SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.65 número2NP van Wyk Louw (1906-1970)Loyal resistance: Dated or topical? NP van Wyk Louw in conversation with Foucault índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versão On-line ISSN 2224-7912versão impressa ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.65 no.2 Pretoria Jun. 2025

    https://doi.org/10.17159/2224-7912/2025/v65n2a2 

    NAVORSINGS- EN OORSIGARTIKELS / RESEARCH AND REVIEW ARTICLES

     

    'n Ondersoeksambreel vir die benadering tot Afrikaans in die onderwysomgewing

     

    An investigation framework for researching Afrikaans in the education sector

     

     

    Charl WolhuterI; WAM CarstensII

    IAkademie Reformatoriese Opleiding en Studies (AROS), Pretoria, Suid-Afrika. E-pos: charlcwolhuter@gmail.com. ORCID: https://orcid.org/0000-0003-4602-7113
    IINavorsingsfokusarea Tale en literatuur in die SA konteks, Fakulteit Geesteswetenskappe. Noordwes-Universiteit, Potchefsroom, Suid-Afrika. E-pos: wannie.carstens@nwu.ac.za. ORCID: https://orcid.org/0000-0002-3624-1215

     

     


    OPSOMMING

    Onder leiding van die Afrikaanse Taalraad (ATR), in samehang met vennote soos die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON) en ander onderwys- en gemeenskapsgerigte instellings of organisasies, is daar in die loop van 2021 'n nasionale navorsingsprojek oor die stand van Afrikaans van stapel gestuur. Die motivering daarvoor was 'n omvattende Nederlandse projek ("Staat van het Nederlands") oor die stand van Nederlands, waaruit afleidings gemaak kon word oor die stand van sake betreffende verskeie belangrike taaldomeine. Hierdie afleidings kon dan vir beplanningsdoel-eindes gebruik word.
    Die ondersoek kan ook as 'n opvolgprojek van die destydse Voortsettingskomitee (van 'n simposium in September 2003 in Pretoria) se taaloudit oor Afrikaanse taalprojekte, verenigings en energieë in 2004 beskou word. Die 2004-taaloudit het die basis gevorm vir die uiteindelike totstandkoming van 'n liggaam wat die belange van Afrikaans tot 'n verteenwoordigende Afrikaanse stem sou konsolideer. Vir die doel van die Afrikaanse ondersoek is daar besluit om op vyf domeine te konsentreer, te wete Afrikaans in die ekonomie, Afrikaans in die gesondheidsektor, Afrikaans in die regspraak, Afrikaans in die godsdiens en Afrikaans in die onderwyssektor. Die agtergrond vir die keuse van hierdie domeine word in die artikel verskaf en gemotiveer.
    Die doel van hierdie artikel is die toeligting en verduideliking van die proses van die ondersoek na Afrikaans in die onderwyssektor. Die historiese en sosio-politieke konteks wat aanleiding tot die ondersoek gegee het, word geskets. Die keuse van die vyf domeine word gemotiveer. Dan verduidelik die skrywers hoe 52 sleuteltemas, wat ten doel het om 'n navorsingsregister oor Afrikaans in die onderwyssektor te vorm, geïdentifiseer is. Die temas word daarna opgenoem en kortliks toegelig.

    Trefwoorde: Afrikaans, grondwetlike regte, domeine van taalgebruik,, onderwys, opvoedkunde as akademiese vakgebied, onderwyskwaliteit, onderwysleierskap, onderrigtaal, taalbeplanning, taalpolitiek, stand van Afrikaans, vlakke van taalwelstand


    ABSTRACT

    One can readily argue that, at the current point in time, Afrikaans finds itself in an unfavourable demographic, economic and socio-political situation. Close to 30 years after the dawn of the new socio-political dispensation in 1994, the Afrikaanse Taalraad (Afrikaans Language Council) decided to take stock of and assess the current situation of Afrikaans in five key societal domains, namely jurisprudence, organised religion, the economy and employment sector, the health professions and the education sector. The aim of this article is to explain the process of and rationale behind the investigation of Afrikaans in the education sector.
    This project is based on a comprehensive corresponding project regarding Dutch ("Staat van het Nederlands") about the use of Dutch in various domains, the outcomes of which can be used for planning purposes. The rationale is that sound research determines the approach to the implementation of strategies. The outcomes of a 2004project by the Voortsettingskomitee (Continuation Committee of a colloquium on Afrikaans held in September 2003 in Pretoria) on an audit regarding Afrikaans language projects, societies, organisations and initiatives eventually led to the establishment of a structure representing various Afrikaans interest groups.
    The article commences with a discussion of the societal contextual background that gave rise to the plan to lodge the investigation. The historical development of Afrikaans is outlined, and its current situation, demographically and socio-politically, is assessed. The ceaseless stigmatisation and marginalisation of the language, constitutional educational guarantees notwithstanding, are highlighted. Then the selection of the five key domains is motivated. The authors subsequently explain how 52 questions, which should form a research agenda for Afrikaans in the education sector, were identified.
    The 52 questions are organised into the followingfive focus areas: (1) teachers and teacher education; (2) leadership development (this includes both teachers as leaders and principals as school leaders); (3) the importance of education through the medium of the mother tongue, and the supply of such education and education for a multilingual society; (4) preschool education as supply pipeline for school education; and (5) parental guidance regarding parents making a choice with respect to the language of education for their children. It is envisaged that these themes will, to a significant extent, become the research problems of the immediate future of Afrikaans in the education sector in South Africa.
    The next step is to conduct a thorough literature survey and compile a research agenda, including identifying research priorities. What also transpired from this construction and statement of a research framework for Afrikaans in the education sector is that any future research should be inclusive of the entire Afrikaans-speaking community, which constitutes the target of the research. That means the focus cannot be exclusively on White schools. Census statistics and other sources show indisputably that the majority of Afrikaans first language speakers are not located in the population group historically classified as White.
    With the benefit of hindsight, it should also now be acknowledged that when the preparatory work for the construction of this framework was done, organisations such as the Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) were not involved. It is important to involve all organisations in projects and initiatives regarding the empowerment and development of Afrikaans. Afrikaans in all its varieties (and not only Standard Afrikaans) should be included and given space in order to generate the maximum effort to mobilise the entire Afrikaans-speaking community for the empowerment and development of Afrikaans.

    Keywords: Afrikaans, constitutional rights, domains of language usage, education, education as a field of scholarship, education quality, educational leadership, language of teaching and learning, language planning, language politics, state of Afrikaans education, levels of language health


     

     

    1. Inleiding

    Daar kan geredelik aangevoer word dat Afrikaans as taal tans, soos dikwels in sy geskiedenis, hom in vele opsigte in 'n ongunstige, onseker en selfs vyandige onderwysstelsel - sowel as maatskaplike (demografiese, sosio-politieke en ekonomiese) konteks - bevind (Carstens & Raidt, 2019:761-773; Giliomee, 2003, 2014; Hill, 2024; Steyn, 2014). Hier kan maar net gedink word aan die wyse waarop die voorsiening van Afrikaans as taal van onderrig en leer sedert 1994 by die een universiteit na die ander in Suid-Afrika afgeskaal is (sodat dit nie meer 'n formele onderrigtaal aan die betrokke universiteit is nie) en selfs die howe aan die afskaffingsproses meegedoen het, ondanks grondwetlike waarborge tot die teendeel (Giliomee, 2019:317-322; Hill, 2024, 2025; vergelyk ook Currie & De Waal, 2013).

    'n Onlangse voorbeeld van die afskaling van Afrikaans in openbare ruimtes of die funksieverlies van Afrikaans is die afskaling van Afrikaans deur die openbare uitsaaier, die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie, toe die kanaal (SABC 2) waarop Afrikaanse programme uitgesaai is lukraak na 'n ander, minder toeganklike kanaal (SABC 3) verander het (Afrikanerbond 2024).

    Aan die ander kant was omstandighede regdeur die geskiedenis van dié taal nog nooit regtig gunstig nie - nie tydens die begin van die veldtog vir die verheffing en erkenning van Afrikaans as volwaardige taal in die 20ste eeu, regdeur tot die hede (21ste eeu) nie (vergelyk Giliomee et al. 2022; Steyn 1980, 2014). Die konteks rakende die status en gebruik van Afrikaans het sedert die oorgang na die nuwe grondwetlike bedeling in April 1994 in Suid-Afrika beduidend verander: as een van twee amptelike tale (voor 1994) na een van twaalf amptelike tale (ná 1994), en 'n nuwe politieke magsbalans, wat nie meer so gunstig vir die taal as dié van die vóór-1994-era is nie. Dit het uiteraard 'n impak op die gebruiks- en toekomspotensiaal van die taal in Suid-Afrika.

    Ten einde te bepaal in welke mate Afrikaans steeds in die Suid-Afrikaanse konteks gebruik word en wat die mening van sprekers ten opsigte van die stand en toekoms van die taal is -bykans 30 jaar ná die politieke oorgang van 1994 - het die Afrikaanse Taalraad en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, in oorleg met die Afrikaanse Onderwysnetwerk, 'n nasionale navorsingsprojek oor die stand van Afrikaans van stapel gestuur.1 Vyf primêre domeine van die taal is vir hierdie projek geïdentifiseer, te wete Afrikaans in die regspraak, Afrikaans in die godsdienssektor, Afrikaans in die ekonomie en werksomgewing, Afrikaans in die gesondheidsektor en Afrikaans in die onderwyssektor. (In afdeling 2 word gemotiveer waarom daar op hierdie domeine besluit is.)

    Die twee skrywers van hierdie artikel is die taak opgelê om die uitkoms van die aanvanklike ondersoek (wat hier onder toegelig word) rakende Afrikaans in die onderwyssektor te evalueer. Aan die hand van hierdie ondersoek moes hulle ook 'n navorsingsagenda identifiseer met die oog op volhoubare navorsing rakende Afrikaans as taal van onderwys in die Suid-Afrikaanse konteks. Hiermee word nie voorgehou dat dit die agenda op hierdie gebied moet wees nie, maar eerder dat dit na afloop van 'n omvattende onderwyspraktyksgedrewe probleemidentifi-seringsproses deur organisasies wat by Afrikaanse onderwys betrokke is2 die unieke probleme kan wees wat die toon op hierdie gebied kan aangee. Dit is ook 'n poging om 'n eerste padkaart vir navorsing hieroor op te stel en moet as sodanig beskou word.

    Die doel van hierdie artikel is om die proses van die ondersoek van Afrikaans in die onderwyssektor te verduidelik. Sodanige verduideliking is om drie redes nodig. Dit is eerstens nodig om wetenskaplike legitimiteit aan die ondersoek te gee. Sodoende word dan bepaal wat onderliggend is aan die benadering wat gevolg gaan word. Tweedens is sodanige opklaring nodig ten einde die navorsers self helderheid en sekerheid te gee oor die aard en omvang van die navorsingsprojek. Dit word in die vooruitsig gestel dat hierdie ondersoek die begin van 'n omvattende langtermynnavorsingsprojek oor Afrikaans in die onderwyssektor sal wees. (Meer agtergrondinligting van die projek word in Bornman et al. [2025) asook Bornman, Steenkamp, Wierenga [2025 in proses] verskaf.)

    In die derde plek is hierdie navorsing nodig om 'n geheelbeeld of ondersoeksambreel aan toekomstige navorsers te verskaf om navorsing oor aspekte van Afrikaans in die onderwyssektor te onderneem. Sodoende word gepoog om na medenavorsers uit te reik om saam die komplekse voorkoms van Afrikaans in die onderwyssektor sistematies en samehangend te ondersoek (vergelyk Potgieter et al. 2013). Daar is reeds in die verlede pogings aangewend om die aard van navorsing in hoër onderwys te bepaal (vergelyk Bitzer & Wilkinson, 2012; Wilkinson & Marais, 2011; Wilkinson & Van Jaarsveldt, 2009). In hierdie bydrae word wel probeer om 'n wyer net te gooi as slegs die hoër onderwys, wat uiteraard ook hier ter sake is en betrek word.

    Die artikel bestaan uit ses afdelings. In die eerste afdeling word die agtergrond wat aanleiding tot die navorsing oor die stand van Afrikaans in sleutelsamelewingsdomeine gegee het, verskaf. In die tweede afdeling word agtergrond oor vorige sodanige ondersoeke en wat dit opgelewer het, gegee. Die identifisering van die vyf domeine word in die derde afdeling gemotiveer en toegelig, terwyl die belangrikheid van die onderwysdomein in die vierde afdeling uitgelig word.

    Die proses waardeur 50 kerntemas oor die situasie van Afrikaans in die onderwyssektor geïdentifiseer is, word in die vyfde afdeling uiteengesit. In die sesde afdeling word die geïdentifiseerde 50 temas wat ten opsigte van Afrikaans in die onderwyssektor gestel word - tans nog net genoem, maar nie bespreek nie - opgenoem en kortliks toegelig.

     

    2. Agtergrond: Wat aanleiding gegee het tot die navorsing oor die situasie van Afrikaans in sleuteldomeine

    "Afrikaans is 'n bedreigde taal, maar gelukkig nie 'n sterwende taal nie" (Hugo 2025)

    Afrikaans is nie 'n klein taal nie, en nog te meer, die getal Afrikaans-eerstetaalsprekers is tans selfs op 'n opwaartse groeikurwe. Navorsing in 2022 deur die Afrikaanse Taalraad en Solidariteit se Navorsingsinstituut gedoen, het bevind dat die getal Afrikaans-eerstetaalsprekers toegeneem het van 6 855 930 in 2011, tot 6 989 786 in 2016, tot 7 080 042 in 2021, en na verwagting verder behoort te styg tot 7 122 806 in 2031 (Cornelissen, 2022; Mulder & Steenkamp, 2022). Dit gee rede tot optimisme dat daar groei in Afrikaans is, en nie agteruitgang, soos 'n mens sou verwag, nie.

