form part of seven government coalitions in the EU and even where they are not in government, their Euroskeptical "nation-first" mindset has been gaining ground also in the political center.31
Tweedens, is daar die afname in ekonomiese geleenthede vir die jeug namate lande met groter stagnasie gekonfronteer word, met 'n gevolglike generasiekrisis van vertroue in konvensionele politiek. 'n Groeiende getal jonger kiesers stem nie óf hulle steun radikale partye. Derdens, in lidstate in Sentraal- en Oos-Europa - waar pro-Brussels-entoesiasme die afgelope paar jaar afgeneem het - is regerings besig om 'n etnies gedefinieerde idee van Europese identiteit te jukstaponeer teen die beweerde tekortkominge van "multikulturalisme" in die liberale Weste.32Van groot belang is die proses waarmee die EU begin om sy beleid met betrekking tot verdediging en buitelandse sake te herevalueer. Histories was die VK teen verhoogde militêre integrasie in die EU gekant. Sedert hulle die EU verlaat het, is daar nou geleenthede vir Europese state om hul verdedigingsamewerking te versterk en die strategiese leemte te takel wat deur die VK se onttrekking geskep is. Boonop het Brexit debatte oor die toekoms van die EU ontketen met sekere leiers wat pleit vir hervormings sodat toekomstige ontrekkings uit die EU verhoed kan word. Vir hulle is dit kernbelangrik dat die eenheid van die EU behoue bly en versterk word. Die kern van hierdie bekommernisse hou verband met ekonomiese ongelykhede en die bestuursraamwerk van die EU wat deur die probleme tydens die Brexit-onderhandelinge beklemtoon is. In sy artikel ondersoek Stefan Lehne die voortgesette dinamika van die buitelandse beleidsverhoudinge tussen die EU en die VK ná Brexit en kom tot die volgende slotsom.
The January 2020 departure of one of the EU's strongest foreign policy actors dealt a massive blow to the union's prestige and soft power around the world. Particularly during the first months and years after the UK voted in a June 2016 referendum to leave the union, many expected Brexit to mark the beginning of the EU's terminal decline. However, no other country followed the UK to the exit, and during the difficult years that followed ... the EU proved more resilient than many had thought.33
Gevolglik het 'n behoefte ontstaan om die EU se begroting en bestuurstrukture te heroorweeg sodat die verlies aan die VK se finansiële bydraes en invloed in die formulering van die EU se beleidsmaatreëls verreken kan word. Sodoende kan verhoogde integrasie tussen die oorblywende lidstate gestimuleer word, veral op gebiede soos verdedigingsamewerking waarteen die VK voorheen gekant was.
Brexit se uitwerking op die EU se buitelandse beleid
Brexit het bepaalde veranderinge in die EU se buitelandse beleid tot gevolg gehad, naamlik op die gebied van veiligheidsamewerking en handelsbetrekkinge. Dit is te wyte aan die feit dat beide die EU en die VK moes aanpas by hul nuwe posisies binne 'n veranderde geopolitieke landskap. Brexit het 'n beduidende omwenteling in die VK se interaksie met die wêreldge-meenskap veroorsaak en die era van geopolitieke dinamika het in erns begin. Die bestuur van hierdie diplomatieke skakeling sal vir baie dekades 'n dramatiese uitwerking hê op die rigting van die VK se buitelandse beleid en die voortvloeiende interstaatlike verhoudinge. Op sy beurt het veranderinge in die EU se buitelandse beleid ná Brexit hoofsaaklik gefokus op die veranderende imperatiewe wat veiligheidsamewerking, handelsverdrae en betrokkenheid in die wyer geopolitieke omgewing vereis. Gevolglik is dit belangrik om aandag aan die volgende belangrike elemente te skenk, wat beide die VK en die EU se buitelandse verhoudinge raak.
Tydens die ampstermyn van Johnson het die VK teen onderhandelinge met die EU vir 'n veiligheidsooreenkoms besluit - iets wat 'n besliste breuk met vorige ooreenkomste ingehou het en gelei het tot 'n besliste verandering in veiligheidsamewerking wat op 1 Januarie 2021 in werking getree het. Die VK het hiermee sy "Global Britain"-strategie34 geprioritiseer in 'n poging om bilaterale verhoudings met ander state te verbeter terwyl daar van instellings in die EU onttrek is.
There can be no Brexit from geography. The UK may define itself as Global Britain, but it will still be part of Europe. It may dream of the Indo-Pacific, but it will still sit on the edge of the Atlantic. Major shares of the UK's economic interchange and of its cultural and human contacts will still be with its European neighbors.35
Brexit het gevolglik meer en meer 'n onderwerp rakende buitelandse aangeleenthede en veiligheidsbeleid geword. Leiers in die VK het gepoog om buitelandse beleid te gebruik om die beloftes wat aangaande Brexit gemaak is, na te kom. Hiermee het die VK gepoog om sy wêreldwye invloed te versterk deur die vestiging van nuwe handelsooreenkomste en veilig-heidsalliansies met state soos Japan en die VSA. Hierdie herbelyning het op 'n meer omvattende benadering gedui om invloed in internasionale aangeleenthede te handhaaf en in 'n wyer spektrum te verkry. Sodoende word gepoog om die gevolge van Brexit teen te werk en daardie nuwe doelwit te bereik.
The consequences for the UK of no longer being a member of the EU's foreign policymaking environment - i.e. of 'no longer being in the room'. As one of Europe's two biggest military powers, as well as being a nuclear power and a permanent member of the UN Security Council, the UK has brought considerable weight and expertise to the EU's foreign and security policy capacities. It has played a major role in developing the structures and institutions of European foreign policy co-operation, having been one of the driving forces behind the Common Foreign and Security Policy and the Common Security and Defence Policy. These, in turn, have become important elements in the UK's own foreign policymaking, underpinning the establishment of strong relationships with its European partners, improving and institutionalising co-operation between the EU and NATO and providing a valuable multiplier effect for how the UK engages with the wider world.36
Die EU se buitelandse beleidsprioriteite het bepaalde veranderinge sedert die VK se onttrekking ondergaan. Die versekering van die samehorigheid en onafhanklikheid van die oorblywende 27 EU-lidstate het groot kommer gewek, veral in reaksie op die VK se pogings om selektief areas van samewerking met die EU uit te sonder of op 'n bilaterale basis met individuele lede te skakel. Die onafhanklikheid van die EU se besluitneming was nog altyd noodsaaklik vir die geloofwaardigheid en doeltreffendheid van die EU se buitelandse beleid. Daarom volg die EU 'n konstruktiewe en versigtige benadering in sy skakeling met die VK en plaas die klem op die belangrikheid van wedersydse respek. Die EU het konsensus bereik om aktief geleenthede vir samewerking met die VK te ontgin, waar hul buitelandse beleidsdoelwitte ooreenstem, terwyl hulle ook die beginsel van eenheid vooropstel. Nietemin het die EU aansienlike verliese gely as gevolg van die VK se onttrekking, insluitende die verbeuring van een van sy twee permanente setels op die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad, wat afnames in veiligheidsvermoëns en wêreldwye diplomatieke invloed meegebring het. Dit is bekend dat die VK 'n belangrike rol in die EU se besluitnemingsproses gespeel het.37
Die EU het toenemend met 'n moeilike globale tydperk te make gekry in die konteks van konflikte in Gasa en Oekraïne, vrees oor klimaatsverandering en China se kragtige agenda. Die bestuur van die wisselvallige dinamika onder groot moondhede het 'n primêre fokus vir die EU se buitelandse beleid geword in die tydperk ná Brexit. Hierna en veral ook gesien die oorlog in Oekraïne is daar 'n radikale verskuiwing in denke oor die EU as 'n geopolitieke akteur. Dit is deur die EU se Hoë Verteenwoordiger vir Buitelandse Sake en Veiligheidsbeleid en Vise-President van die EU Kommissie, Josep Borrell, beskryf as die laat geboorte van 'n geopolitieke EU. Gevolglik fokus regs- en beleidsdebatte oor die EU se rol as 'n globale akteur op die behoefte om strategiese outonomie te bereik. Hierdie term druk die vermoë van die EU uit om onafhanklik op die internasionale verhoog op te tree om sy fundamentele waardes en belange te beskerm en wat met onafhanklikheid en sekuriteit verband hou, terwyl die EU terselfdertyd verbind bly tot 'n reëlsgebaseerde wereldorde. Die ontwaking van 'n geopolitiek-bewuste EU laat dus 'n magdom nuwe vrae met politieke en regsimplikasies ontstaan wat ondanks hul toenemende betekenis steeds onderontgin is. Hierdie ontwikkelinge skep 'n vraag na innoverende navorsing rakende, besluitnemingsprosedures, institusionele balans, doeltreffendheid, deursigtigheid, toegang tot geregtigheid en versoenbaarheid met internasionale reg. Tans is die regskontoere van konsepte vaag - iets wat noodsaaklik is om gestel te word sodat die vorming van die identiteit van die EU as 'n opkomende geopolitieke akteur met strategiese outonomie behoorlik geskep kan word.