    Afrikaans as taal het 'n relatief kort geskiedenis, ofskoon dit 'n lang voorgeskiedenis het. In 2025 vier Afrikaans weliswaar die eerste eeu van sy amptelike bestaan, maar die taal se geskiedenis strek veel verder as 1925 terug. Dit hou ook verband met gebeure vooraf wat oor baie eeue strek en betrek uiteenlopende rolspelers. Hierdie gebeure word in onder meer Willemse (red.) (2018), Van Rensburg (2018) en Visser (2022) uiteengesit.

    Hoewel Afrikaans ongetwyfeld 'n Hollandse penwortel het, het dit oor eeue, onder die druk en invloed van ander tale uit Europa, Asië en Afrika, en as gevolg van historiese gebeure op die bodem van Afrika, 'n unieke en selfstandige taal, naas Nederlands, geword (vergelyk De Villiers, 1983; Raidt, 1991; Van Rensburg e.a., 1997). Die geskiedenis rakende die herkoms en ontwikkeling van Afrikaans word in talle ander bronne uiteengesit en word derhalwe nie hier verder bespreek nie. Die volgende algemene bronne kan in hierdie verband geraadpleeg word: Pienaar (1943), Scholtz (1980), De Villiers (1983), Steyn (1980, 2014), Raidt (1991), Ponelis (1993, 1997), Van Rensburg e.a. (1997), Conradie en Groenewald (2017), Carstens en Raidt (2017, 2019), Van Rensburg (2018) en Groenewald (2024).

    Die Genootskap van Regte Afrikaners is op 14 Augustus 1875 in die Paarl gestig en het ten doel gehad om die destydse Afrikaanssprekende gemeenskap te mobiliseer met die oog op die ontwikkeling en erkenning van Afrikaans as skryftaal. Die vertaling van die Nederlandse Statenvertaling van die Bybel in die Afrikaanse spreektaal van die tyd was die aanleidende faktor hiertoe. Die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap (BBBG), wat genader is om hiermee hulp te verleen, was nie geneë om "a kind of corrupted Dutch" (soos die spreektaal beskou is) (Pienaar, 1943:111) in druk te bestendig nie, maar het wel sy verteenwoordiger in Suid-Afrika opdrag gegee om die saak te ondersoek.

    Saam met die verteenwoordiger (ds. Morgan) is besluit dat 'n Bybelvertaling gewens was, maar dat die tyd daarvoor nog nie ryp was nie omdat die taal nog nie voldoende in 'n skriftelike vorm bestendig was nie. Die aanvaarding van Afrikaans as algemene (skryf-)taal van die gemeenskap was dus nodig. Een manier om dit bereik was om al hoe meer in Afrikaans te skryf en 'n liggaam te vestig wat die proses kon aanhelp. Die Genootskap van Regte Afrikaners het hierdie rol vervul. Hiermee is 'n proses begin waardeur 'n informele spreektaal binne die loop van slegs 50 jaar erkenning as amptelike taal sou kry.

    Mylpale op hierdie pad het die volgende gebeurtenisse ingesluit: die totstandkoming van 'n Afrikaanse koerant (De Afrikaanse Patriot) in 1876; die publikasie van talle vroeëre Afrikaanse literêre bronne tydens die sogenaamde taalbewegings; die stigting van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in 1909; die erkenning van Afrikaans as 'n taal van onderrig in skole in 1914 en 1917; die parlementêre erkenning van Afrikaans as amptelike landstaal in 1925; en die vertaling van die Bybel in Afrikaans, 'n taak wat in 1933 voltooi is.

    Sedertdien is Afrikaans deeglik gekodifiseer (dit wil sê, dit het 'n eie spellingstelsel, eie woordeboeke is ontwikkel en grammatikaboeke is geskryf), het dit al die funksies van 'n volwaardige taal gekry en sodoende volledig gestandaardiseer geraak. In hierdie proses het Afrikaans in die loop van 50 tot 60 jaar 'n onderwystaal, 'n godsdienstaal, 'n mediataal, 'n taal van die wetenskap en kunste, 'n taal van 'n veelsoortige taalgemeenskap, ensovoorts, geword (vergelyk Carstens & Raidt, 2019:422-518; Steyn, 2014). Hiermee het Afrikaans sy volwaardige plek langs die meer as 7 100 ander tale in die wêreld ingeneem (Ethnologue, 2024).

    In die politieke geskiedenis van hierdie tyd, ná die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika in 1910, word die Nasionale Party (gestig in 1914) as die politieke kampvegter vir die wordende skryf- en gebruikstaal (Afrikaans) beskou. Dié party het in 1948 die regerende party geword en die land tot 'n republiek en uittrede uit die Britse Statebond gelei. Voorts het die Nasionale Party bekend geword vir die implementering van 'n beleid van rigiede en algehele rassesegregasie (apartheid) (vergelyk Beckmann, 2025; Giliomee et al., 2022). In 1953 het die regering 'n onderwysministerie vir die onderwys van swart leerders geskep.

    Die situasie van Afrikaans in die samelewing is versterk deur die bewindsoorname van die Nasionale Party ná die 1948-verkiesing, en Republiekwording in 1961 (wat die bande met Brittanje en die Statebond, dus die hartland van die Engelssprekende wêreld, verswak het). Die Soweto-opstand van 1976, waar die ondeurdagte afdwing van Afrikaans as medium van onderrig in swart skole die vonk verskaf het om burgerlike onrus vir die volgende bykans 20 jaar aan die gang te sit, het Afrikaans as taal in 'n slegte lig geplaas (vergelyk hieroor onder meer Carstens & Raidt, 2019:633-652; Giliomee et al., 2022; L. Pienaar, 2004; Steyn, 2014).

    Dit het naamlik 'n narratief geskep wat vanaf 1976, strykdeur die sosio-politieke onstuimigheid vanaf 1976 tot 1994, en daarna, meegebring het dat Afrikaans as taal (en, by implikasie, die wit Afrikaanssprekende gemeenskap) voorgehou is as 'n simbool van 'n hele reeks interverwante sake, soos ongelykheid in die samelewing, rassisme, kolonialisme, obstruksies teen sosiale mobiliteit en Eurosentrisme teenoor Afrikasentrisme. Dat dit op lang termyn ongetwyfeld 'n negatiewe beeld van Afrikaans as taal en van Afrikaanssprekendes as gemeenskap, in die besonder van wit Afrikaanssprekendes, sou skep, is 'n gegewe.

    Gedurende die onderhandelings tussen 1990 en 1993 vir 'n grondwet vir die nuwe sosio-politieke bedeling (vergelyk Du Plessis, 2010) was dit veral die partye wat die Afrikaans-sprekende gemeenskappe verteenwoordig het wat hulle vir die amptelike erkenning van taalverskeidenheid beywer het. Onder van die ander partye was daar 'n sterk gevoel ten gunste van die erkenning van Engels as enigste amptelike landstaal (Du Plessis, 2010; Giliomee et al., 2022). Uiteindelik verklaar die finale Grondwet (in 1996 aanvaar) in artikel 6(1) dat daar voortaan elf 3 amptelike landstale, waaronder Afrikaans, erken word (Republiek van Suid-Afrika 1996) (Du Plessis, 2010). Soos verwag kon word, sou so 'n veelheid van tale voor vele praktiese probleme te staan kom, onder meer watter tale in skole gebruik word, tot op watter vlak en watter regte taalgemeenskappe rakende hul tale kan opeis. Die woord "tale" kom 27 keer in die Grondwet voor en benewens die amptelike erkenning van die elf tale, word vele regte aan die tale verleen en die regering verpligtinge opgelê om hierdie taalregte te beskerm en die tale te bemagtig, ook op onderwysgebied (Beckmann, 2025; Mkhize & Balfour, 2017).

    Die dilemma is dat die verwagting wat die sogenaamde taalregte, gekoppel aan die gebruik van tale, skep, tot konflik gelei het omdat mense die kwessie op verskillende maniere verstaan het. Taalwaarborge is 'n grys gebied en lei tot onsekerheid oor wat realisties haalbaar is. In welke mate kan byvoorbeeld gewaarborg word dat 'n taal wel aangebied sal kan word sonder om teen ander tale en die gebruikers van dié tale te diskrimineer? Tale, ook Afrikaans, het regte gekry om in spesifieke kontekste, soos skole en staatsinstellings, gebruik te word. Die verwagting dat hierdie regte onbeperk is (dus sonder voorwaardes), is egter onrealisties.

    Dit kan naamlik nie in alle gevalle verwag word dat elke leerder (in die geval van skole) in sy of haar taal onregmatig bevoordeel word bo ander tale in die onderwysomgewing nie. Mense het wel individuele taalregte, teenoor die kollektiewe regte van toegang tot 'n taal. Dit verg derhalwe fyn voetwerk om die "taaltrein" in Suid-Afrika vernuftig by alle potensiële twispunte verby te rangeer, in die besonder waar die Afrikaanse gemeenskap eise aan onderrig in Afrikaans stel, soos in 2022 tot 2024 met die hewige debat rakende die Wysigingswet op Wette op Basiese Onderwys (Bela) (vergelyk Bailey 2025; Beckmann 2025; Le Cordeur 2025).

    In weerwil van die lofwaardige voornemens, en selfs waarborge4 (uit alle oorde, in die besonder van opportunistiese politici), wat uit die Grondwet spruit, is Afrikaans sedert 1994 wel op talle terreine gemarginaliseer, gestigmatiseer en beduidend afgeskaal (vergelyk Carstens & Raidt, 2019:764-792; Giliomee, 2003, 2014; Giliomee et al., 2022:587; Hill, 2024). Hierdie proses is in 'n baie groot mate toe te skryf aan 'n gebrek aan beleidsformulering en implementering aan die kant van die regering, wat 'n vakuum geskep het waarbinne tale stelselmatig op verskeie terreine en in talle funksies afgeskaal is (Carstens, 2021; Beckmann, 2025). Dit het ook Afrikaans se posisie en status as onderrigtaal geraak. Voorts het dit die ruimte vir Engels gelaat om hom as taal van onderrig en breër gebruik in die samelewing te vestig, ook om kosteredes (vergelyk Carstens & Raidt, 2019:764-792; Jansen, 2017:71-77, 82; Krog, 1998).

    Afrikaans het ook op talle terreine, waaronder (maar geensins beperk nie tot) die regspraak, die advertensiewese en die onderwys, sigbaar veld verloor en daar kan sekerlik 'n saak uitgemaak word dat die grondwetlike regte van Afrikaanssprekendes geskend is en steeds geskend word (vergelyk Carstens & Raidt, 2019:764-792; Wolhuter & Van der Walt, 2022:735). Die sprekers van ander tale, soos die Sintu-tale, sou weer met reg kon aanvoer dat húl regte geskend word as Afrikaans bevoordeel word.

    Dit is gevolglik 'n mynveld waarbinne die taaldebat gevoer word, waar eise gestel word, onrealistiese beloftes gemaak word en emosies oor 'n gemeenskap se taal soms kookpunt bereik, oorwegend in die Afrikaanse gemeenskap, soos met die debat rakende die 2024-Belawet (vergelyk Bailey, 2025; Beckmann, 2025; Le Cordeur, 2023a, 2025). In hierdie artikel word, gebaseer op reeds genoemde publikasies, aanvaar dat Afrikaans onder druk is, ook in die onderwysomgewing. Dat Afrikaanse skole jaarliks minder raak en Afrikaans aan universiteite in die land afgeskaal word, is duidelik in die praktyk te sien.

    Die Afrikaanse gemeenskap verwoord sy toorn oor sy taal gereeld in sterk woorde. Soos die onsekerheid en vaagheid oor die taalbedeling, ook die posisie van Afrikaans, in die land toeneem, is daar groot kommer dat die posisie van Afrikaans bedreig word. Dié saak mag deur ander taalgemeenskappe as van mindere belang geag word, maar vir die Afrikaanse taalgemeenskap is dit 'n realiteit, een waarvan die gemeenskap bewus moet wees, bewus moet bly en deurlopend oor ingelig behoort te word. Vandaar die mobiliseringsgedagtes wat gereeld na vore kom uit die hoek van politieke partye, soos die Demokratiese Alliansie (DA) en die Vryheidsfront Plus, asook burgerlike organisasies (soos AfriForum). Dit is om hierdie rede dat die onderwysomgewing in hierdie artikel uitgelig word ten einde te probeer vasstel hoe die situasie rakende Afrikaans op ten minste hierdie gebied (oftewel domein) omgeswaai kan word.

    'n Goeie vertrekpunt vir 'n argument in hierdie verband is om uit te vind hoe dit met die taal gaan.5 Dit gaan hier om die welstand van die taal - gaan dit goed of sleg? Wat is die toekomspotensiaal van die taal? Wat kan die taal se toekoms belemmer of beperk? Voorts gaan dit oor lewenskragtigheid - wat is die lewenskragtigheid (vitaliteit) van die taal?6 Het die taal die potensiaal om voort te bestaan en oorgedra te word na die volgende geslagte? Indien wel, onder welke voorwaardes en in watter kontekste?

    Die kwessie van bedreigde tale is 'n vakgebied in eie reg, en tereg so omdat globalisering 'n impak op die kwyning, oorlewing of groei van 'n taal het. Volgens Canvin en Tucker (2019) het die bedreiging van tale die afgelope 25 jaar toegeneem. Hulle verduidelik dit soos volg:

    (T)he endangerment and even disappearance of languages, partly due to the effects of globalization and other factors, have been a growing concern for the last 25 years. It is generally accepted that the loss of any language reduces the cultural diversity of the world and affects communities by the loss of cultural identity and traditions. The issue of language vitality is a key element in the discussion of language endangerment. (Canvin & Tucker, 2019:2)

    Hier bo is twee benaderings genoem om antwoorde op vrae oor die bedreigdheid van 'n taal te kry. Aan die een kant is daar Fishman (1991) se bekende en veel gebruikte welstandskaal. Hy onderskeie agt vlakke waarop tale gemeet kan word met betrekking tot hul vlak van bedreiging. Aan die ander kant is daar Unesco (2003) se meting van die lewenskragtigheid en bedreigdheid van 'n taal aan die hand van spesifieke kriteria, ook agt. Hierdie kriteria lei tot meting aan die hand van 'n deeglik ontwerpte meetinstrument, 'n skaal om die vlak van ontwrigting empiries te meet. Dit is egter nie die doel van hierdie artikel om hierdie benaderings in besonderhede te ondersoek nie, en daarom word dit net kortliks genoem ter wille van die agtergrond van die argument.

    Beide hierdie benaderings het wel taalbeplanning ten doel - dus, om uit vind wat ten grondslag van 'n taal lê en dan te beplan hoe dit behou of uitgebrei moet word (Du Plessis 2020, 2025). Taalbeplanning is 'n gestruktureerde proses waarin strategieë en beleid ontwikkel en uitgevoer word om 'n taal se status, struktuur, funksies en gebruik in 'n gemeenskap of land te beheer, te bevorder of te hervorm. Die veld van taalbeplanning word nie verder hier betrek nie. Dit is in sigself 'n omvattende ondersoekterrein met eiesoortige teoretiese vertrekpunte, soorte, doelwitte en metodologieë (vergelyk onder meer Abdelhay et al., 2020; Du Plessis, 2025; Kaplan & Baldauf, 1997) wat 'n ondersoeker die apparaat gegee om inligting oor onder meer die taal se welstand en lewenskragtigheid in te win.

    As daar byvoorbeeld 'n vermoede is dat 'n taal se bestaan bedreig word, kan kundiges in 'n taalgemeenskap probeer vasstel wat daartoe lei. Wat is die oorsake van die bedreigde toestand? Die volgende fase is dan om aan die hand van 'n behoorlike ondersoek inligting in te win sodat daar 'n gefundeerde beplanningsbasis is. Aan die hand van die ontleding van die inligting kan probeer bepaal word of en hoe die bedreiging omgekeer of teengewerk kan word en dan 'n plan te ontwikkel wat stap vir stap strategies ontvou om dit moontlik te maak. 'n Gebrek aan tydige beplanning kan 'n groot impak op die langtermynwelstand of -lewenskragtigheid van 'n taal hê omdat dit taalkulturele verlies (van die taalgemeenskap se identiteit en selfs tradisies) kan meebring.

    Soos hier bo genoem, onderskei Fishman (1991) tussen agt vlakke van die welstand van 'n taal. Hierdie agt vlakke word in Tabel 1 uiteengesit.

     

     

    Hoe minder van hierdie vlakke aktief in die taalgemeenskap is, hoe swakker is die welstand van die betrokke taal. Ingryping is dan nodig om die situasie om te keer.

    Unesco (2003) onderskei ook agt kriteria aan die hand waarvan 'n taal se lewenskragtigheid en vlak van bedreiging bepaal kan word. Dit behels die volgende: (1) taaloordrag tussen die generasies; (2) die absolute getal sprekers; (3) die getal sprekers in verhouding met die totale bevolking; (4) neigings in die bestaande taaldomeine; (5) reaksie op nuwe domeine en media; (6) materiaal vir taalonderwys en geletterdheid; (7) die regering en ander instellings se taalhoudings en -beleide; en (8) gemeenskapslede se houding teenoor hul eie taal.

    Mulder en Steenkamp (2022:172) verduidelik dat die kwesbaarheid of bedreigingsvlak van 'n taal in elke konteks bepaal kan word deur elkeen van die faktore aan die hand van erkende kenmerke te ontleed. 'n Bedreigingsvlak van 5 word as sterk positief beskou, en 'n vlak van 1 as sterk negatief. 'n Bedreigingsvlak van 0 beteken dat die taal in die betrokke gemeenskap uitgesterf het. Dit gebeur selde, maar kan nie uitgesluit word nie. Die sprekers van bedreigde tale kan die bogenoemde faktore gebruik om die lewenskragtigheid van hul taal te meet en dan, aan die hand van die uitkomste, strategieë te ontwikkel om die taal te stabiliseer en selfs te herverlewendig.

    Volgens Unesco (2003) word 'n sterk identiteitsgevoel met die taal en die sosio-ekonomiese welstand van die taalgemeenskap as belangrike faktore in die sukses van enige taalherverlewendigingsinisiatief beskou. Die druk waaronder Afrikaans tans is, onder meer meegebring deur gebrekkige optrede van regeringskant oor die deurvoer van die grondwetlike taalbepalings (en deur groot dele van die sakesektor en ander samelewingsektore nagevolg) kan die welstand van Afrikaans op 'n glybaan plaas. Dit verg nie veel verbeelding om te sien dat indien hierdie proses toegelaat word om ongesteurd sy volle loop te neem, die taal tot by vlak 8 in Fishman se taalwelstandskaal kan terugsak nie. Ook ten opsigte van die lewenskragtigheidskaal kan afgelei word wat die vlak van bedreiging van die taal is.

    Die afskaal van Afrikaans - wat voortduur ten spyte van formele uitsprake van regeringskant af dat die regering en die regerende party niks teen Afrikaans het nie - kan gestuit en omgekeer word deur 'n daadwerklike mobilisering deur die inklusiewe Afrikaanssprekende gemeenskap, bedoelende bruin, wit en swart Afrikaanssprekendes. So 'n mobilisering word deur 'n deeglik ontwerpte strategie ondersteun.

    'n Doeltreffende strategie hou in dat volledige inligting en grondige kennis oor die stand van die taal in sleutelsamelewingsektore (domeine) vooraf ingewin word en daar dan aan die hand daarvan 'n plan vir die mobilisering van die beskikbare hulpbronne en die benutting van geleenthede vir die taal ontwikkel word. Dit is ook wat met die groter projek oor die stand van Afrikaans beoog word: die opstel van 'n inligtingsbasis wat gebruik kan word om vir Afrikaans te beplan.

     

    3. Die taalbestekopname van 2004

    Die opname wat in hierdie artikel bespreek word, is voorafgegaan deur pogings om inligting in te win oor wat die stand van Afrikaans op sekere tye was. Dit het dus 'n taalbeplannings-doelwit gehad. 'n Poging hiertoe is al in 1984 aangebied in Prinsloo en Van Rensburg se bundel Afrikaans: Stand, taak, toekoms. Hoofstukke soos die volgende wys op kommer oor wat vorentoe op Afrikaans wag: "Die oorlewing van Afrikaans", "Afrikaans binne meertalige verband", "Afrikaans in Afrika", "Stand van die Afrikaanse taal: tans en in die toekoms", "Gesindhede t.o.v. taal in die onderwys in Suid-Afrika", "'n Kultuurstrategie van Afrikaans", "Die handhawing van Afrikaans", "Afrikaans: die pad vorentoe", "Die toekoms van Afrikaans", "Afrikaans: 'n toekomsblik". Die bydraers tot hierdie boek het, uit hul perspektiewe, beskryf hoe húlle Afrikaans op talle terreine ervaar en wat hulle oordeel die stand van sake op hierdie terreine is. Die plan was om dit as basis vir die beplanning van Afrikaans in die verwagte nuwe politieke bedeling te gebruik.

    Die bekendste opname tot op hede oor die stand van sake in die Afrikaanse taalgemeenskap is die taalbestekopname van 2004 (bekend as die 2004-taaloudit). Hierdie opname is in Desember 2003 deur die destydse Voortsettingskomitee (voorloper van die latere Afrikaanse Taalraad) versoek, aangewys deur die aanwesiges by 'n simposium in Oktober 2003 oor Afrikaans wat 'n groter voetspoor moes hê.7 Die oogmerke met die destydse oudit stem in 'n mate ooreen met die huidige ondersoek na die stand van Afrikaans. Die oudit het gespruit uit 'n inisiatief wat in Maart 2003 afgeskop het toe daar gepoog is om uit die verskillende Afrikaanse organisasies en verenigings 'n oorkoepelende stem vir Afrikaans te vestig. Die agtergrond hiervan word in die volgende bronne bespreek: Prinsloo (red.) 2004, 2006a, 2006b, 2007, 2008a, 2008b), Webb (2010) en Carstens (2012, 2013). In Carstens en Raidt (2019:731-744) word 'n oorsig van die hele proses gegee.

    'n Sterk motivering vir hierdie strewe was 'n poging om, uit 'n versoeningshoek, eenheid in die verskeurde Afrikaanse gemeenskap (weens die nalatenskap van apartheid) te verkry8. Dit was 'n gestelde ideaal, maar het tyd geneem om tot uitvoering te kom. Een van die metodes om die verlangde eenheid te probeer verkry, was om 'n nasionale Afrikaanse beraad (later bekend as die Eerste Nasionale Afrikaanse Beraad) vir Augustus 2004 te organiseer, waar aan die hand van feitelike inligting besin kon word oor die stand van Afrikaans in 2004 (LitNet-Taaldebat 2004). Dit sou slegs moontlik wees om 'n sinvolle gesprek hieroor te voer as 'n mens weet wat wel bestaan en gedoen word. Dit het tot die bestekopname wat onder die leiding van dr. Karel Prinsloo van Afrikaanse taalprojekte, -verenigings en -energieë gedoen is, gelei.9(Vergelyk Prinsloo (red.) 2004.)

    Die ondersoek het tot 'n wetenskaplik ondersteunde projek gelei, waar aan die hand van vraelyste en onderhoude vasgestel is wat werklik die stand van sake rakende Afrikaanse taalprojekte (waarmee organisasies besig is), verenigings (watter instansies hulle vir Afrikaans beywer en ook in welke mate) en energieë (wat gedoen word wat Afrikaans kan baat) is. "Ten einde vas te stel wie doen wat in die georganiseerde Afrikaanse gemeenskapslewe het die Afrikaanse Taalraad in 2003 'n oudit (oftewel 'n bestekopname) gedoen om die nodige inligting te kry sodat dit ons aksies kan rig" (Carstens, 2011).

    Die ondersoek het bevestig dat daar te min geverifieerde inligting was om 'n sinvolle taalbeplanningsinisiatief vir Afrikaans aan te pak en dat so 'n ondersoek besliste meriete het en in wese van kernbelang is ter wille van ingeligte taalbeplanning. Die oudit het as basis gedien vir gesprekke tydens die genoemde beraad en besluite wat tydens die beraad geneem is.

    Die beraad het gelei tot besluite oor daaropvolgende inisiatiewe wat sou volg. Die langtermyndoel was om 'n taalstrategie vir Afrikaans te ontwikkel wat stelselmatig in die belang van Afrikaans in werking gestel kon word. Dit uitkoms van die proses het in Mei 2008 tot die stigting van die Afrikaanse Taalraad gelei, wat, as liggaam, die verantwoordelikheid moes opneem om leiding rakende die posisionering en uitbreiding van Afrikaans in die jare daarna te gee. Een belangrike uitvloeisel hiervan is die Afrikaanse taalstrategie in 2007 (soos vervat in Prinsloo (red.) 2006). Daar is met verloop van tyd ook opvolgstudies gedoen, soos in 2007 oor Afrikaans in munisipaliteite (Prinsloo (red.) 2007) en in 2011 oor Afrikaans in kerkverband (Prinsloo & Schoeman (reds. 2011) om gapings in die eerste oorsigtelike opname te vul.

    Giliomee en Schlemmer (2006) het in dieselfde tyd (2005-2006) in opdrag van die Suid-Afrikaanse Akademie ook 'n ondersoek10 na die stand van Afrikaans as taal van onderrig en navorsing by Suid-Afrikaanse universiteite uitgevoer in die lig van die aandrang om Engels as onderrigtaal te betrek. In die verslag kom 'n belangrike vraag, wat by die huidige studie aansluit, na vore: Is daar vir Afrikaans 'n werkbare, volhoubare toekoms as voer- en onderrigtaal aan Suid-Afrikaanse universiteite teen die problematiek van taalinteraksie en -handhawing in internasionale verband? Met ander woorde, hoe raak die taalpolitieke konteks van die tyd, aangehelp deur internasionale studies, die posisie van Afrikaans in onderrigverband? Dat stappe en aksies in hierdie verband sedertdien nie juis sukses behaal het nie, is duidelik uit die huidige (2024-2025) gebrekkige stand van Afrikaans as taal op universiteitskampusse in Suid-Afrika.

    In hierdie afdeling is kortliks gewys op ondersoeke wat reeds in die verlede rakende die stand van Afrikaans uitgevoer is. Dat dit 'n proses van introspeksie aan die gang gesit het, is ongetwyfeld waar. In hierdie artikel word verslag gedoen oor 'n bepaalde komponent (onderwys) van die ondersoek na die stand van Afrikaans in 2024 tot 2025, bykans 20 jaar ná die onderskeidende taaloudit van 2004. Daar word meer hieroor in die onderstaande afdelings gevind. Die groter ondersoek dek vanselfsprekend 'n wyer veld. In hierdie bydrae word oor slegs een van die komponente van die groter ondersoek verslag gedoen (meer hieroor verderaan).