The concept of the EU's strategic autonomy, initially grounded in legitimate concern over diminishing U.S. interest in its traditional European allies, then evolved into a contentious political tool. The notion particularly appealed to European politicians keen on questioning the strength of transatlantic ties, for example, French President Emmanuel Macron. ... The EU has made strides toward energy independence from Russia, although this endeavor remains incomplete. Efforts to reduce economic reliance on China have been less successful. The gap between "strategic autonomy" as a political ideal and its practical application, especially in defense, is profoundly evident.38
Die dringendheid vir strategiese outonomie is deur onlangse geopolitieke gebeure met die oorlog in Oekraïne versterk, wat kwesbaarhede in die EU se afhanklikheid van eksterne bronne vir energie en kritieke bestanddele beklemtoon het. Terwyl strategiese outonomie fokus op selfgenoegsaamheid, erken dit ook die belangrikheid van interafhanklikheid met bondgenote.
Brexit se uitwerking op die EU se buitelandse invloed
Die EU se wêreldwye invloed is onteenseglik deur Brexit verminder. Die VK het die posisie van die EU se primêre militêre mag beklee, wat sy aansienlike diplomatieke netwerk en intelligensievermoëns tot die EU se beskikking gestel het. Die EU se buitelandse beleid maak grootliks staat op diplomasie en internasionale samewerking wat alles deurslaggewend is vir die invloed daarvan op die wêreldtoneel. Die afwesigheid van die VK het hierdie invloed drasties laat taan. Gevolglik het Frankryk die enigste dominante militêre mag in die EU geword. So was Brexit verantwoordelik om die vordering van beduidende militêre vermoëns binne die EU te belemmer. Die uitwerking daarvan op die EU se interaksies met ander prominente state het daartoe gelei dat 'n herstrukturering van die geopolitieke omgewing op verskeie maniere plaasgevind het. Dit is van kardinale belang om die verandering in magsverhoudinge en die aansienlike verlies van 'n belangrike militêre bondgenoot in hierdie spesifieke situasie te erken. Naas Frankryk was die VK een van die EU se primêre militêre magte en sy onttrekking het die EU se gekombineerde militêre mag en vermoë om inligting in te samel, verminder, wat moontlik sy posisie in globale aangeleenthede kan ondermyn. Die VSA het die VK as 'n deurslaggewende tussenganger vir Europa beskou, wat nou gelei het tot 'n meer gefragmenteerde standpunt wat die EU oor globale probleme voorstaan, veral rakende Rusland en globale veiligheidskwessies. Sedert die VK se vertrek was daar 'n sterk dryfkrag om Europese verde-digingsamewerking te versterk en uit te brei. Histories het die VK sy vetoreg uitgeoefen om verdere militêre integrasie binne die EU te voorkom en is voorbehoude ten opsigte van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) uitgespreek. Ná Brexit het die EU gepoog om 'n Europese Verdedigingsfonds tot stand te bring en Permanente Gestruktureerde Samewerking te implementeer wat 'n skuif na verhoogde onafhanklikheid in verdedigingsake aandui.
Die uitwerking van Brexit op globale verhoudings is duidelik sigbaar. Dit het die verhouding tussen die VSA en die VK versterk, met laasgenoemde wat meer afhanklik was van die VSA vir veiligheid en politieke belyning. Die VSA is steeds bekommerd oor die potensiële negatiewe impak van 'n verswakte EU op samewerkende pogings wat daarop gemik is om globale uitdagings aan te pak, soos veiligheidsbedreigings wat deur Rusland en China veroorsaak word. Hierdie tendens dui op 'n skuif na 'n meer tweesydige benadering in die verhoudinge tussen die VK en die VSA, wat dalk nie in lyn is met die wyer belange van Europa nie. As gevolg hiervan het Brexit nie net die interne werking van die EU verander nie, maar ook sy interaksies met toonaangewende wêreldmoondhede beïnvloed wat weer tot 'n meer verdeelde en onvoorspelbare geopolitieke landskap gelei het. Die langtermyngevolge van hierdie veranderinge word steeds gevoel aangesien beide die EU en die VK by hul nuwe posisies op die wêreldtoneel moet aanpas, wat op hul beurt weer verskeie uitdagings in belangrike geostrategiese areas stel.39
The United Kingdom is conceptualised as the bridge between both sides of the Atlantic, and especially between the two organisations on the institutional and operational levels. Since the end of the Second World War, NATO has been its cornerstone for security and defence, but it has nevertheless played an essential part in the development of the EU's structures and capabilities. .The future of this special interorganisational relationship will depend on the future EU-UK relationship and how the EU and NATO will deal with the new circumstances of having another potential obstacle among their member states.40
Die uitwerking van Brexit op die verdedigingsbeleid van die EU
Brexit het beduidende gevolge vir die EU se verdedigingsamewerking geskep wat beide die strategiese vermoëns van die EU en die VK se betrokkenheid by Europese veiligheid beïnvloed het.41 Groter klem word op die versterking van verdedigingsvermoëns en die bevordering van samewerking tussen die oorblywende 27 lidstate geplaas ten einde te vergoed vir die VK se onttrekking aan gesamentlike veiligheidsreëlings. Die VK het 'n aansienlike militêre mag van ongeveer 20% van die EU se verdedigingsvermoëns voorsien. Hierdie verlies is aansienlik vanweë die VK se historiese rol as 'n stoere ondersteuner van militêre ingryping en die besit van groot militêre bates, soos kernkragvermoëns, en 'n permanente setel op die Veiligheidsraad. The Brexit vote in 2016 sounded an alarm in European capitals in terms of security and defence. The ensuing withdrawal of a major (i.e. hard) security actor from the EU was considered a potential fracture in European and Western unity amid mounting security challenges, including wars in the southern and eastern neighbourhoods of the EU.42
In reaksie op Brexit het lidstate van die EU die verbetering en konsolidasie van hul verdedigingsamewerking begin prioritiseer. Inisiatiewe soos Permanente Gestruktureerde Samewerking (PESCO)43 en die Europese Verdedigingsfonds (EDF)44 het momentum gekry wat sterk fokus en klem op gekoördineerde pogings plaas om militêre vermoëns te verbeter en verdedigingsnavorsing te versnel. Sodoende poog die EU om sy strategiese onafhanklikheid te verbeter en sy afhanklikheid van NAVO te verminder, terwyl erken word dat hierdie verdedigingsorganisasie steeds 'n fundamentele rol in Europa se verdediging vervul.45
While NATO has undoubtedly played a crucial role in ensuring European security, its future is uncertain as it faces new challenges and shifting global dynamics.46
Ná Brexit was 'n deeglike herevaluering van die huidige verdedigingsooreenkomste tussen die VK en die lidstate van die EU noodsaaklik. Nou was die VK nie meer betrokke by die besluitnemingsprosesse rakende verdediging in die EU nie. Gevolglik het dit gelei tot 'n verdeling van verdedigingsvermoëns en 'n moontlike vermindering in die doeltreffendheid van gesamentlike optredes. Alhoewel die VK sy aansienlike betrokkenheid by NAVO sal handhaaf, word van die EU verwag om sy samewerking met NAVO te versterk om die leemte wat voortspruit uit die VK se vertrek te vul. Dit kan gesamentlike militêre oefeninge en gekoördineerde strategiese pogings behels. As gevolg van sy beduidende rol in verdediging kon die VK sy fokus verskuif na alternatiewe veiligheidsreëlings soos NAVO en bilaterale ooreenkomste in plaas daarvan om net afhanklik te wees van samewerking met die EU. Hierdie aanpassing word beskou as 'n wyse om ná Brexit 'n groter vlak van onafhanklikheid aan te dui en om die steun van pro-Brexit-kiesers te behou.47
Verdedigingsdiplomasie is tans prominent met die nuwe Arbeidersregering wat hierdie beweging lei. In die lig van die verhoogde bedreiging wat Russiese aggressie vir Europa inhou, streef die VK eerstens na noodsaaklike nuwe bilaterale ooreenkomste met vennote op die vasteland. Starmer het ook sy begeerte uitgespreek om 'n nuwe strategie vir die VK se verhouding met Europa te vestig wat 'n nuwe veiligheidsooreenkoms met die EU insluit.48 Die vennootskapooreenkoms van 19 Mei 2025 is die eerste stap in hierdie rigting.