     

    4. Die identifisering van sleuteldomeine van Afrikaans in die Suid-Afrikaanse samelewing

    In die lig van die agtergrond wat in die voorafgaande afdelings verskaf is, het die Afrikaanse Taalraad besluit om 'n nasionale navorsingsprojek oor die stand van Afrikaans van stapel te stuur. Die navorsingsprojek het ten doel om te bepaal wat die huidige opset rakende die gebruik van besondere kernfunksies (oftewel kerndomeine) van Afrikaans is. Die Afrikaanse Taalraad het hierdie projek in vennootskap met die Afrikaanse Onderwysnetwerk, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, ander onderwysinstansies, soos die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, die Federasie van Skoolbeheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) en Solidariteit Skoleondersteuningsentrum, en kulturele instansies (soos die Afrikaanse Taal-en Kultuurvereniging), onderneem.

    Die vertrekpunt van die navorsingsprojek is Spolsky (2009, 2011, soos verduidelik in Du Plessis 2022) se domeinbenadering. Volgens Du Plessis (2022:283) is daar, afhangende van wat bereik wil word, verskillende soorte taalbeplanningsbenaderings, te wete 'n klassieke, taalbestuurs-, domein- en kritiese benadering. Die verskillende soorte taalbeplanning is nie verder hier ter sake nie, maar wel een van die genoemde benaderings, naamlik die domein-benadering.

    Wat word met "domeinbenadering" bedoel? Elkeen van die soorte taalbeplanning het 'n besondere fokus (Du Plessis, 2022:283 e.v.). Die klassieke benadering is geneig om op die sentrale rol van owerhede en die staat te konsentreer en leemtes in hierdie verband uit te wys. Die domeinbenadering, daarenteen, ondersoek die bestaan van 'n verskeidenheid domeine waaroor taalbesluite geneem moet word. Daar word tussen die toepaslike domeine onderskei op grond van deelnemers, lokalisering en onderwerp (Du Plessis, 2022:289).

    Met "taaldomein" word die spesifieke sosiale of funksionele konteks waarin 'n taal gebruik word, asook deur wie, waar, wanneer en met watter taalvariëteit, bedoel. Du Plessis (2022:289) beskryf taaldomeine as "unieke verskynsels binne die sosiolinguistiese ekologie wat as sodanig elkeen unieke uitdagings bied vir ingryping deur taalbeleid en -beplanning, dit wil sê domeingerigte taalbeleid en -beplanning". Daar moet met ander woorde gerigte beplanning rakende verbetering in vasgestelde domeine wees.

    Spesifieke domeine wat hier ter sake is, is die domein van die huisgesin (gesins- en huis-houdelike omgewing), van onderwys (skole, universiteite en ander opvoedkundige instellings), van ekonomiese aktiwiteit (werkomgewing, sakeondernemings en finansies), van godsdiens (godsdienspraktyke, kerkdienste en toepaslike tekste), van die media (koerante, televisie, radio, sosiale media, e.s.m.), van die regte (regspraktyk, howe, regsdokumente en wette) en van die regering (wette, regulasies en amptelike kommunikasie). Sekere van hierdie domeine is van hoër waarde as ander. So is die onderwysdomein uit 'n taalgemeenskapshoek van hoër waarde as van die ander domeine omdat onderwys die verbindende faktor tussen al die domeine is. Volgens Du Plessis (2022) beïnvloed taaldomeine mekaar wedersyds (hoër domeine laer domeine, en andersom). So gebeur dit byvoorbeeld maklik by migrantegesinne dat die skooldomein (waar die kinders 'n groot deel van die dag deurbring) na die gesinsdomein deurdring en taalverskuiwing teweeg bring. Taalgebruikers pas hul taalgebruik na gelang van die verskillende taaldomeine aan, en dit word op verskeie wyses waargeneem. Du Plessis (2022:289-290) gee soos volg toeligting van hierdie benadering:

    Die domeinbenadering tot taalbeplanning verskuif die soeklig eintlik weg van taalgebruikers en die spraakgemeenskap na funksionele "eenhede" van taalgebruik wat elk unieke taalingrypings vereis. So verskil taalbeplanning binne die familiedomein (watter taal of tale die gesin gebruik, hoe hulle dit verwerf, hoe hulle dit gebruik en teenoor wie) byvoorbeeld van taalbeplanning binne die skooldomein (watter taal die skool gebruik, in watter taal onderrig plaasvind, watter addisionele tale aangeleer word). Nietemin is die ooreenkomste tussen hierdie betrokke twee domeine relatief groter wanneer na taalbeplanning in ander taaldomeine gekyk word, soos byvoorbeeld die geregsdomein, die mediese domein, die regeringsdomein, ensovoorts. Dit is belangrik om hier te begryp dat die verskil in taalgebruik tussen verskillende taaldomeine ook verband kan hou met die verbintenis van spesifieke taalregisters aan spesifieke taaldomeine. So verskil die taalregister van byvoorbeeld die regsdomein sekerlik ingrypend van die taalregister van byvoorbeeld die familiedomein.

    Die grootste wins uit 'n fokus op domeine is dat ondersoekers "bewus word van die unieke eise wat elke domein stel wanneer dit by taalbesluite kom en die uitwerking daarvan op sprekers wat binne verskillende domeine funksioneer" (Du Plessis, 2022:290; eie kursivering). Dit is 'n benadering wat temas stel oor die waarde en tersaaklikheid van 'n intense belangstelling in 'n oorkoepelende taalbeleid en die daaruit voortvloeiende breë taalbeplanning. Die fokus op die stand van sake in geselekteerde domeine dra by tot die identifisering van leemtes in die onderskeie domeine, juis sodat die domeine versterk kan word.

    Sodra die leemtes na afloop van 'n gerigte ondersoek duidelik is, is dit moontlik om aan die hand van die ingewinde inligting behoorlik te beplan om van die leemtes aan te vul sodat die domeine mekaar kan komplementeer en ondersteun. Hoe meer funksionerende en aktiewe domeine 'n taal het, hoe sterker is die taal se lewenskragtigheid en toekomspotensiaal. Die taal se welstand is dan ook beter en sterker. Tale wat in verskeie domeine sterk bly, het 'n hoër vlak van volhoubaarheid. Daarteenoor loop tale met 'n beperkte domeingebruik (bv. slegs in die huisomgewing) 'n groter risiko om te kwyn of selfs te verdwyn.11

    Hierdie benadering tot domeinondersoek is die doel van hierdie bydrae.

    Vir die doel van die ondersoek oor die stand van Afrikaans het die belanghebbendes by die projek besluit dat die aandag vir die eerste fase van die breë ondersoek op die volgende vyf sleuteldomeine rakende die gebruik van Afrikaans in die Suid-Afrikaanse samelewing toegespits sal word:

    Afrikaans in die regspraak

    Afrikaans in die ekonomie (waaronder die werkplek en die media)

    Afrikaans in die georganiseerde onderwys (die wetenskap inkluis)

    Afrikaans in die godsdiens

    Afrikaans in die gesondheidsektor

    Gegewe die koste van 'n omvattende ondersoek wat navorsing oor die gebruik van Afrikaans in alle funksiedomeine (afgesien van die bogenoemde ook Afrikaans as taal van die kunste en kultuur, sport en ontspanning, politiek, die letterkunde, vermaak en ontspanning, tegnologie, wetenskap, ens.) behels, is daar ter wille van die praktiese haalbaarheid van die ondersoek besluit dat die bogenoemde vyf domeine die fokus van die aanvanklike ondersoek sal wees. Dié besluit is geneem omdat hierdie domeine volgens aanduidings die primêre domeine (funksiegebiede) is waar die taal daagliks die meeste in die Afrikaanse leefwêreld gebruik word.

    Mense word naamlik opgelei (skole en tersiêre instellings), mense word siek (besoek dokters, gebruik apteke en maak van maatskaplike dienste gebruik), beleef en beoefen godsdiens (aanbid en behoort aan denominasies), het hulp nodig met regsaspekte (begaan oortredings en dra die gevolge daarvan, besoek howe, is betrokke by onderhoudstoelaes en aktetransaksies, ens.) en verdien 'n inkomste om te kan leef (het 'n werk, doen inkopies in winkels, besit ondernemings, ens.).

    Die hoop is dat hierdeur 'n beeld verkry kan word oor die aktiewe gebruik van Afrikaans in die huidige tydsgewrig en dat 'n basis vir 'n navorsingsprogram gelê kan word ter ondersteuning van pogings om die marginalisering en afskaling van Afrikaans in ten minste hierdie domeine te stuit en selfs om te keer. Finansiële beperkings maak tans nie 'n omvattender ondersoek moontlik nie, alhoewel daar ook gepoog word om enkele kernvrae oor van die ander domeine in te sluit. Dit is wel moontlik dat ander domeine tydens opvolgondersoeke betrek kan word.

    As vertrekpunt vir die Afrikaanse ondersoek word 'n ooreenstemmende ondersoek oor Nederlands gebruik. In Nederland word die stand van Nederlands gereeld ondersoek juis om die (Nederlandse) Taalunie in die uitvoer van sy mandaat te lei. Hierdie ondersoek staan bekend as die "Staat van het Nederlands" (StaatNed). Die ondersoek word elke twee jaar uitgevoer (Taalunie 2017, 2019, 2021). Die eerste een was in 2016 (resultate in 2017 - Rys e.a., 2017), die tweede een in 2019 (resultate in 2020 - Rys e.a., 2020) en die derde een in 2021 (resultate in 2022 - Rys e.a., 2022)) 'n Verdere een word in die vooruitsig gestel.

    Die doel van hierdie ondersoek word op die verklarende webblad12 rakende die projek soos volg verduidelik: (Die kursivering hier onder is ter wille van die beklemtoning van besondere kwessies.)

    ... om het gebruik van Nederlands en andere talen in diverse maatschappelijke situaties in kaart te brengen en op te volgen. Dankzij het onderzoek is het voor het eerst mogelijk om op basis van feiten en gegevens uitspraken te doen en het debat te voeren over de positie van het Nederlands.

    Die aard en omvang van die ondersoek word soos volg beskryf:

    Binnen StaatNed worden mensen bevraagd en feitelijke gegevens verzameld om taalkeuzes in diverse maatschappelijke situaties in beeld te krijgen. Hiervoor is een StaatNed-panel ingesteld, met meer dan 6.000 respondenten uit Nederland en Vlaanderen, en zijn herhaalbare data bij elkaar gebracht.

    Op basis van de resultaten van het onderzoek kan de Taalunie onderbouwde uitspraken doen over de positie van het Nederlands en waar nodig nieuw beleid ontwikkelen om die verder te ondersteunen. Meer inzicht in de taalkeuzes van mensen kan de overheden ook handvatten bieden voor nieuw beleid op belangrijke maatschappelijke terreinen als onderwijs, arbeid, welzijn en participatie.

    Asook:

    Op basis van de uitkomsten van het onderzoek naar de Staat van het Nederlands kan de Taalunie wetenschappelijk onderbouwde uitspraken doen over het gebruik van Nederlands en andere talen binnen onze samenleving. Zo kan ze ontwikkelingen in het talengebruik van mensen opvolgen en bekijken waar eventueel nieuw beleid nodig is om de positie van het Nederlands te behouden of te verstevigen.

    Hierdie uitgangspunte geld ook vir Afrikaans, naamlik dat aan die hand van 'n wetenskaplik gefundeerde ondersoek (gebaseer op 'n geldige metodologiese vertrekpunt) vasgestel word wat die stand van die gebruik van Afrikaans in die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse taal-gemeenskap is. Die uitkomste van die ondersoek word vervolgens aangewend om beleidsriglyne vir Afrikaanse organisasies te ontwikkel waarvolgens vir Afrikaans beplan en strategieë ontwikkel kan word ten einde 'n volhoubare toekoms aan Afrikaans te gee.

    In die res van hierdie bydrae word net op een domein gefokus, te wete die onderwysdomein.

    Dit word hier onder verder toegelig.

     

    5. Afrikaans in die Onderwys

    Die uitbreidende voortbestaan van Afrikaans as gebruikstaal hang in 'n beduidende mate af van die wyse waarop die Afrikaanse onderwysvoorsiening, in Afrikaans, in die onderwysbehoeftes van die inklusiewe Afrikaanse gemeenskap voorsien. Om vordering te maak en sy posisie in onder meer die hiërargie van Fishman (hier bo verduidelik) te handhaaf, is die verskansing van Afrikaans in onderwysvoorsiening 'n voorvereiste.

    Die onderwysvoorsiening wat hier ter sprake is, is onderwys op pre-primêre, primêre, sekondêre en tersiêre onderwysvlakke. Voorts het dit te make met onderwysvoorsiening soos dit op 'n beplande en gestruktureerde wyse afgelewer word binne sowel as buite die nasionale onderwysstelsel in die verskillende mini-onderwys- en mini-opleidingstelsels, as vergestalting van privaat voorsiende onderwys, wat reeds op verskeie vlakke in Suid-Afrika beskikbaar is.

    Ten einde onderwysvoorsieners in staat te stel om op 'n haalbare en volhoubare wyse in die unieke onderwysbehoeftes van die Afrikaanse gemeenskap te voorsien, moet daar eksplisiet daarvoor beplan word, soos hier bo rakende die "Staat van het Nederlands" gestel is. Die onderwysbehoeftes verbeeld die werklike behoeftes wat die Afrikaanse gemeenskap aan die Afrikaanse onderwysvoorsiening stel ten einde die Afrikaanse gemeenskap in staat te stel om volledig in 'n gedefinieerde nasionale en internasionale gemeenskap te funksioneer.13

    Hierdie haalbare en volhoubare onderwysvoorsiening kan slegs gelewer word indien (1) die onderwysbehoeftes eksplisiet gedefinieer is en (2) daar gestruktureerde en doelbewuste kommunikasie tussen die onderwysvoorsieners en die Afrikaanse gemeenskap bestaan. Die voordele hiervan in enige strategiese beplanning is voor die hand liggend.

    Dit is belangrik om te meld dat die aandag hier nie net op enkelmedium- Afrikaanse onderrig toegespits word nie, maar ook op die onderrig van Afrikaans in 'n meertalige bedeling, waar daar dus ook ruimte vir onderrig in dubbelmediumskole en parallelmediumskole is. Daar word aanvaar dat ouers moontlik verkies om eerder by 'n meertalige samelewing as 'n te sterk gefokuste Afrikaanse opleiding in te skakel. Dit blyk ook uit 'n 2024-verslag (statistiek van 2009-2023 verreken) van Fedsas dat Afrikaanse leerders toenemend van enkelmediumskole na meertalige skole migreer.

    Afrikaanse leerders verkies steeds moedertaalonderrig,14 maar die opsies en keuse vir die aanbieding daarvan kwyn, terwyl die skole wat dit aanbied al hoe voller en skaarser word (Meyer & Van den Bergh 2024). In 2023 was 7,88% van die leerders landwyd in Afrikaanse skole, en bykans die helfte van hierdie leerders (46,25%) was in meertalige skole (Barnard, 2024). 'n Wyer blik op Afrikaanse onderrig is daarom nodig, miskien juis om ook die voordele van beter onderrig wat in Afrikaanse skole aangebied word meer toeganklik vir ouers uit ander taalgemeenskappe te maak (vergelyk Le Cordeur, 2011b). Dit kan selfs as 'n kompliment vir die gehalte van onderrig in Afrikaanse skole beskou word.

    Die plan is dat hierdie aspekte ook deeglik in die breë onderwysagenda verreken moet word. Daar kan geredelik aangevoer word dat Afrikaans die afgelope 30 jaar, onder geweldige politieke druk, baie veld verloor het, soos ook vroeër vermeld is (vergelyk Carstens & Raidt, 2019:746 e.v. vir 'n oorsig oor aspekte wat dié druk meebring). In die eerste tien jaar ná 1994 het sowat 40% van Afrikaanse skole wat in 1990 enkelmediumskole was, parallel- of dubbelmediumskole geword (Giliomee et al., 2022:587). Terwyl dit op sigself nie noodwendig 'n negatiewe tendens is nie, en selfs sy voordelekant het (soos in die voorafgaande paragraaf verduidelik is), dui die gang van hierdie neiging op universiteitsvlak in Suid-Afrika hoe maklik - in die Suid-Afrikaanse konteks - sodanige veranderinge die eerste stap in die uitfasering van Afrikaans is. Voeg hierby die afskaffing van Afrikaans as onderrigtaal aan die meeste Suid-Afrikaanse universiteite, en die prentjie word nog duideliker. Teen 2024 het slegs die Universiteit Stellenbosch en Noordwes-Universiteit nog Afrikaans as onderrigtaal in bepaalde programme (nie almal nie) aangebied. Afrikaans word wel steeds as primêre onderrigtaal aan die private tersiêre instellings Akademia en AROS gebruik. Die tendens is duidelik.

    Daar is derhalwe 'n opsigtelike dalende tendens in die Afrikaanse aanbod in die Suid-Afrikaanse onderwyssektor, soos uitgelig in Mulder en Steenkamp (2022), asook in die Fedsas-verslag Onderwys in syfers (2024). Teen 2023 was daar landwyd 1 952 Afrikaanse skole (985 enkelmediumskole en 967 in meertalige verband), terwyl daar in 2017 nog 2 296 Afrikaanse skole oor die land versprei was; dus, bykans 350 minder Afrikaanse skole in sewe jaar. Fedsas se verslag toon dat Afrikaanse skole vanaf 2016 tot 2023 in al die provinsies minder geword het. Dit is duidelik dat daar sedert 2016 'n skerp dalende tendens in die Afrikaanse aanbod is.

    Ten einde die volhoubaarheid van Afrikaanse onderwys (van voorskool tot tersiêr) te probeer verseker, is 'n ondersoek soos die een waaroor in hierdie artikel verslag gedoen word sinvol, juis met die oog op die toekoms van Afrikaanse onderrig op alle vlakke.

     

    6. Kerntemas vir oorweging deur die taakspan in die opstel van die navorsingsregister

    Dit is gemeenplaas dat die begin van 'n navorsingsvraag die identifisering van 'n navorsingsprobleem of 'n navorsingsvraag is (Evans, 2023; Landman, 1981). Dit is nodig ten einde te bepaal of die probleem werklik 'n probleem is ten opsigte daarvan dat dit nie reeds aandag in gedane navorsing gekry het nie, dat dit werklik deur persone wat in die praktyk staan as 'n probleem beleef word en om 'n vraag te formuleer wat die res van die navorsings-projek -en proses stuur. In die geval van opvoedkundenavorsing sluit persone wat in die praktyk staan professionele onderwyslui, ouers, leerders en die breë gemeenskap, wat almal op een of ander wyse rolspelers in die Afrikaanse onderwysprojek is, in.

    In opvoedkunde, spesifiek, sluit bronne vir die identifisering van 'n navorsingsprobleem die volgende in: 'n oorsigstudie na die huidige stand van wetenskaplike literatuur; besinning oor die eie onderwyspraktyk (deur opvoedkundenavorsers wat self in die een of ander hoedanigheid in die onderwyspraktyk staan) en oor 'n eie navorsingsrekord en -praktyk; gesprekke met ander professionele lui in die onderwyspraktyk, ander belanghebbendes by die onderwysprojek en ander navorsers; en 'n ontleding van die sosiale media (waar die openbare diskoers oor onderwyssake weerspieël word) (Evans, 2023; Haigh, 2012; Landman 1981). In die verduideliking wat hierna volg oor hoe daar te werk gegaan is om 'n navorsingsagenda vir navorsing oor die plek van Afrikaans in die onderwys te bepaal, word elkeen van hierdie stel bronne betrek.

    In die voorafgaande bespreking is reeds genoem dat verskeie organisasies en instellings betrek is by die ondersoek oor die onderwysdomein binne die groter nasionale ondersoek oor die stand van Afrikaans. Ten einde die stand van Afrikaans in die onderwyssektor te ondersoek, is oor die tydperk van 'n jaar (in die loop van 2021-2022) tydens verskeie byeenkomste deur belanghebbende liggame in die onderwys, onder leiding van die Afrikaanse Onderwysnetwerk, indringend besin oor sake wat Afrikaans as taal van die onderwys raak. Dit het uiteindelik gekulmineer in twee tweedaagse gespreksessies wat in Februarie 2022 in onderskeidelik Pretoria en Stellenbosch deur die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON), as netwerkskeppende Afrikaanse onderwysliggaam, gefasiliteer is.

    In hierdie proses het daar bykans 50 temas uit 'n onderwyshoek (onderwysdomein) na vore gekom wat ondersoek verg om die nodige antwoorde te kan gee op beperkende onderwystemas, met ander woorde, temas wat deur die aanwesiges geïdentifiseer is as faktore wat groei en volhoubaarheid in die Afrikaanse onderwys kan beïnvloed. Die oordeel is dat die vroegtydige identifisering van 'n potensieel belemmerende faktor en die inwinning van toepaslike inligting oor die betrokke faktor kan bydra tot vroeë probleemoplossing. Die antwoorde hierop sal vir beplanning en die uitwerk van toepaslike strategieë ten opsigte van Afrikaans as taal van die onderwys gebruik word. Die onderstaande 50 temas is as 'n soort onderwysnavorsingsregister geïdentifiseer. Hiermee saam is 'n aantal subtemas ter verdere verheldering van die hooftemas geformuleer.

    Die temas is in vyf fokusareas ingedeel: (1) onderwysers en onderwysopleiding; (2) leierskapontwikkeling (onderskeid tussen onderwysleiers en skoolleiers); (3) die belangrikheid van moedertaalonderrig en die aanbod van moedertaal en veeltaligheid; (4) voorskoolse onderwys as pyplyn van die onderwys; en (5) ouertoeligting oor die keuse van die taal van onderrig.

    Daar is op van die terreine reeds ondersoeke onderneem en waar dit beskikbaar is, word dit vermeld. Die omvang daarvan en ook die spesifieke fokus van die temas hier onder moet wel deegliker verreken word in opvolgstudies. Die navorsers gee derhalwe glad nie voor dat die temas nog nie ondersoek is nie. Die ondersoek vereis wel meer gefokuste studies.

    Die fokusareas en temas word vervolgens toegelig.

     

    FOKUSAREA 1: Onderwysers en onderwysopleiding

    1. Wat is die formele opleidingsgeleenthede in die Afrikaanse onderwysomgewing?

    • Wat is die gehalte daarvan?

    • Wat is die aanbod van die hoëronderwysinstellings?

    Dit gaan hier oor hoeveel van die totale onderwys- en opleidingsprogramme wat by die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid geregistreer is en in die Nasionale Kwalifikasieraamwerk opgeneem is, in Afrikaans as taal van onderrig en leer beskikbaar is. Onderwyskwaliteit is 'n ingewikkelde konstruk wat nie in 'n eenduidige definisie vasgevat kan word nie. Die beste wat gedoen kan word, is om die komponente van onderwyskwaliteit te lys. Die komponente van onderwyskwaliteit is volgens Wolhuter en Van der Walt (2018) insetkwaliteit, proseskwaliteit, uitsetkwaliteit en produkkwaliteit.15

    2. Wat is die informele opleidingsgeleenthede - die aanbod daarvan?

    • Hoe kan dit versterk word?

    • Hoe kan dit ondersteun word in die netwerk van Afrikaanse onderwys?

    Coombs (1985) definieer nieformele onderwys as 'n generiese etiket wat enige georganiseerde, sistematiese onderwysaktiwiteit buite die formele onderwysstelsel insluit, wat daarop gemik is om onderwys aan spesifieke subgroepe in die samelewing te voorsien, kinders sowel as volwassenes. Informele onderwys word deur Coombs (1985) gedefinieer as 'n lewenslange proses waardeur elke mens kennis, vaardighede, houdings en insigte verwerf deur daaglikse ervaring van en blootstelling aan die omgewing - tuis, in die werksomgewing, vir ontspanning, tydens reis en tydens vryetydsbesteding. Hierdie tema het betrekking op die geleenthede vir leer (en onderrig) deur die medium van Afrikaans, wat in die nie-formele modus en die informele modus bestaan.

    3. Hoe skep ons 'n klimaat vir suksesvolle onderhandeling oor taal?

    • Hoe berei ons 'n klimaat vir suksesvolle onderhandeling oor Afrikaans Huistaal en Huistaalonderrig voor?

    • Hoe word die onderhandelingstaal as mandaat vir onderhandelaars, ontwikkeling en mentorskap vir onderhandelaars of onderwysleiers vir die toekoms gekodifiseer?

    • Hoe kan ons 'n meer aktivistiese benadering volg sonder om die taal in gevaar te stel of bloot te stel?

    • Hoe kan ons 'n meer inklusiewe proses ten opsigte van die standaardisering van Afrikaans skep (veral in die lig van die onderstaande paragraaf)?

    Hierdie tema gaan daarom oor op welke wyse, te midde van wydverspreide antagonisme in die politieke, ekonomiese en sosiale sektore in die land en skeptisisme in 'n deel van die Afrikaanssprekende gemeenskap, 'n klimaat vir suksesvolle onderhandeling oor die taal en die regte van die taalgemeenskap geskep kan word. Dit sluit in op welke wyse 'n mate van aktivistiese benaderings sal help om 'n konteks vir suksesvolle onderhandeling te skep.

    4. Moet ons ondersoek instel na tegnologie as deel van ons aanbod in Afrikaanse onderwys en dit tesame met die jeug se behoeftes navors om sodoende die beste praktyk te bepaal en te versterk?

    Die huidige tydvak in die geskiedenis is al beskryf as die tegnologiese eeu. Een terrein van die sterkste ontwikkeling in tegnologie is dié van inligting- en kommunikasietegnologie. Dit is veral die jeug wat meer ingelig is oor en vatbaar is vir tegnologie en in hul alledaagse lewe van die nuutste inligting- en kommunikasietegnologie gebruik maak. Tydens die Covid 19-pandemie van 2020 tot 2021 het onderwysowerhede byvoorbeeld wêreldwyd na inligting-en kommunikasietegnologiegesteunde onderrig en leer gegryp as 'n manier om volhoubare onderwys te verskaf (vergelyk Reimers et al., 2022).

    Hierdie versterkte inligting- en kommunikasietegnologiegesteunde onderwys het 'n nuwe "normaal" in die onderwysstelsels van die wêreld geskep (vergelyk Le Cordeur, 2023c; Reimers et al., 2022). Daarom behoort ondersoek ingestel te word na die manier waarop tegnologie die aanbod van Afrikaanse onderwys kan versterk.16

    5. Hoe vestig ons 'n sterk leeskultuur by leerders? Verwys na die bestaande mededinging wat 'n leeskultuur teenwerk (soos die invloed van YouTube, "papierlees" of "glaslees" op leerders).17

    • Hoe kan die letterkunde betrek word om 'n leeskultuur te vestig?18

    • Wat is die redes vir die swak leeskultuur?

    6. Hoe kan onderwysers gehelp word om hulle in staat te stel om hul leerders te leer lees?

    Die uitslae van die mees onlangse internasionale Progress in Reading Literacy Study-ondersoek na die leesvermoë van graad 4-leerders het weereens die skokkende toestand van Suid-Afrikaanse onderwys onderstreep (Bernstein, 2023). Uit die deelnemende lande het Suid-Afrika laaste geëindig, en alhoewel dit veral leerders is wat onderwys deur 'n medium anders as hul eerste taal kry (iets wat nogmaals die belangrikheid van hierdie ondersoek na Afrikaans in die onderwys beklemtoon), is dit so dat die hedendaagse tegnologie 'n sterk leeskultuur teenwerk. Daarom behoort bovermelde twee temas by die ondersoek na Afrikaans in die onderwys ingesluit te word - Le Cordeur, 2010a, 2010b, 2012, 2023b, 2023c het reeds in hierdie verband gepubliseer.