Met sy staatsbesoek aan die VK in Julie 2025 het President Emmanuel Macron van Frankryk in sy toespraak in die Parlement die twee lande versoek om van Brexit af weg te beweeg en "sy aan sy" saam te werk aan probleme soos migrasie en verdediging, en verklaar dat daar nie toegelaat moet word dat die Kanaal wyer word nie en bygevoeg:
The UK's decision to leave the EU was a decision that we respect, even if we find it deeply regrettable. Over the past few years, our alliance has become stronger. Although Britain was no longer in the EU, it could not stand on the sidelines of Europe.49
By die volgende geleentheid het hy verklaar dat die twee state vir die verdediging van Europa 'n spesiale verantwoordelikheid deel.
The UK and France pledged for the first time to coordinate the use of their nuclear weapons, saying they would jointly respond to protect Europe from any "extreme threat".50
Merz het enkele dae na Macron sy opwagting in Londen gemaak. Met die ondertekeking van 'n verdrag tussen die VK en Duitsland het hy 'n beroep gedoen dat 'n strategiese spil tussen Londen, Parys en Berlyn gevorm moet word om onwettige migrasie aan te pak en verdedigingsamewerking te verdiep.51 Sy voorstel kom daarop neer dat 'n geïntegreerde groep Europese moondhede die vasteland moet lei. Die VK is sedert Brexit daarvan uitgesluit. Nou in die post-Brexit-wêreld beskou Merz die VK as belangrik genoeg om ingesluit te word selfs sonder dat die VK weer by die EU hoef aan te sluit. Merz verklaar dan ook dat hy Brexit diep betreur en die VK in die hart van Europa mis.52 Duitsland het reeds vir meer as 60 jaar 'n vriendskapsverdrag met Frankryk in die vorm van die Elysee-verdrag. Nou is daar ook een met die VK wat die eerste omvattende bilaterale verdrag tussen hierdie twee lande is sedert die einde van die Tweede Wereldoorlog. Hierdie verdrag maak voorsiening vir noue samewerking in veiligheids- en wapenaangeleenthede. Starmer het beaam dat hierdie verwikkelinge deel is van sy breër herstelpoging met die EU. In die verlede het Merz reeds die idee geopper dat Frankryk en die VK hul kernsambreel na Duitsland uitbrei.
Op sy beurt streef die EU na strategiese outonomie, naamlik deur programme soos die Europese Intervensie-inisiatief wat deur Frankryk gelei word. Dit het die potensiaal om 'n bykomende veiligheidsraamwerk daar te stel wat sy verhouding met NAVO mag bemoeilik. Potensiële probleme kan ontstaan as die verdedigingstrategieë van die EU afwyk van NAVO se doelstellings. Ten spyte van hierdie probleme werk NAVO en die EU saam om hul vennootskap op ander terreine te versterk, soos hibriede bedreigings, militêre mobiliteit en kuberverdediging. Die deurlopende samewerking is van kardinale belang vir die aanpak van gemeenskaplike veiligheidskwessies, veral met inagneming van die toenemende geopolitieke druk wat nie beperk is tot Europa of NAVO se verantwoordelikheidsfeer nie. NAVO bly deurslaggewend in die beïnvloeding van die EU se buitelandse beleidslandskap ná Brexit en dien as 'n noodsaaklike platform vir veiligheidsamewerking tussen die VK en die EU.
Die dinamiese veiligheidsomgewing, veral met inagneming van die risiko's wat Rusland en ander geopolitieke veranderinge inhou, sal na verwagting 'n blywende invloed hê op die veiligheidstrategie van die EU. In toekomstige jare sal die rigting van Europese veiligheidsbeleid na verwagting verder beïnvloed word deur komende verwikkelinge, soos die EU se strategiese kompas en nuwe politieke leierskap in lidstate. Die EU se veiligheidsplan ná Brexit prioritiseer strategiese onafhanklikheid en samewerkende verdedigingspogings terwyl die ingewikkeldheid van sy interaksies met die VK en ander groot globale rolspelers bestuur word. Die waarneming van Balfour is veral hier van toepassing:
The world is undergoing systemic change, with power shifting away from the West, a fragmenting globalization is bringing conflict into international relations, and international institutions and rules being overshadowed by a resurgence of state power. These shifts have as much to do with economics as with security - in fact, there is a new conflation of economic and security dynamics.53
'n Omvattende analise van kommentare oor die VK se buitelandse beleid ná Brexit toon die volgende:
First, the clear consensus among the sources considered is that the world has changed drastically since the referendum in 2016, and not in the UK's favour. The rise of great power competition, protectionism, and unilateralism is unlikely to promote the rise of an independent, "swashbuckling" Global Britain. Second, a considerable number of the sources analysed take issue with what they identify as a neo-imperialist strain in post-Brexit British foreign policy, which they argue is misplaced due to the UK's increasingly limited ability to project power globally.54
Die uitwerking van Brexit op die bestuur van die EU
Die politieke ewewig tussen instellings in die EU is aansienlik deur Brexit beïnvloed. Op sy beurt is die interaksies tussen lidstate en die werking van die bestuur van die EU geraak. Daarbenewens het dit tot 'n beskeie dog beduidende toename in die politieke invloed van die Europese Kommissie gelei. Ná die VK se vertrek het die Kommissie meer buigsaamheid in sy interaksies met ander instellings getoon aangesien die VK voorheen as 'n kontrolemeganisme van die Kommissie se invloed gedien het. Verder is die stemprosedures binne die Raad van die EU verander. Tans het belangrike lidstate groter aandeel in seggenskap in die algehele balans oor instellings, terwyl kleineres weer oor meer mag in die EP beskik. So het die potensiaal om 'n herstrukturering van alliansies en koalisies binne die Raad en Parlement ontstaan. Sonder die VK se teenwoordigheid het lidstate soos byvoorbeeld Italië en Spanje die geleentheid om meer invloed in die besluitnemingsprosesse van die EU te verkry. Dit lyk waarskynlik dat die langdurige oorheersing van die alliansie tussen Duitsland en Frankryk sal voortduur, wat 'n aanduiding daarvan is dat alhoewel nuwe dinamika wel ontstaan die onderliggende magstruk-ture waarskynlik nie noemenswaardige veranderinge sal ondergaan nie. Die uittrede van 'n sleutel-lidstaat wek kommer oor die EU se vermoë om 'n samehangende standpunt oor globale aangeleenthede te bepaal en te implementeer.
The big question - whether Brexit would pose an existential risk to the EU - may, not least, depend on the answers the Union finds to its current crises - stabilizing the euro, finding a common line in refugee policy, stemming the surge in Euroscepticism - and on its economic recovery.55
Die afwesigheid van die VK se invloed kan pogings tot verdere integrasie tussen die oorblywende lidstate belemmer aangesien individuele state botsende belange prioritiseer. Oor die algemeen beskou, het Brexit die politieke struktuur van die EU fundamenteel verander. Die potensiële gevolge op die lang termyn behels 'n oorgang na meer proteksionistiese maatreëls en die ontstaan van struikelblokke vir wêreldwye invloed van die EU. Deurlopende evaluering sal nodig wees namate die EU ná Brexit by sy nuwe struktuur aanpas.