    7. Wat is die vakkennis of kundigheid van onderwysers of vakspesialiste in die kritieke leerareas?

    • Hoe beïnvloed dit die keuse van vakke?

    • Word onderwysers genoegsaam opgelei om die taalkomponent by ander vakke of leerareas te integreer?

    • Wat is die taalhouding van onderwysers of skoolleierskap in skole ten opsigte van Afrikaans? Wat is hierdie houding ten opsigte van Afrikaans as onderrigtaal sowel as omgangstaal of sosiale taal? Waarom is daar 'n verskil en hoe word dit beïnvloed?

    Een element van onderwyskwaliteit is die kwaliteit van onderwysers, wat weer, op sy beurt, medebepaal word deur die vlak van opleiding en die houding en werksetiek van onderwysers (Wolhuter & Van der Walt, 2018). Met die voorbehoud dat alle vakke belangrik is, kan, vanuit die oogpunt van Afrikaanse onderwys, die drie vakke Wiskunde, Engels en Afrikaans seker as van kritieke belang uitgesonder word. Ten einde vir Afrikaanse leerders om hulself uiteindelik in 'n meedoënloos mededingende wêreld te kan handhaaf, is onderwysers se opleiding en houdings (ten opsigte van Afrikaans as onderwysmedium spesifiek) van groot belang.

    8. Wat is die kernopdrag van opvoedende onderwys?

    Om verskeie redes is hierdie tema belangrik. In die eerste plek het die openbare sowel as die wetenskaplike diskoers oor onderwys in Suid-Afrika die afgelope vier dekades oormatig klem op die sosio-politieke doelstellings van onderwys (bv. die daarstelling of bereiking van gelyke onderwysgeleenthede of die skep van 'n nie-rassige samelewing as doelstellings van onderwys) geplaas. Die besondere missie (waarvan 'n groot gedeelte deur die term "opvoedende onderwys" raakgevat word) van Afrikaanse skole (onder hierdie term word alle skole met Afrikaans-sprekende leerders van watter agtergrond ook al ingesluit), of dan 'n aansienlike deel van hierdie missie, is uit die oog verloor.

    In die tweede plek het opvoedkunde, as wetenskapsveld, internasionaal die afgelope 70 jaar en ook in Suid-Afrika die afgelope 40 jaar 'n verandering ondergaan. Aan die kontinentale universiteite is opvoedkunde histories as 'n geesteswetenskap beoefen, stewig veranker in sterk filosofiese raamwerke. In die Engelssprekende wêreld, veral in Engeland, is opvoedkunde egter as 'n sosiale wetenskap beoefen, met 'n empiriese epistemologie. Met die verswakking van die kontinentale akademie gedurende die Tweede Wêreldoorlog en die verrysende hegemonie van die Anglo-Amerikaanse universiteitsektor gedurende die dekades ná die Tweede Wêreldoorlog het die Engelstalige soort opvoedkunde ook die kontinent oorgeneem.

    Die impak van Engelse hegemonie in die akademie het tot 'n verarming in die Afrikaanssprekende gemeenskap gelei. 'n Herbesinning van wat "opvoedende onderwys" in die huidige konteks vir die Afrikaanssprekende gemeenskap beteken, is daarom dringend nodig.

     

    FOKUSAREA 2: Leierskapontwikkeling (onderskeid tussen onderwysleiers en skoolleiers)

    9. Hoe ondersteun ons skoolhoofde, skoolleiers, onderwysleiers en skoolbeheerliggame in enkelmedium- Afrikaanse skole?

    • Hoe identifiseer ons onderwys- en skoolleiers?

    • Doen ons genoeg om mense toe te rus vir leierskap?

    • Wat is in die Afrikaanse onderwysomgewing beskikbaar om die kwaliteit van skoolleiers en onderwysleiers te versterk?

    • Opleiding van skoolbeheerliggame: Word die rol van dieprinsipaal tydens opleiding duidelik onder die loep geneem?

    Dat leierskap (deur skoolhoofde, skoolbeheerliggame en onderwysers) 'n deurslaggewende verskil in die voorsiening van kwaliteitonderwys kan maak, ook onder baie ongunstige omstandighede, is ook al onteenseglik in gevallestudies aan Suid-Afrikaanse skole aangetoon, soos in Kane-Berman (2017), Van der Westhuizen et al. (2008), Wolhuter et al. (2018). Om in die huidige konteks staande te bly, is dit gebiedend noodsaaklik dat Afrikaanse skole onderwys verskaf van 'n gehalte wat hul produk (afgestudeerde leerders) supermededingend sal maak. Aangesien steun van die owerheidskant glad nie goed is nie (soos ook duidelik blyk uit die gevallestudies wat hier bo aangehaal is), is leierskap een van die min beskikbare hulpbronne waarop gesteun moet word. Daarom is leierskap so 'n kardinale faktor.

    10. Wat is die rol van tuisskole en onafhanklike skole en die invloed daarvan op die Afrikaanse openbareskoolomgewing?

    • Wat is die invloed daarvan op die openbareskoolomgewing, spesifiek ook in die algemene ondersteuning, ontwikkeling, beskerming en uitbou van Afrikaans?

    Tuisonderrig is 'n vorm van onderwysvoorsiening waarvóór en waartéén baie gesê kan word. Baie hang af van die spesifieke soort tuisonderrig (vergelyk De Waal, 2000), waaroor daar nie onlangse navorsing nie in Suid-Afrika bestaan nie en waarvan die tersaaklikheid of waarde vir Afrikaanse onderwys nog nie ondersoek is nie. Dieselfde kan ten opsigte van onafhanklike skole verklaar word.

    Wêreldwyd is private of onafhanklike skole 'n groeiende verskynsel, met 38% van alle leerders in pre-primêre skole, 19% in laerskole, 27% in hoërskole en 33% van alle studente in hoëronderwysinstellings in private instellings (Unesco 2022). In aansluiting by wat onder die vorige tema rakende leierskap vermeld is, sal navorsing oor die rol van tuisonderrig en private skole in die verskansing van Afrikaans, en die plek van leierskap in so 'n poging, waardevol wees.

    11. Wat kan gedoen word om skole se disfunksie te verminder?

    • Wat is dit wat skole verhinder om 'n funksionele skool te wees en hoe kan ons dit die hoof bied?

    Omdat Afrikaanse skole leerders moet toerus om hulself uiteindelik in 'n mededingende wêreld te handhaaf (soos verduidelik onder tema 7 hier bo) en omdat, vir die saak van Afrikaans, Afrikaanse skole die beste kwaliteit onderwys moontlik behoort te verskaf, is dit nodig om vas te stel hoe enige disfunksie verminder en oorkom kan word.

    12. Wat is die hoofsaak of fokus in Afrikaanse skole?

    Na aanleiding van die verskraling van die nasionale openbare diskoers sowel as die internasionale akademiese diskoers oor onderwys, soos verduidelik onder tema 8 hier bo, is 'n besinning oor en opklaring van hierdie tema gebiedend noodsaaklik.

     

    FOKUSAREA 3: Die belangrikheid van moedertaalonderrig en die aanbod van moedertaal en veeltaligheid

    13. Hoe bou ons Afrikaans in 'n veeltalige onderwysomgewing uit?

    Drie opmerkings moet hier gemaak word om die belangrikheid van hierdie tema te verduidelik. Dit is al in gepubliseerde navorsing uitgelig dat, naas moedertaalonderrig, en vir sodanige onderwys om te floreer, Afrikaanssprekende leerders onderrig in Engels, as tweede taal, van die hoogste gehalte behoort te ontvang ten einde hulle in staat te stel om hulle in Suid-Afrika en die wêreld van die 21ste eeu te handhaaf (vergelyk o.m. Van der Walt & Wolhuter, 2016; Wolhuter & Van der Walt, 2022). Hierby kan gevoeg word dat, vir maksimale funksionering, die vaardigheid van Afrikaanssprekende leerders in 'n derde amptelike landstaal ook hoë prioriteit behoort te geniet - 'n besprekingspunt wat tot dusver in die wetenskaplike en openbare diskoers oor moedertaalonderwys in 'n veeltalige samelewing agterweë gebly het.

    Tweedens behoort aandag gegee te word aan wyses waarop die groot en skynbaar al groterwordende getal Afrikaans-tweede- en derdetaalsprekers in parallelmediumskole bereik kan word en hoe om hulle vaardig te maak in Afrikaans en vir die saak vir Afrikaans te wen. Dit is ook 'n besprekingspunt wat tot dusver nie veel aandag in die wetenskaplike en openbare diskoers oor moedertaalonderwys in 'n veeltalige samelewing gekry het nie.

    Derdens, aangesien dit tans voorkom of dit slegs die Afrikaanssprekende taalgemeenskap is wat wye en sterk steun aan die beginsel van moedertaalmediumonderwys verleen, lê dit op die skouers van hierdie gemeenskap om ander taalgemeenskappe te oortuig van die waarde van moedertaalonderwys en ondersteuning in hierdie verband te lewer (vergelyk Le Cordeur, 2011b, 2012; Le Cordeur & Basson, 2014, 2017). Die Afrikaanssprekende gemeenskap moet op die uitkyk bly vir geleenthede om die stand van Afrikaans te versterk en die gebruik daarvan as onderwystaalmedium te bevorder en te benut.

    14. Hoe beskerm ons Afrikaans Huistaalonderrig in 'n "vyandige" skoolomgewing?

    Gegewe die sosio-politieke konteks waarbinne Afrikaans, en Afrikaanse onderwys in die besonder, hom tans bevind, sal besin moet word oor hoe Afrikaans Huistaalonderrig in 'n vyandige, roekeloos opportunistiese politieke omgewing (waar Afrikaans uitgesonder en geteiken word vir die aanteken van goedkoop politieke punte) beskerm kan word.

    15. Hoe presteer Afrikaanse kinders wat uit 'n veeltalige omgewing kom in vergelyking met leerders wat uit 'n enkeltalige omgewing kom?

    Hierdie tema verdien besondere aandag gegewe die noodsaak om aan Afrikaanse kinders onderwys te verskaf wat hulle in staat sal stel om gunstig met ander leerders in 'n ongenaakbare wêreld van werk mee te ding en die noodsaak om aan Afrikaanse kinders onderwys te verskaf wat hulle in staat sal stel om hulself in die veelsoortige meertalige en multikulturele Suid-Afrikaanse samelewing te handhaaf. Le Cordeur & Basson (2017) asook Le Cordeur et al. (2019) het reeds werk in hierdie verband gedoen.

    16. Ondersoek moet ingestel word na die invloed van en geleenthede binne die digitale media vir die ontwikkeling van taal en onderwys (huistaal/moedertaal).

    Dit is so dat die opkomende geslag baie ingestel is op die nuutste kommunikasietegnologie. Hierdie tegnologie bied terselfdertyd 'n bedreiging en 'n geleentheid vir die versterking van Afrikaans in die onderwys en in die samelewing. Ondersoek behoort ingestel te word na die wyse waarop die nuutste tegnologie Afrikaans raak, veral met betrekking tot die opkomende geslag, en hoe die tegnologie aangewend kan word ter versterking van die posisie van Afrikaans in die onderwys en die samelewing (vergelyk Le Cordeur, 2023c).

    17. Ondersoek moet ingestel word na die Afrikaans Huistaalkurrikulum.

    Die huidige kurrikulum, deel van die omvattende Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring, is nou 'n dekade oud. Naas die tydige sprake van 'n bywerking en hersiening van owerheidskant, is 'n evaluering in die lig van die huidige konteks betreffende Afrikaans en Suid-Afrika en in die lig van die beste onderwyspraktyk en internasionale ondervinding nodig (vergelyk Le Cordeur & Schultz, 2019).

    18. Wat word met "moedertaal" bedoel?

    Alhoewel "moedertaal", "eerste taal" en "huistaal" dikwels uitruilbaar gebruik word, en in die geval van baie mense dieselfde taal is, is dit in die hedendaagse wêreld van hoë bevolkingsmobiliteit en ondertrouing (huweliksluiting deur huweliksmaats uit verskillende taalgemeenskappe), asook gesinshersamestelling ná 'n tweede huwelik van een of albei die ouers, dikwels nie die geval nie. Dit wil sê, dit is nie meer ongewoon dat 'n persoon se moedertaal, eerste taal en huistaal nie dieselfde taal is nie. Dit geld ook vir baie Suid-Afrikaners (hier word die totale bevolking van Suid-Afrikaanse burgers en immigrantebevolking ingesluit). Ondertrouery, migrasie (binnelands sowel as internasionaal) en ander kontekstuele faktore het 'n meer komplekse taallandskap geskep.

    In Namibië, waar die verskillende inheemse tale nie onderling verstaanbaar is nie, word Afrikaans steeds onder veral die voor-1990-generasie as lingua franca gebruik. Gedagtig hieraan kan die navorsende verkenning van die taallandskap betreffende moedertaal (eerste taal) en huistaalgelaagdheid of -tapisserie (voeg nog daarby die lingua franca van die plaaslike markplein en plaaslike werkplek) dalk nuwe moontlikhede vir die uitbreiding van Afrikaans as onderwystaal inhou. Daar is reeds heelwat oor hierdie tema gepubliseer (soos deur Bornman et al. 2014; Bornman et al. 2017; Evans 2017; Webb 2006), maar daar is nog beduidende gapings in kennis oor hierdie tema.

    19. Hoe bevorder ons moedertaalonderrig in die klaskamer?

    Die versterking van moedertaalonderrig in die klaskamer is van kritieke belang vir die oorlewingskanse van die taal. Hier kan maar net weer verwys word na Fishman se agt vlakke van taalwelstand. Twee elemente van die versterking van moedertaalonderrig in die klaskamer is onderwyservoorsiening (dit wil sê om seker te maak die getal en kwaliteit van Afrikaanse onderwysers is voldoende - 'n saak waarna later in die artikel teruggekeer word) en hoe om die ander inheemse taalgemeenskappe te oortuig van die wenslikheid en haalbaarheid van moedertaalonderrig én moedertaalmediumonderrig, soos reeds deur Le Cordeur en Basson (2018) verken.

    20. Hoe behoort onderwys verskaf te word vir leerders wie se eerste of huistaal nie die Standaardafrikaans-variëteit nie, maar 'n ander variëteit van Afrikaans is?

    Omdat alle Afrikaanssprekendes by 'n poging tot die versterking en verskansing van Afrikaans in die onderwys betrek moet word, verdien hierdie aspek besondere aandag. Studies soos dié van Basson (2018), Le Cordeur (2015, 2020), Le Cordeur & Basson (2018, 2019) moet opgevolg word..

    21. Die belangrikheid van moedertaalonderrig en die aanbod van moedertaal en veeltaligheid:

    • Waar is die jeug?

    • Wat moet besluit word oor die bepaling van die rigting?

    • Waar is die jeug met betrekking tot hul leierskapontwikkeling of keuse van moedertaalonderrig?

    22. Wanneer word leerders bewus dat Afrikaans as moedertaal belangrik is?

    Hierdie tema (in samehang met die vorige een) is onontbeerlik omdat die opkomende geslag betrek moet word by die poging om Afrikaans te bevorder en omdat leierskap 'n kritieke faktor in enige onderwysstrategie is (vergelyk Wolhuter & Van der Walt, 2018).

    23. Hoe akkommodeer ons die variëteite van Afrikaans binne die aanbod van onderrig?

    24. Hoe kan ons variëteite in die klaskamer bemagtig en bevorder sodat dit in die prestasie van die leerders weerspieël kan word?

    25. Daar moet gekyk word na statistiek by skole waar 'n ander variëteit van Afrikaans dalk 'n rol speel of 'n invloed op die prestasie van die leerders het.

    • Wat kan ons uit daardie statistiek wys raak in aansluiting by die Afrikaanse Taalraad se ondersoek?

    26. Wat is die jeug se ervaring met variëteite van Afrikaans? Hoe oordeel hulle daaroor?

    Die noodsaak om die jeug en alle sprekers van Afrikaans te betrek by die poging tot die verskansing en versterking van die taal in die onderwyssektor beteken dat antwoorde op die bogenoemde vier temas verkry moet word ten einde 'n ingeligte strategie op te stel (vergelyk Le Cordeur, 2011a se poging in hierdie verband).

    27. Hoe tersaaklik is die huidige kurrikulum?

    28. Is die huidige kurrikulum nie een van die struikelblokke op ons weg om Afrikaanse onderwys in die toekoms te beskerm nie?

    29. Is die kurrikulum nie die grootste uitdaging en rede waarom Afrikaans Huistaalleerders kies om na Eerste Addisionele Taal en Wiskundige Geletterdheid te skuif 'nie?

    In aansluiting by die stelreëls, hier bo genoem, dat alle Afrikaanssprekendes by die poging tot die beskerming en uitbou van Afrikaans in die onderwyssektor betrek moet word en dat die doel en hoofsaak van opvoedende onderwys in Afrikaans en vir die Afrikaanssprekende gemeenskap opgeklaar moet word, behoort klaarheid oor hierdie drie temas ook verkry te word. Le Cordeur en Schultz (2019) voer byvoorbeeld aan dat Afrikaanse skrywers uit die Moesliemkultuur nooit voorgeskryf word nie en dat dit tot 'n apatiese houding by Moesliem-Afrikaans-moedertaalsprekers lei.

    30. Is daar enige hulp vir leerders wat uitval (ondersteuning waar moedertaal-Afrikaans die Eerste Addisionele Taal is)?

    31. Is daar 'n "vangnet" vir die kinders wat uitval op skool en kinders met fetale alkohol-sindroom?

    Weereens, om alle Afrikaanssprekende leerders by 'n poging tot die versterking van Afrikaans in die onderwys te betrek en ten einde Afrikaanssprekende leerders die beste moontlike onderwys te verskaf en ten beste vir die volwasse wêreld buite die skool voor te berei, is dit nodig dat aandag aan hierdie twee temas verleen word.

    32. Hoe lank gaan die Departement van Onderwys Afrikaans nog as 'n eksamentaal duld en hoe hard gaan ons veg om toe te sien dat dit so bly?

    Dit is ongelukkig so dat die Afrikaanssprekende gemeenskap homself tans, ook wat die onderwys betref, nie in 'n politieke omgewing van welwillendheid bevind nie. Daarom sal daar met die opstel van 'n strategie vir die oorlewing en versterking van die taal rekening gehou moet word met die politieke werklikhede aan die een kant (soos met die Bela-wet ervaar) en die beskikbare bronne en kragte aan die ander kant. Slegs dan sal 'n haalbare plan van aksie of strategie opgestel kan word.

     

    FOKUSAREA 4: Voorskoolse onderwys (vko) as pyplyn in die onderwys

    33. Hoe gaan ons die opleidingsgeleenthede versterk om in die behoefte aan gekwalifiseerde VKO-personeel in Afrikaans te voorsien.

    34. Die faktore wat ouers se keuse van onderrigtaal beïnvloed, behoort ondersoek te word. Dit moet ooreenstem met die Afrikaanse Taalraad se breër ondersoek na die stand van Afrikaans.

    35. VKO-opleiding: Wat is die kwaliteit daarvan en hoe kan ons dit versterk?

    36. Die VKO-struktuur wat tans deur die Departement van Basiese Onderwys aanbeveel word: Wat moet gedoen word om die struktuur te skep, en hoe moet ons te werk gaan om laerskole in die proses te ondersteun?

    37. Die kwessie van die kurrikulumraamwerk: Waar pas vier- tot vyfjarige leerders in ten opsigte van die kurrikulum?

    38. Waar lê die ervaring van die VKO-personeel wat tans in die praktyk is of uitgetree het?

    39. Is daar dalk 'n ekonomiese bemagtigingselement wat ontgin kan word waar gemeenskappe meer bewus gemaak kan word van die ekonomiese geleentheid vir kleuterskole? (Is daar organisasies wat bewus gemaak kan word van kleuterskole wat 'n besigheidsgeleentheid kan word, opleiding deur bestaande organisasies kan ontvang en dan 'n gemeen-skapsekonomie kan begin en versterk?)

    In die lig van die belangrikheid van die eerste lewensjare in opvoeding is die insluiting van die voorskoolse fase in onderwys kritiek belangrik in enige plan vir die versterking van Afrikaans in die onderwys. Ook hier, waar die mag van die sentrale owerheid (ten minste nog) nie so sterk is as in die verpligte primêre en sekondêre skoolfases nie, moet enige geleentheid vir die versterking van die vastrapplek van Afrikaans in die onderwys geïdentifiseer en aangegryp word. Aan die ander kant kan die klousule in die nuwe Bela-wetgewing dat graad R voortaan verpligtend sal wees, hier wel 'n geleentheid vir die Afrikaanssprekende gemeenskap bied om Afrikaans in die onderwyssektor te versterk (Le Cordeur, 2023b).

     

    FOKUSAREA 5: Ouertoeligting oor die keuse van die taal van onderrig

    40. Hoe ontwikkel en versterk ons ouers se keuse met betrekking tot moedertaal?

    41. Taalhouding: Hoe gaan ons ouers mobiliseer?

    43. Hoe en op watter vlakke betrek ons die jeug?

    43. Hoe dink kinders oor Afrikaans?

    44. Wat moet gedoen word om Afrikaans vir kinders belangrik te maak?

    45. Hoe bevorder of benadeel die skoolkultuur in Afrikaanse skole die voortbestaan van Afrikaans as taal van onderrig?

    46. Wat is daar waaruit ons in 'n Afrikaanse onderwysomgewing kan put om 'n strategie van sterker aktivisme te volg?

    47. Wat is die rol van aktivisme as 'n strategie om Afrikaanse onderwys in die toekoms te beskerm en uit te bou?

    48. Hoe beïnvloed die migrasie van ouers Afrikaanse skole op die platteland?

    49. Watter impak het die mededingingfaktor en werwing van leerders uit Afrikaanse skole op leerdertalle in Afrikaanse skole?

    50. Hoe gou verander 'n Afrikaans-enkelmediumskool na Engels nadat die skool 'n parallel-of dubbelmediummodel aanvaar het?

    Naas die opkomende geslag of leerders is 'n ander rolspeler wat by die poging om Afrikaans in die onderwyssektor te verskans en te versterk die ouerkorps. Daarom is dit belangrik dat aandag aan al hierdie temas geskenk moet word tydens hierdie ondersoek. Watter rol speel ouers in pogings tot die behoud van Afrikaans as onderrigtaal? (Vergelyk Le Cordeur & Thornhill, 2016.)

    Die navorsingspan wat gekontrakteer is om hierdie temas na te vors het deur die loop van die navorsing tot die oortuiging gekom dat nog twee temas by hierdie 50 temas gevoeg moet word.

    51. Hoeveel Suid-Afrikaanse onderwysstudente kry tans in (deur die medium van) en vir (opgelei om die taal as vak in skole te onderrig) hul eerste tale onderwysersopleiding aan Suid-Afrikaanse universiteite?

    Die bevordering van Afrikaans in die onderwyssektor en die bevordering van Afrikaans as onderwysmedium kan nie geskied sonder die voorsiening van 'n korps onderwysers wat opgelei is om die vak Afrikaans te onderrig en ook om deur die medium van Afrikaans onderrig te verskaf nie. Daarom behoort hierdie tema in die navorsingsregister ingesluit te word.

    52. Wat is die taalvermoë of onvermoë van graad 12-leerders en universiteitstudente?

    Helderheid oor die algehele taalvaardigheid van graad 12-leerders en universiteitstudente (eerste, tweede en derde taal) is noodsaaklik om 'n projek ter bevordering van Afrikaans in die onderwyssektor te beplan. Akademiese geletterdheid is hier 'n gegewe.

     

    7. Sintese en gevolgtrekking

    Daar kan min twyfel bestaan dat die Afrikaanse taal tans deur marginalisering en stigmatisering bedreig word. Hierdie tendens kan sekerlik na 'n verskeidenheid faktore teruggelei word, waarvan een duidelike faktor die antagonisme van 'n verskeidenheid politieke groeperinge en leiers is. As hierdie tendens sy volle loop neem, kan dit die Afrikaanse gemeenskap (en, by implikasie, die hele Suid-Afrikaanse samelewing) duur te staan kom. In enige optrede vir die bewaring en versterking van Afrikaans in die Suid-Afrikaanse samelewing is Afrikaans in die onderwyssektor 'n kritiek belangrike faktor.

    Vir so 'n poging is 'n volledige begrip van die huidige stand van Afrikaans in die onderwyssektor nodig. Voorts is 'n deeglike navorsingsprogram nodig vir die uitwerk van strategieë om die stand van Afrikaans te verbeter en te verskans ten einde so 'n poging navorsingsmatig te lei en te ondersteun. Enige navorsingsprojek begin, en staan of val, by sinvolle en doeltreffende navorsingsvraag- of navorsingsprobleemformulering.

    Hierdie artikel het verslag gedoen oor 'n ondersoek na die identifisering van 'n stel temas wat die navorsingsagenda van 'n ondersoek oor die stand van Afrikaans in die onderwyssektor in Suid-Afrika kon vorm. Die temas kan in 'n beduidende mate die navorsingsprobleme van die onmiddellike toekoms in die onderwyssektor word. Die volgende stap sal nou 'n grondige literatuurstudie en die opstel van 'n navorsingsagenda wees, wat die identifisering van navorsingsprioriteite insluit.

    Wat ook uit hierdie opstel en verklaring van 'n ondersoeksambreel van Afrikaans in die onderwyssektor blyk, is dat enige navorsing inklusief moet wees met betrekking tot die Afrikaanssprekende gemeenskap wat in die visier van die navorsing geplaas sal word. Daar mag dus nie net op wit skole gefokus word nie; die inklusiewe Afrikaanse gemeenskap moet betrek word. Sensusstatistiek en ander bronne toon onteenseglik dat die meerderheid Afrikaans-eerstetaalsprekers nie (meer) geleë is in die bevolkingsgroep wat in die verlede as wit geklassifiseer was nie. Met die voordeel van terugskouing moet dit nou gestel word dat dit jammer is dat byvoorbeeld die Stigting vir die Bemagtiging van Afrikaans (SBA) nie ook by die opstel van die temas betrek is nie. Dit is belangrik dat al die organisasies wat by projekte rakende Afrikaans betrokke is by hierdie inisiatief betrek word. Terwyl daar by verskeie plekke in die versameling temas beklemtoon word dat al die variëteite van Afrikaans by die ondersoek ingesluit moet word, behoort met die verdere verloop van die navorsing gepoog te word om te seker te maak dat die navorsing, en uiteindelik die poging om Afrikaans in die onderwyssektor te versterk, die hele Afrikaans-eerstetaalsprekergemeenskap mobiliseer.