Spitsberaad tussen die VK en die EU op 19 Mei 2025
Ná sy ontmoeting met Von der Leyen in Oktober 2024 het Starmer begin om sy strategie te beplan vir die herstel van verhoudinge met die EU. Die kernpunt waar rondom hy moes werk, was die rooi lyn dat die VK nie by die EU se twee hoof- ekonomiese strukture ingesluit sal kan word nie, naamlik die enkelmark en die doeane-unie. Dié feit moes bloot aanvaar word.
The mixed messages from Starmer, who wants a bold reset but no violation of his red lines, leave his true long-term intentions unclear. But the wishes of the EU member states are no clearer, beyond a reluctance to spend time and political capital on negotiations that end up going nowhere.56
Gevolglik het Starmer sy fokus op verdediging, migrasie en handel geplaas om daarmee 'n nuwe vennootskap met die EU te bewerkstellig as 'n eerste stap in die herstelproses teen die agtergrond van 'n verklaring oor internasionale knelpunte en ' n gesamentlike verstandhouding oor onderwerpe waaroor in die toekoms onderhandel kan word. Uit eie geledere en die Konserwatiewes, maar ook van Nigel Farage en sy party, (UKReform), is Starmer hewig gekritiseer en met soms sinnelose advies toegegooi. So het baie van sy kritici min hoop gehad dat hy sukses sou behaal.
Eers in die vroeë oggendure van 19 Mei 2025 kon sy hoofonderhandelaar daarin slaag om eenstemmigheid met die EU te bereik oor een van die neteligste onderwerpe, naamlik Europese visvangregte in die gebieds- en viswaters van die VK. Later daardie oggend het Starmer in die teenwoordigheid van Von der Leyen en Antoni Costa, die President van die EU-raad, die ooreenkoms onderteken. Hiermee is 'n nuwe tydvak in die verhouding tussen die EU en die VK ingelui.
Met die aanvang van die beraad het Von der Leyen dit as 'n historiese oomblik beskryf waarmee 'n nuwe hoofstuk in die unieke verhouding beslag gekry het omdat die ooreenkoms die eerste ernstige poging verteenwoordig om die skade wat deur Brexit veroorsaak is, reg te stel ná Johnson se gebrekkige en rampspoedige ooreenkoms laat in 2019. Sy het haar genoegdoening met die ooreenkoms duidelik verwoord:
We are turning a page. We are opening a new chapter in our unique relationship. This is the story of historical and natural partners standing side by side on the global stage, facing the same challenges, pursuing the same objectives, like-minded, sharing the same values. Thus, we are looking for solutions that are beneficial for both our people and standing shoulder by shoulder when it comes to really getting to the solutions. I want to have a look at the Common Understanding, which is basically the roadmap that we have agreed on to follow after this Summit.57
Starmer was vergenoegd en verklaar dat die VK terug op die wêreldtoneel is en dat die VK se grense versterk is. Die spitsberaad in Londen daardie dag is die eerste formele VK-EU-spitsberaad sedert Brexit en word wyd erken as 'n historiese begin in die proses om die verhoudings tussen die VK en die EU te herstel. Beide kante het ooreengekom oor 'n nuwe strategiese vennootskap, wat wegbeweeg van die langdurige spanning en onsekerhede wat hul verhouding gekenmerk het sedert die referendum van 2016 en die VK se formele uittrede in 2020.
Starmer het die nuwe ooreenkoms bereik ná ses maande van intense onderhandelings. Op die beraad het hy op sy beurt beklemtoon dat dit tyd is om vorentoe te kyk en nie meer agtertoe nie; ook om weg te beweeg van die ou, muwwe debatte en politieke gevegte en om met gesonde verstand praktiese oplossings te vind wat in die beste belang van die VK is en dat die VK inderdaad gereed is om met vennote saam te werk as dit beteken dat Britte se lewens kan verbeter. Hy het ook bevestig dat die plan is om weereens die wêreld in die oë te kyk in die groot tradisie van die VK. Vir hom gaan dit om die verhoudings te bou wat die VK saam met die vennote kies wat verkies word om saam in nasionale belang te werk en ooreenkomste te sluit, want dit is wat onafhanklike, soewereine state doen.
Prime Minister sought to bang the drum for his EU reset, citing his three 'driving principles': more jobs, lower costs and enhanced border control. Starmer boasted that his deal ensures 'unprecedented access to the EU market, the best of any country outside of the EU.58
In die beraad se gesamentlike verklaring word klem gelê op gedeelde waardes en 'n verbintenis tot dieper samewerking. Die nuwe Strategiese Vennootskap bou voort op die Brexit-onttrekkingsooreenkoms en die Handels- en Samewerkingsooreenkoms (TCA) wat aan die einde van die VK se teenwoordigheid in die EU gesluit moes word. Die doel is nou om nuwe raamwerke ten volle te implementeer. Die sentrale punt van die vennootskap stel die VK in staat om nouer deel te neem aan Europese verdedigingsinisiatiewe, insluitende 'n groot gesamentlike verkrygings- en beleggingskema. Die stap is veral betekenisvol aangesien Europa groter verdedigingsoutonomie soek te midde van verskuiwende globale prioriteite van die VSA en voortdurende bedreigings deur Rusland. Op die gebied van verdediging lê die ooreenkoms die grondslag vir die VK om uiteindelik 'n groter deel van Europese verde-digingspogings te word, insluitende 'n leningsprogram van EUR 150 miljard vir gesamentlike verkryging en belegging. Daardie plan is grootliks beperk tot EU-lande en uitgesoekte bondgenote, en die VK is gretig om deel te neem met die oog op samewerking en moontlik selfs deelname in operasies ingevolge die EU se Gemeenskaplike Veiligheid- en Verde-digingbeleid.59
The pact also opens the door for the UK to negotiate participation in the EU's €150bn loans-for-arms fund, which would be a win for UK defence industries which create £10bn in annual exports.60
Die beraad se ooreenkoms maak voorsiening vir die verslapping van handelsbeperkings, veral vir voedsel- en drankuitvoere van die VK en die vermindering van roetine-inspeksies op dierlike en plantprodukte.
"A common sanitary and phytosanitary area" means Sir Keir is signing the UK up to dynamic alignment with EU laws without having a say in those laws.61
Dit is opmerklik dat houers van VK-paspoorte weer e-toegang by lughawens in state van die EU sal gebruik, wat reise sal versnel ná die wrywing wat Brexit vir miljoene reisigers meegebring het. 'n Ooreenkoms rakende 'n omstrede verlenging tot 2038 van EU-toegang tot Britse viswtaers is bereik. Dit was 'n punt van politieke twis binne die VK. Nuwe raamwerke vir jeugmobiliteit en samewerking oor onreëlmatige migrasie is gevestig, met die doel om gedeelde demografiese en arbeidsuitdagings aan te pak en mense in die middelpunt van die hernieude verhouding te plaas. Die tydsberekening van die beraad weerspieël 'n erkenning van globale onstabiliteit, met beide kante wat eenheid beklemtoon te midde van dreigemente van Moskou, Beijing en 'n minder voorspelbare VSA. Die ooreenkomste dui op 'n verbintenis tot 'n reëlgebaseerde globale orde en 'n boodskap van Europese solidariteit.
Vir Starmer was die beraad 'n geleentheid om verder as omstrede Brexit-debatte te beweeg en die VK as 'n konstruktiewe Europese vennoot aan te bied. Die ooreenkomste het egter kritiek ontlok van ondersteuners van Brexit, wat aanvoer dat die VK te veel prysgee, veral op gebiede soos visserye. Nogtans bly die EU die VK se grootste handelsvennoot en die nuwe ooreenkomste sal na verwagting help om die afname in handelsvolumes om te keer wat ná Brexit ontstaan het.
Terwyl die beraad oor die algemeen beskou word as 'n belangrike stap vorentoe, merk sommige ontleders op dat die vlak van ambisie, veral in verdedigingsamewerking, nie voldoen aan wat die huidige geopolitieke tydsgewrig vereis nie. Die ooreenkomste vestig meganismes vir dieper samewerking, maar laat ruimte vir verdere vordering indien die politieke wil voortduur. Die geopolitieke sein wat in die ooreenkoms beliggaam word, is dié van 'n verenigde Europese reaksie op globale onstabiliteit en verskuiwende prioriteite van die VSA. Hierdie beraad was 'n lang verwagte en hoopvolle stap in die rigting van die heropbou van 'n konstruktiewe, samewerkende verhouding tussen die twee nuwe vennote. Beide Starmer en Von der Leyen het 'n reeks praktiese veranderinge uiteengesit oor hoe die VK met die EU kan saamwerk, tesame met 'n verbintenis tot gedeelde waardes en die gesamentlike aanpak van globale uitdagings.
But while we celebrate these steps, which are sensible and mutually beneficial, we are clear-eyed: this is not the destination. It is the beginning of a new chapter, a foundation upon which deeper and more meaningful cooperation can be built. We are building momentum, but we must not stop here.62
Dit was allesbehalwe maklik om die ooreenkoms te bereik. Europeërs - en veral kuslande soos Frankryk en België - het daarop aangedring dat die VK-toegang tot die sy viswaters vir meer as 'n paar jaar verleng moes word. Visvang is 'n polities sensitiewe onderwerp. Die VK was huiwerig om daardie stap te neem. Ná samesprekings wat tot die laaste minuut geduur het, het die twee partye ooreengekom dat Europese bote tot 30 Junie 2038 toegang tot die VK se viswaters kry. Dit is nie die onbepaalde verlenging wat sommige in Europa wou hê nie, maar dit is 'n veel langer venster as die vier jaar wat die VK aanvanklik voorgestel het. Verder beklemtoon hierdie ooreenkoms stabiliteit vir alle vissers aan beide kante van die kanaal.
Hoe Starmer verder met sy herstelagenda sal vorder en daarmee sal slaag, sal die tyd moet leer. Allereers sal hy die antagonisme moet besweer wat die leier van die amptelike opposisie, Emini Badenoch, en die ReformUK teenoor hom en die ooreenkomste tentoonstel. Vir hulle is die ooreenkoms onaanvaarbaar en daar is aangedui dat dit ongedaan gemaak sal word wanneer hulle weer aan bewind kom. Starmer is daarvan beskuldig dat hy die voordele ongedaan gemaak het wat die Tories uit Brexit oor soewereiniteit, finansies en beheer oor wetgewing bekom het. Vir Badenoch is die ooreenkoms niks minder as bedrog nie.
Die ooreenkoms is ook vanuit ander oorde bevraagteken en selfs veroordeel. The Economist voorsien nog 'n lang pad vir die herstelproses,63 terwyl die Institute for Government reken dat Starmer nou meer vaag is as wat verwag was.64 Dan was die reaksie van die ondersteuners van Brexit baie kras.
The Labour leader and chief Remainer has been planning for years to take Britain back into the EU's orbit. It has been several years in the making but Sir Keir Starmer finally got his wish this week as he frogmarched Britain into a miserable new era of meddling Brussels rule. With a stroke of a pen, the Labour leader ensured a return to European Union regulations and interference which many hoped had been consigned to the dustbin of history. The grinning Prime Minister proclaimed his new reset deal a "win win."65
Hierdie reaksie bewys dat Brexit nog steeds diep in die Britse politieke bestel gesetel is.
Die ooreenkoms en beraad het getoon dat die VK in die hart van Europa hoort en gedemonstreer wat deur welwillendheid en pragmatisme bereik kan word. Nou is dit tyd vir moed om groter vrae te vra, verouderde aannames uit te daag en te werk aan 'n toekoms waar die VK nie net met Europa saamwerk nie, maar werklik daarmee verbind is. Baie belangrik is die feit dat hierdie twee partye "will tighten their trade and defense relationships, as the two allies pivot toward a post-Brexit future."66
Verder is die verwikkelinge van groot belang teen die agtergrond van spanning wat op verskeie internasionale fronte beleef word en noodwendig geopolitieke en geostrategiese implikasies meebring wat in die pad vorentoe in berekening gebring moet word.
The deal helps Sir Keir put the UK as a trade hub at the heart of a tumultuous international scene, allowing the country to have strong trading relations with all its main allies in what one senior minister described as "a complex jigsaw where all the pieces hate one another".67
Die beraad was 'n geleentheid om 'n gemeenskaplike standpunt te demonstreer in samewerking vir vrede en veiligheid in Europa en om 'n nuwe strategiese vennootskap te vestig. Die VK en die EU deel 'n verantwoordelikheid vir die veiligheid van Europa. Albei se veiligheid is nou verweef en onderling afhanklik van voorspoed. Beide is enersdenkend met gemeenskaplike waardes wat multilaterale en 'n reëlgebaseerde internasionale orde ondersteun; albei is ook betrokke by die bevordering van stabiliteit en voorspoed in ander wêrelddele. In hul gesamentlike verklaring het die leiers van die EU en die VK ook oor die gedeelde uitdaging van onreëlmatige migrasie besin en die noodsaaklikheid beklemtoon om dit met 'n oorkoepelende benadering te benader. Ook om meer te doen om die onderskeie eksterne grense te beveilig terwyl hulle steeds verbind bly om internasionale beskerming te verseker vir diegene wat dit nodig het.
Wat in gedagte gehou moet word, is dat die nuwe ooreenkoms nie Brexit ongedaan maak nie, maar wel wys dat beide partye die strydbyl begrawe het ná jare van pynlike twis en bitterheid. Die beraad verteenwoordig 'n mylpaal in die post-Brexit-betrekkinge en vestig 'n nuwe era van gestruktureerde samewerking in handel, verdediging, sekuriteit en mobiliteit. Dit stuur 'n sterk boodskap van Europese eenheid en pragmatiese vennootskap in 'n tyd van wêreldwye onsekerheid, terwyl dit ook langdurige wrywingspunte probeer bylê. Die ooreen-koms is betekenisvol vir die onmiddellike praktiese impak en potensiaal om toekomstige VK-EU-betrekkinge te vorm en te verstewig. Vir die EU is die ooreenkoms 'n belangrike manier om aan die VSA te bewys dat dit 'n ekonomiese en diplomatieke mag is waarmee rekening gehou moet word. President Trump het Europa met verskeie golwe van tariewe getref en begin nou eers ooreenkomste sluit om die situasie te de-eskaleer. Terwyl die VK reeds 'n voorlopige ooreenkoms met die VSA gesluit het, het die EU beperkte vordering gemaak om een te bereik. Beide die VK en die EU sien 'n behoefte aan groter samewerking in 'n wêreld waar die VSA in 'n minder gewillige ondersteuner van sy tradisionele bondgenote blyk te ontwikkel. Die VK se verdedigingsbedryf kan net baat by insluiting in Europa se pogings om te herbewapen. Europa kan op sy beurt weer baat vind by die VK se militêre vermoëns.
Verder is die verdrae wat Frankryk en Duitsland met die VK gesluit het betekenisvol deurdat hulle dui op die begin van 'n nuwe era van samewerking tussen die VK en lidstate van die EU ten spyte van Brexit.
Slot
Brexit het nie net die VK se verbintenis met die EU verander nie, maar ook beduidende politieke en ideologiese veranderinge binne die EU versnel. Partydinamika, openbare sentiment en beleidsoriëntasies in en tussen lidstate is beïnvloed. Meer en meer beraadslagings oor insti-tusionele hervormings binne die EU vind plaas en daar is gevolge vir die ekonomie van die EU en die globale politieke landskap. Die EU moes noodgedwonge sy langtermyn strategiese benaderinge in sy buitelandse beleid begin prioritiseer om effektief te voldoen aan die gevolglike strategiese leemte wat geskep is deur die afwesigheid van die VK.
Nieteenstaande hierdie probleme bestaan daar wel vooruitsigte vir nuwe moontlikhede van samewerking tussen die VK en die EU. Beide partye het 'n sterk belang om funksionele samewerking rakende veiligheidsaangeleenthede te behou, veral as gevolg van algemene uitdagings wat geopolitieke teëstanders soos Rusland en China stel. Potensiële onderhandelings en samewerking kan in die toekoms ontstaan om hierdie gedeelde veiligheidskwessies die hoof te bied. Alhoewel die EU moet aanpas by die verlies van die VK se militêre vermoëns en invloed, is dit ook in 'n gunstige posisie om sy eie verdedigingsprogramme te verbeter en nuwe geleenthede vir samewerking met die VK te bevorder. Die omvang hiervan sal tot 'n groot mate afhang van die groeiende geopolitieke situasies en die gereedheid van beide partye om deel te neem aan produktiewe samesprekings oor veiligheidskwessies. Die VK se vertrek uit die EU het ook 'n herbeoordeling van sy posisie in terme van Europese veiligheid vereis. Die VK, wat histories 'n belangrike deelnemer aan EU-verdedigingsake was, moes sy nuwe posisie buite die EU bestuur terwyl hy daarna streef om robuuste verdedigingsverbindings te behou. Die Britse regering het sy voorneme oorgedra om samewerking met EU-lede oor veiligheidsaangeleenthede te handhaaf, maar via ander strukture soos NAVO en bilaterale ooreenkomste.
Die EU poog om bande met sleutelvennote te versterk, terwyl afhanklikheid van teen-strydige state verminder word om sodoende 'n proaktiewe eerder as reaktiewe strategie te bevorder. Die EU se benadering tot strategiese outonomie het in geen geringe mate nie toe-geneem ná Brexit. Die EU is nou gretig om met 'n omvattende poging sy rol op die globale verhoog te herdefinieer wat die behoefte aan onafhanklikheid balanseer met die realiteite van interafhanklikheid. Soos die EU voortgaan om komplekse globale uitdagings te bestuur, sal die doeltreffendheid van sy strategiese outonomie afhang van sy vermoë om lidstate te verenig en samehangende beleidsmaatreëls daar te stel, wat die EU se grondliggende waardes van demokrasie en samewerking ondersteun. Alhoewel die EU op 'n positiewe wyse met die VK skakel om eenheid en onafhanklikheid te beveilig en samewerking te soek wanneer doelwitte ooreenstem, moes ook 'n ingewikkelde en onsekere globale situasie ná Brexit hanteer word.
Die verkiesing van Starmer se Arbeidsregering in Julie 2024 het optimisme gegenereer vir die herkalibrering van die VK se verhoudinge met die EU ná nege jaar van spanning en wantroue wat Brexit gevoed het. Alhoewel hy die moontlikheid dat die VK weer by die EU sal aansluit, of by die enkelmark betrokke sal raak, uitsluit, verbind hy die VK daartoe om betrekkinge met die EU en sy Europese bondgenote te verbeter en verhoudinge te hervestig. Binne 72 uur ná sy ampsaanvaarding het Starmer reeds konsepomlynings vir sy voornemens bekend gemaak. Kort hierna het hy begin om gesamentlik en individueel met Europese leiers te vergader in sy pogings om betrekkinge met elkeen te benadruk. Aansienlike struikelblokke sal oorkom moet word waarvan die herstel van wederkerige vertroue ná Brexit se omstredenheid beslis een van die belangrikstes sal wees. Om die prioriteite en belange tussen die VK en verskeie lidstate en die EU self te harmoniseer, sal hy moet waak teen wat een van die doodsteke van Brexit was, naamlik om selektiewe voordele op te eis en te probeer bekom. Die heersende globale orde bied potensiaal vir samewerking met die uitdagings wat voorkom met die konflik in Oekraïne, klimaatsverandering en migrasie. Daaruit kom bepaalde vooruitsigte na vore vir verbeterde veiligheids- en verdedigingsamewerking. Die hervestiging van betrekkinge sal nie eenvoudig outomaties en vanselfsprekend wees nie, maar geleenthede vir die verbetering van handel en ekonomiese betrekkinge bestaan, asook die wedersydse aspirasie om 'n nuwe hoofstuk te begin en meer produktiewe vennootskappe te kweek. Pragmatisme en welwillendheid kan die VK en die EU se samewerking oor gemeenskaplike belange laat verbeter terwyl hulle hul verskille beheer. Die alternatief om die bestaande spanningsverhouding voort te sit wat Brexit geskep het, sal nie in die beste belang van enige van die twee partye wees nie. Die gevolge van Brexit kan nie ongedaan gemaak word nie. Daarom blyk die strategie van Starmer te wees om daardie gevolge te aanvaar en te poog om hul uitwerking deur middel van ander prosesse te versag.
BIBLIOGRAFIE
Boeke en artikels
Adu, Aletha. 2025. Merz calls for UK, Germany and France to align on migration and defence. The Guardian, 18 July 2025. <https://www.theguardian.com/world/2025/jul/17/merz-calls-for-uk-germany-and-france-to-align-on-migration-and-defence> [ Links ]
Baudenbacher, Carl. 2021. The ECJ used to be a neutral court for the UK - it no longer is. London School of Economics LSE Blog, 9 Maart 2021. <https://blogs.lse.ac.uk/brexit/2021/03/09/the-ecj-didnt-used-to-be-a-foreign-court-it-is-one-now/> [ Links ]
Balfour, Rosa. 2024. An Obituary for EU Foreign Policy. Strategic Europe, 3 September 2024. <https://carnegieendowment.org/europe/strategic-europe/2024/09/an-obituary-for-eu-foreign-policy?lang=en> [ Links ]
Bland, Archie. 2024. Why the far right's success in German state elections can't be written off as a local phenomenon anymore. The Guardian, 3 September 2024. <https://www.inkl.com/news/tuesday-briefing-why-the-far-right-s-success-in-german-state-elections-can-t-be-written-off-as-a-local-phenomenon-any-more> [ Links ]
Buigut, Steven & Kapar, Burcu. 2023. How did Brexit impact EU trade? Evidence from real data. The World Economy. 46(6) 1566-1581. <https://doi.org/10.1111/twec.134119> [ Links ]
Brown, Martyn. 2025. Real reason why Keir Starmer committed his most brazen act of Brexit betrayal yet. Express, 24 May 2025. <https://www.express.co.uk/news/politics/2059444/real-reason-why-keir-starmer> [ Links ]
Corbett, Richard. 2024. What should Labour aim for in Europe? Social Europe, 3 September 2024. <https://www.socialeurope.eu/what-should-labour-aim-for-in-europe> [ Links ]
Devlin, Kate & Mitchell, Archie. 2025. I deplore Brexit, says German chancellor, as he signs treaty with Starmer. Independent. 18 July 2025.<https://www.independent.co.uk/news/uk/politics/brexit-eu-uk-germany-starmer-merz-treaty-b2790997.html?lid=pzq1jln4o4yo&utm_medium=email&utm_source=braze&utm_campaign=Brexit%20and%20Beyond%20Newsletter%2023-07-2025&utm_term=IND_Brexit_Beyond_Newsletter&empar=dbf4eeda8594d333495f51eebdc73b67e03ef4e9cbd64fbf8dd7c8788d3dd43a> [ Links ]
Eksteen, Riaan. 2020. The Importance of the European Court of Justice. (Chapter included in Conflict & Peace In International Politics: Issues, Actors and Approaches. Edited by Kenar, N & Shaw, I. London: IJOPEC Publication. ISBN 978-1-913809-10-2. [ Links ]
European Movement. 2025. The key outcomes from this week's UK-EU Summit. <https://www.europeanmovement.co.uk/key_outcomes_uk_eu_summit> [ Links ]
Ewers-Peters, Nele Marianne. 2021. Brexit's implications for EU-NATO cooperation: Transatlantic bridge no more? The British Journal ofPolitics and International Relations, 23(4) 576-592. <https://joumals.sagepub.com/doi/full/10.1177/1369148120963814> [ Links ]
Fairless, Tom & Norman, Laurence. 2024. Europe Grasps for Ways to Stop the Migrant Surge. The Wall Street Journal, 25 September 2024. <https://www.wsj.com/world/europe/europe-grasps-for-ways-to-stop-the-migrant-surge-5457bc03?mod=WhatsApp> [ Links ]
Foster, Peter; Fleming, Sam & Speed, Madeleine. 2025. What the post-Brexit reset deal means for the UK. Financial Times, 19 Mei 2025. <https://www.europeanmovement.co.uk/key_outcomes_uk_eu_summit> [ Links ]
Ghulam, Mustafa; Mazhar, Hussain & Adnan, Aslam. 2020. Political and Economic Impacts of Brexit on UK. Review ofPolitics and Public Policy in Emerging Economies, 2(1),1-12. <https://core.ac.uk/download/pdf/328143427.pdf#:~:text=Recommended%20citation:%20Mustafa,%20G.,%20Hussain,%20M> [ Links ]
Heale, James. 2025. Starmer's EU 'reset' risks pleasing no one. The Spectator, 19 May 2025.<https://www.spectator.co.uk/article/starmers-eu-reset-risks-pleasing-no-one/> [ Links ]
Heyuan, Angela. 2024. NATO at a Crossroads: Balancing European Security with US Strategic Ambitions. TI Observer: Thule Institute, 47, 35-47. <http://www.taiheinstitute.org/UpLoadFile/files/2024/9/1/328565767435b047-6.pdf> [ Links ]
Hogarth, Raphael. 2017. Dispute Resolution after Brexit. Institute for Government. 7 October 2017. <https://blogs.lse.ac.uk/brexit/2021/03/09/the-ecj-didnt-used-to-be-a-foreign-court-it-is-one-now/> [ Links ]
Jokela, Juha. 2020. Strong together? The impact of Brexit on security and defence cooperation. European Policy Centre, 113-117. <https://www.epc.eu/content/PDF/2020/14_Strong_together.pdf> [ Links ]
Kellner, Peter. 2025. The Moment of Truth for a UK-EU Reset. Carnegie Europe, 14 May 2025. <https://camegieendowment.org/posts/2025/05/the-moment-of-truth-for-a-uk-eu-reset?lang=en> [ Links ]
Kempe, Frederich. 2021. Boris Johnson transforms 'Global Britain' slogan into an inspiring strategic plan. Atlantic Council, 21 March 2021. <https://www.atlanticcouncil.org/content-series/inflection-points/boris-johnson-transforms-global-britain-slogan-into-an-inspiring-strategic-plan/> [ Links ]
Kowal, Pawel. 2024. A Central European perspective on EU strategic autonomy. Geopolitical Intelligence Services, 21 March 2024. <https://www.gisreportsonline.com/r/strategic-autonomy-2/> [ Links ]
Lehne, Stefan. 2021(a). Rivals or Partners? The EU-UK Foreign Policy Relationship After Brexit. Policy Commons, 30 March 2021. <https://policycommons.net/artifacts/1453311/rivals-or-partners-the-eu-uk-foreign-policy-relationship-after-brexit/2085166/> [ Links ]
Lehne, Stefan. 2024(b). The EU's Crisis of Confidence, Strategic Europe, 1 October 2024. <https://camegieendowment.org/europe/strategic-europe/2024/10/the-eus-crisis-of-confidence?lang=en> [ Links ]
Maddox, David. 2025. Starmer's Brexit reset deal 'turns page' on relations with EU, Independent, 19 May 2025. <https://www.msn.com/en-gb/news/uknews/starmer-s-brexit-reset-deal-tums-page-on-relations-with-eu/ar-AA1F47K5?ocid=BingNewsSerp> [ Links ]
Martill, Benjamin & Mesarovich, Alexander. 2024. Foreign Policy as Compensation: Why Brexit Became a Foreign and Security Policy Issue. International Studies Quarterly, 68(2) 1-12. <https://doi.org/10.1093/isq/sqae014> [ Links ]
Odermatt, Jed. 2022. The Court of Justice of the European Union and International Dispute Settlement: Conflict, Cooperation and Coexistence. Cambridge Yearbook of European Legal Studies. 24(88-110). <doi:10.1017/cel.2022.9> [ Links ]
Rutter, Jill. 2025. Keir Starmer's UK-EU reset: bigger but more vague than predicted. Institute for Government. 19 May 2025. <https://www.instituteforgovemment.org.uk/comment/keir-starmers-uk-eu-reset> [ Links ]
Rutter, Jill & White, Hannah. 2024. Starmer is wrong not to have a dedicated Commons committee to scrutinise the UK-EU relationship. Institute for Government. 3 September 2024. <https://www.instituteforgovernment.org.uk/comment/starmer-commons-committee-scrutinise-uk-eu-relationship> [ Links ]
Sampson, Thomas. 2017. Brexit: The Economics of International Disintegration. Journal of Economic Perspectives. 31(4) 163-184. <https://doi.org/10.1257/jep.31.4.163 doi=10.1257/jep.31.4.163> [ Links ]
Security and Defence Partnership between the European Union and the United Kingdom of Great Britain and Northern Ireland, signed in London, 19 May 2025. <https://www.consilium.europa.eu/media/3w3hhlxz/eu-uk-summit_sdp.pdf>
Smialek, Jeanna. 2025. E.U. and U.K. Strike a Deal: "What to Know. The New York Times, 19 May 2025. <https://www.nytimes.com/2025/05/19/world/europe/uk-eu-summit-starmer.html> [ Links ]
Sparrow, Andrew. 2025. Merz says he 'deplores deeply' UK's decision to leave EU after signing UK-Germany treaty - as it happened. The Guardian, 17 July 2025. <https://www.theguardian.com/politics/live/2025/jul/17/keir-starmer-labour-rebels-friedrich-merz-germany-kemi-badenoch-conservatives-reform-nigel-farage-uk-politics-live-news> [ Links ]
Starmer, Keir & Harris, Simon. 2024. 'We are friends': Taoiseach and British prime minister on Anglo-Irish ties. Irish Times, 7 September 2024. <https://www.irishtimes.com/politics/2024/09/07/we-are-friends-taoiseach-and-british-prime-minister-on-anglo-irish-ties/> [ Links ]
Statement by President von der Leyen at the joint press conference with President Costa and UK Prime Minister Starmer following the EU-UK European Commission, 19 May 2025. <https://europa.eu/newsroom/ecpc-failover/pdf/statement-25-1271_en.pdf>
The impacts of Brexit on the security and the defence industry in the European Union and the United Kingdom. Warsaw Institute, 21 April 2020. <https://warsawinstitute.org/impacts-brexit-security-defence-industry-european-union-united-kingdom/> [ Links ]
Von Ondarza, Nicolai. 2024. The UK and the EU: New Opportunities, Old Obstacles. Stiftung Wissenschaft und Politik, 5 July 2024. <https://www.swp-berlin.org/10.18449/2024C27/> [ Links ]
Webber, Esther. 2024. Britain and France plan new military agreement. Politico, 17 September 2024. <https://www.politico.eu/article/britain-labour-govemment-france-plan-new-military-agreement-defense-secretary-john-healey/?utm_source=email&utm_medium=alert&utm_campaign=Britain%20and%20France%20plan%20new%20military%20agreement> [ Links ]
Who's afraid of the ECJ?: Charting the UK's relationship with the European Court. Institute for Government. 7 December 2017. <https://www.instituteforgovemment.org.uk/publication/report/whos-afraid-ecj> [ Links ]
Wilkins, Thomas. 2024. 'Tilting' the balance? An evaluation of Britain's strategic approach to the Indo-Pacific. International Political Science Review, 45(5), 658-668. <https://doi.org/10.1177/01925121231195605> [ Links ]
Wright, Nicholas. 2017. Brexit & the re-making of British foreign policy. UCL European Institute, Working Paper, December 2017. <https://discovery.ucl.ac.uk/id/eprint/10082216/1/WP_Wright_ForeignPolicy.pdf> [ Links ]
Wu, Yuze. 2023. Brexit's impact on European integration. Highlights in Business, Economics and Management PGMEE. 17, 21-27. <https://drpress.org/ojs/index.php/HBEM/issue/view/PGMEE2023> <https://doi.org/10.54097/hbem.v17i.11019> [ Links ]
Zerka, Pawel. 2024. Welcome to Barbieland: European sentiment in the year of wars and elections. European Council on Foreign Relations (ECFR): Policy Brief, 25 September 2024. <https://ecfr.eu/publication/welcome-to-barbieland-european-sentiment-in-the-year-of-wars-and-elections/> [ Links ]
Ander bronne
British Foreign Policy Post-Brexit: Pursuing a New Role for 'Global Britain'? LSE. <https://www.lse.ac.uk/intemational-relations/centres-and-units/efpu/one> [ Links ]
European Commission. 2024 (a). EDF - Developing tomorrow's defence capabilities. <https://defence-industry-space.ec.europa.eu/eu-defence-industry/european-defence-fund-edf-official-webpage-european-commission_en> [ Links ]
European Commission. 2024 (b). 30 years of the European single market: Introduction. EC Library Guides. 4 September 2024. <https://ec-europa-eu.libguides.com/SingleMarket> [ Links ]
European Council. 2025. Press Release, "Remarks by President Antonio Costa at the joint press conference following the EU-UK summit in London," 19 May 2025. <https://www.consilium.europa.eu/en/press/press-releases/2025/05/19/remarks-by-president-antonio-costa-at-the-joint-press-conference-following-the-eu-uk-summit-in-london/#:~:text=At%20the%20joint%20press%20conference%2C%20European%20Council%20President,bilateral%20agenda%20for%20deeper%20cooperation%20on%20several%20areas> [ Links ]
Starmer's European Project: Why Britain Keeps Gambling on Germany. These Times, 3 September 2024. <https://unherd.com/watch-listen/starmers-european-project-why-britain-keeps-gambling-on-germany/> [ Links ]
The Comprehensive Economic and Trade Agreement (CETA) between the European Union and Canada. 2017. <https://eur-lex.europa.eu/legal-content/EN/TXT/PDF/?uri=CELEX:22017A0114(01)>
The UK-EU deal is just a start. The Economist. 19 May 2025. <https://www.economist.com/britain/2025/05/19/the-uk-eu-deal-is-just-a-start> <https://www.theyworkforyou.com/wms/?id=2024-07-24.hcws19.h> [ Links ]
Ontvang: 2024-12-29
Goedgekeur: 2025-07-23
Gepubliseer: September 2025
1 Die Verdrag van Lissabon wat op 1 Desember 2009 in werking getree het, het die institusionele en regstruktuur van die EU omvattend hervorm. Dit het nie net die wyse verander waarop die EU bestuur word nie, maar het ook meer mag aan die EG verleen om EU-wetgewing te interpreteer, toe te pas en om te verseker dat fundamentele regte gerespekteer word.
2 Eksteen (2019b).
3 Eksteen (2020b).
4 Who's afraid of the ECJ? (2017).
5 Hogarth (2017:2).
6 European Commission (2024).
7 Sampson (2017:166).
8 Eksteen (2019c).
9 Eksteen (2019c).
10 Dickson & Ariès (2017).
11 Baudenbacher (2021).
12 De Mars (2020).
13 The Comprehensive Economic and Trade Agreement (CETA) between the European Union and Canada. (2017).
14 Odermatt (2022).
15 Wilkins (2024).
16 <https://www.theyworkforyou.com/wms/?id=2024-07-24.hcws19.h>
17 <https://www.theyworkforyou.com/wms/?id=2024-07-24.hcws19.h>
18 Rutter & White (2024).
19 Corbett.
20 Starmer & Harris (2024).
21 Ibid.
22 Buigut & Kapar (2023).
23 Ibid.
24 Bounds.
25 Wu (2023).
26 Ibid.
27 Balfour (2024).
28 Starmer's European Project (2024).
29 Bland (2024).
30 Fairless & Norman (2024).
31 Lehne (2024b)
32 Zerka (2024).
33 Lehne (2021a).
34 Johnson het die konsep "Global Britain" geformuleer as 'n belangrike aspek van sy buitelandse beleid in sy ampstermyn as minister van buitelandse sake. Hierdie inisiatief het ontstaan in reaksie op die VK se uittrede uit die EU om die land se globale rol te herdefinieer en die VK se teenwoordigheid op die wereldtoneel ná Brexit te vestig. Dit is ontwerp as deel van die omvattende strategie om die verwikkeldheid van die post-Brexit-omgewing te benader en is vervat in die dokument getiteld "The Integrated Review of Security, Defence, Development, and Foreign Policy." Hierin word die VK se strewe uiteengesit om sy invloed te behou en nuwe internasionale vennootskappe te vestig, veral met betrekking tot handel en diplomasie. Die doel was dus om die samehangende raamwerk vir hierdie visie daar te stel wat die VK se posisie en betrokkenheid op 'n globale skaal sou beklemtoon en bevestig. Kempe (2021).
35 Von Ondarza.
36 Wright (2017).
37 Ghulam, Mazhar & Adnan (2024).
38 Kowal (2024).
39 Hayes (2024).
40 Ewers-Peters (2021).
41 The impacts of Brexit on the security and the defence industry in the European Union and the United Kingdom (2020).
42 Jokela (2020).
43 Die program is in 2017 begin om samewerking tussen lidstate en koördinasie van hulle verde-digingsprojekte te fasiliteer sodat militêre vermoëns en operasionele gereedheid verbeter kan word.
44 Hierdie fonds is noodsaaklik vir die EU se gemeenskaplike veiligheids- en verdedigingsbeleid wat ontwerp is om nasionale belegging in verdedigingsnavorsing te sinchroniseer en te verbeter, die mededingendheid van die Europese verdedigingsektor te bevorder en samewerking tussen nasionale gewapende magte te verbeter.
45 NAVO vorm die hoeksteen van Europese veiligheid. Dit het in 1949 tot stand gekom in reaksie op die Sowjet-bedreiging tydens die Koue Oorlog om te verseker dat Wes-Europa vry van Sowjet-oorheersing sou bly. Ná die ineenstorting van die Sowjetunie in 1991 het NAVO egter nie ontbind nie, maar eerder uitgebrei. Lidmaatskap tel nou 32 en dit word beskou as 'n koöperatiewe verdedigingsinstelling.
46 Heyuan (2024).
47 Martill & Mesarovich (2024).
48 Webber (2024).
49 Sheppard & Parker (2025).
50 Sheppard (2025).
51 Adu (20125).
52 Sparrow (2025) en Devlin & Mitchell (2025).
53 Balfour.
54 British Foreign Policy Post-Brexit.
55 Patel & Reh (Ongedateerd).
56 Kellner (2025).
57 Statement by President von der Leyen (2025).
58 Heale (2025).
59 Smialek (2025).
60 Foster (2025).
61 Heale.
62 European Movement (2025).
63 The Economist (2025).
64 Rutter (2025).
65 Brown (2025).
66 Smialek.
67 Maddox (2025).

Riaan Eksteen was vir 27 jaar lid van Suid-Afrika se Buitelandse Diens. Hy beklee in daardie tyd verskillende poste en dien in verskillende hoedanighede in die Buitelandse Ministerie. Gedurende 1964-67 is hy in die Namibiese afdeling gemoeid met SA se betrokkenheid in die hofsaak by die Internasionale Geregshof in Den Haag; hy is ook agtereenvolgens hoof van die VN- en Namibiese afdeling (1973-76) en van Beplanning (1981-1983). Hy dien vanaf 19681973 by die SA Ambassade in Washington, DC. Voorts is hy vir 12 jaar ambassadeur by die VN in New York (1976-1981); Namibië (19901991); VN in Genève (1992-1995) en Turkye, insluitende Azerbaidjan, Kirgistan, Oesbekistan en Turkmenistan. Hierdie laaste aanstelling is deur Pres. Mandela gedoen. Hy was ook Direk-teur-generaal van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) van 1983 tot 1988. Hy is die outeur van The Role of the Highest Courts of the United States of America and South Africa, and the European Court of Justice in Foreign Affairs en was besoekende dosent aan die Tashkent State University of Law, Uzbekistan. Hy is lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vanaf Junie 2022. Sy memoires, Beyond Diplomacy, is in Oktober 2022 gepubliseer.
Riaan Eksteen was a member of the South African Foreign Service for 27 years, during which time he held several posts in various capacities within the Foreign Ministry. From 1964-67 he served in the Namibian division, participating in South Africa's court case in the International Court of Justice in The Hague; he also successively held the positions of Head of the UN and Namibian divisions (1973-1976) and Head of Planning (1981-1983). In addition, from 1968-1973, he was stationed at the South African Embassy in Washington, DC; subsequently, he was Ambassador for 12 years at the U.N. New York (1976-1981); Namibia (1990-1991); U.N. Geneva (1992-1995); and Turkey, including Azerbaijan, Kyrgyzstan, Turkmenistan and Uzbekistan (1995-1997). The assignment to Turkey was done by Pres. Mandela. He is also a former Director-General of the South African Broadcasting Corporation (1983-1988). He is the author of The Role of the Highest Courts of the United States of America and South Africa, and the European Court of Justice in Foreign Affairs and was visiting scholar at the Tashkent State University of Law, Uzbekistan. He is a member of the South African Academy for Science and Arts since June 2022. His memoirs, Beyond Diplomacy, was published in October 2022.