     

    References

    Abdelhay, A, Makoni, S & Severo, C. 2020. Language planning andpolicy: Ideologies, ethnicities, and semiotic spaces of power. Cambridge: Cambridge Scholars Publishing        [ Links ]

    Afrikaanse Taalraad. 2022. Persvrystelling: Bekendstelling van "Die algemene demografie van Afrikaans (2022)". LitNet, 7 November 2022. https://www.litnet.co.za/persvrystelling-bekendstelling-van-die-algemene-demografie-van-afrikaans-2022/ [30 Julie 2024].         [ Links ]

    Afrikanerbond. 2024. Afrikaans en die SABC: Word Afrikaans nog verder gemarginaliseer? AB Standpunt. Afrikanerbond Maandelikse Nuusbrief April 2024. https://www.afrikanerbond.co.za/sabc-en-die-afskaling-n-afrikaans-april-2024 [26 Junie 2024].         [ Links ]

    Bailey, A. 2025. Bela is lofwaardig, maar uit voeling met werklikheid. Netwerk24, 13 Januarie 2025. https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/menings/repliek-bela-is-lofwaardig-maar-uit-voeling-met-werklikheid-20250113 [13 Januarie 2025].         [ Links ]

    Barnard, M. 2024. Fedsas se verslag bied insig in onderwyssituasie in SA. Die Burger, 10 Desember 2024. https://www.netwerk24.com/netwerk24/nuus/onderwys/fedsas-se-verslag-bied-insig-in-onderwys-situasie-in-sa-20241209 [13 Januarie 2025].         [ Links ]

    Basson, E. 2018. 'n Kritiese ondersoek na die plek van Kaapse Afrikaanse taalkunde en kallitidentiteit in die Afrikaans Huistaalklaskamer aan die hand van Kaapse Afrikaanse idiomatiese uitdrukkings. (MA-verhandeling - MA). Universiteit Stellenbosch.         [ Links ]

    Beckmann, J. 2025. Die trajek van Afrikaans as inheemse onderwystaal vanaf 1925 tot 2025: Gedagtes oor die verlede, die hede en die toekoms. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 65(1):256-284.         [ Links ]

    Bernstein, A. 2023. SA can't lose focus on the crisis in schooling. Sunday Times, 9 April 2023, p. 1.         [ Links ]

    Bitzer, E & Wilkinson, A. 2012. Hoër onderwys as navorsings- en studiegebied in Suid-Afrika: 'n Historiese en tematiese perspektief. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 52(3):382-396.         [ Links ]

    Bornman, E, Pauw, JC & Potgieter, PH. 2014. Houdings en opinies oor moedertaalonderrig en die keuse van 'n universiteit: Afrikaanssprekende studente aan UNISA. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 54(4):596-609.         [ Links ]

    Bornman, E, Pauw, JC, Potgieter, PH & Janse van Vuuren, H. 2017. Moedertaalonderrig, moedertaalleer en identiteit: Redes vir en probleme met die keuse van Afrikaans as onderrigtaal. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 57(3):724-745.         [ Links ]

    Bornman, E, Steenkamp, C & Wierenga, R. 2025. (In proses). Die stand van Nederlands: 'n Oorsig van tendense in Nederlandssprekende gebiede. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 65(2).         [ Links ]

    Bornman, E, Steenkamp, C, Wierenga, R & Carstens, WAM. 2025. Afrikaans in die hoër onderwys: Enkele tendense uit die ondersoeke Staat van het Nederlands en stand van Afrikaans. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 65(1):286-316.         [ Links ]

    Canvin, M, Tucker, I. 2019. Mapping linguistic vitality and language endangerment. In Brunn, S & Kehrein, R (eds.). Handbook of the changing world language map. Cham: Springer, pp. 1-17. https://doi.org/10.1007/978-3-319-73400-2_15-1        [ Links ]

    Carstens, WAM & Raidt, EH. 2017. Die storie van Afrikaans: Uit Europa en van Afrika. Biografie van 'n taal. Deel 1: Die Europese geskiedenis van Afrikaans. Pretoria: Protea.         [ Links ]

    Carstens, WAM & Raidt, EH. 2019. Die storie van Afrikaans: Uit Europa en van Afrika. Biografie van 'n taal. Deel 2: Die geskiedenis van Afrikaans in Afrika. Pretoria: Protea.         [ Links ]

    Carstens, WAM. 2011. Versoening onder Afrikaanssprekendes verg bydraes. Maroela Media, 13 Augustus 2011. https://maroelamedia.co.za/debat/meningsvormers/versoening-onder-afrikaanssprekendes-verg-bydraes/ [13 Januarie 2025].         [ Links ]

    Carstens, WAM. 2012. Versoening in Afrikaans - Is dit haalbaar? Lesing gelewer tydens die 31ste DF Malherbe-gedenklesing 28 Mei 2012. Bloemfontein: Universiteit van die Vrystaat, Acta Varia.         [ Links ]

    Carstens, WAM. 2013. Op pad van 'n verdeelde na 'n gedeelde toekoms in die Afrikaanse taalgemeenskap: Die rol van die Afrikaanse Taalraad in die proses van versoening. LitNet Akademies, 10(1):447-483.         [ Links ]

    Carstens, WAM. 2021. Afrikaans se funksies: Gelykpad of glypad? Tydskrifvir Nederlands en Afrikaans, 2021(2):1-37.         [ Links ]

    Conradie, J & Groenewald, G. 2017. Die ontstaan en vestiging van Afrikaans. In Carstens, WAM & Bosman, N (reds.). Kontemporêre Afrikaanse taalkunde. 2de uitg. Pretoria: Van Schaik, pp. 27-60.         [ Links ]

    Coombs, PH. 1985. The world crisis in education: The view from the eighties. New York: Oxford University Press.         [ Links ]

    Cornelissen, C. 2022. Afrikaans: Van 44 miljoen tot 7 miljoen in 2041. Maroela Media, 21 Desember 2022. https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/afrikaans-van-44-tot-7-miljoen-in-2041/# [5 Februarie 2023].         [ Links ]

    Currie, I & De Waal, J. 2013. The Bill of Rights handbook. Cape Town: Juta.         [ Links ]

    De Villiers, M. 1983. Nederlands en Afrikaans. 4de uitg. Kaapstad: Nasou.         [ Links ]

    De Waal, EAS. 2000. Tuisonderwys as alternatiewe vorm van onderwysvoorsiening in Suid-Afrika. (Doktorale proefskrif). Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.         [ Links ]

    Du Plessis, T. 2010. 'n Taalwet vir Suid-Afrika. Die rol van sosiolinguistiese beginsels by die ontleding van taalwetgewing. Litnet Akademies, 7(2):65-97.         [ Links ]

    Du Plessis, T. 2020. The role of language planning agencies in higher education in South Africa - comparing two cases. In Darqueness, J, Du Plessis, T & Soler, J (eds.). Language diversity management in higher education. Berlin: De Gruyter, pp. 173-193.         [ Links ]

    Du Plessis, T. 2022. Taalbeplanning. In Carstens, WAM & Van Dyk, TJ (reds.). Toegepaste taalkunde in Afrikaans. Pretoria. Van Schaik, pp. 279-304.         [ Links ]

    Du Plessis, T. 2025. Taalbeplanning ná 2023 in Suid-Afrika: Implikasies vir die histories gemarginaliseerde inheemse tale, Suid-Afrikaanse Gebaretaal en Afrikaans. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 65(1).         [ Links ]

    Ethnologue. 2024. How many languages are there in the world? https://www.ethnologue.com/insights/how-many-languages/ [6 Januarie 2025].         [ Links ]

    Evans, R. 2017. Koesister op 'n Royal Albert piering. 'n Kritiese nabetragting van 'n nie-moedertaalonderwyservaring. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 57(3):693-706.         [ Links ]

    Evans, R. 2023. Die navorsingsprobleem, titel en abstrak. In Verster, M, Van der Vyfer, CP & Wolhuter, CC (reds.). Inleiding tot navorsing in opvoedkunde: 'n Afrika-perspektief. Potchefstroom: Keurkopie, pp. 61-93.         [ Links ]

    Fedsas. 2024. Verslag: Onderwys in syfers (2009-2023). https://publuu.com/flip-book/310533/1637160 [5 Februarie 2025].         [ Links ]

    Fishman, JA. 1991. Reversing language shift: Theoretical and empirical foundations of assistance to threatened language. Clevedon: Multilanguage Matters.         [ Links ]

    Giliomee, H & Schlemmer, L. 2006. 'n Vaste plek vir Afrikaans: Taaluitdagings op kampus. Stellenbosch: SUN Press. https://doi.org/10.18820/9781920109172        [ Links ]

    Giliomee, H, Mbenge, B & Nasson, B. 2022. Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

    Giliomee, H. 2003. The rise and possible demise of Afrikaans as a public language. Cape Town: PRAESA, University of Cape Town.         [ Links ]

    Giliomee, H. 2014. Die troebele toekoms van die Afrikaners en Afrikaans. Tydskrifvir Geesteswetenskappe, 54(4):571-595.         [ Links ]

    Giliomee, H. 2019. The rise & demise of the Afrikaners. Cape Town: Tafelberg.         [ Links ]

    Groenewald, G. 2024. Die eksterne geskiedenis van Afrikaans. In Carstens, WAM & Bosman, N (reds.). Kontemporêre Afrikaanse taalkunde. Pretoria: Van Schaik, pp. 29-62.         [ Links ]

    Haigh, N. 2012. Historical research and research in higher education: Reflections and recommendations from a self-study. Higher Education Research & Development, 31(5):689-702. http://dx.doi.org/10.1080/07294360.2012.689955        [ Links ]

    Hill, L. 2024. Semantic (dis)continuity and institutional transformation: The decline of Afrikaans at Stellenbosch University. Language & Communication, 98:12-31.         [ Links ]

    Hill, L. 2025. What one university's 30-year transformation reveals about Afrikaans and language planning in South Africa. The Conversation, 14 January 2025. https://theconversation.com/what-one-universitys-30-year-transformation-reveals-about-afrikaans-and-language-planning-in-south-africa-242709 [5 February 2025].         [ Links ]

    Hugo, D. 2025. Skrywers se lot nou verweef met hul taal. Die Burger, 26 Januarie 2025, bl. 11.         [ Links ]

    Jansen, JD. 2017. As by fire: The end of the South African university. Cape Town: Tafelberg.         [ Links ]

    Kane-Berman, J. 2017. Achievement and enterprise in school education. South African Institute of Race Relations. https://irr.org.za/reports/ocassional-reports/files/achievement-and-enterprise-in-school-education.pdf [12 March 2024].         [ Links ]

    Kaplan, RB & Baldauf, RB Jr. 1997. Language planning from practice to theory. Clevedon: Multilingual Matters.         [ Links ]

    Krog, A. 1998. Country of my skull. Johannesburg: Random House.         [ Links ]

    Landman, WA. 1981. Inleiding tot die opvoedkunde navorsingspraktyk. Kaapstad: HAUM.         [ Links ]

    Le Cordeur, M. 2025. Daar is 56 redes waarom Bela nodig is. Netwerk24, 7 Januarie. https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/menings/michael-le-cordeur-daar-is-56-redes-waarom-bela-nodig-is-20250106 [15 Januarie 2025].         [ Links ]

    Le Cordeur, MLA & Basson, EA. 2019. Kaapse Afrikaanse idiomatiese uitdrukkings as hulpmiddel vir 'n meer inklusiewe Afrikaans Huistaalklaskamer. Stilet, 30(2):169-187.         [ Links ]

    Le Cordeur, MLA & Basson, M. 2014. Effektiewe ondersteuning aan die Xhosa-moedertaalsprekers in Afrikaansmediumklasse. Per Linguam, 30(1):109-126. http://dx.doi.org/10.5785/30-1-575.         [ Links ]

    Le Cordeur, MLA & Basson, M. 2017. Professionele ontwikkeling vir Afrikaanse huistaalonderwysers ter bevordering van leesbegrip by nie-moedertaalsprekers. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 57(4):1037-1056.         [ Links ]

    Le Cordeur, MLA & Basson, M. 2018. Leesbegripprobleme van niemoedertaalsprekers in Afrikaans-huistaalklasse: Moontlike oplossingstrategieë. LitNet Akademies, 15(3):1065-1089.         [ Links ]

    Le Cordeur, MLA & Schultz, A. 2019. Die onderrig van letterkunde in die verdere onderwys- en opleidingfase binne die raamwerk van die kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 59(4):545-561.         [ Links ]

    Le Cordeur, MLA & Thornhill, AC. 2016. Afrikaans First Additional Language teaching in selected Grade 4-6 classes in Western Cape schools. Journal for Language Teaching, 50(1):103-124.         [ Links ]

    Le Cordeur, MLA 2012. Taalonderwysers as lesers van kinderliteratuur en hoe dit leerders se ingesteldheid teenoor lees kan beïnvloed. Tydskrifvir Taalonderrig, 46(1):139-158.         [ Links ]

    Le Cordeur, MLA, Nel, J & Kese, P. 2019. Taal en praktyk: 'n Gevallestudie oor Afrikaans Eerste Addisionele Taal by graad 4-leerders in 'n meertalige skool. LitNet Akademies, 16(3):591-620. www.litnet.co.za/taal-en-praktyk-n-gevallestudie-oor-afrikaans-eerste-addisionele-taal-by-graad-4-leerders-in-n-meertalige-skool/ [13 Januarie 2025].         [ Links ]

    Le Cordeur, MLA. 2010a. As 'n kind nie kan lees nie. LitNet Akademies. 19 Oktober 2010. https://www.litnet.co.za/as-n-kind-nie-kan-lees-nie/ [13 Januarie 2025].         [ Links ]

    Le Cordeur, MLA. 2010b. The struggling reader: Identifying and addressing reading problems successfully at an early stage. Per Linguam, 26(2):77-89. https://hdl.handle.net/10520/EJC87030 [13 January 2025].         [ Links ]

    Le Cordeur, MLA. 2011a. Die variëteite van Afrikaans as draers van identiteit - 'n sosiokulturele perspektief. Tydskrifvir Geesteswetenskappe, 51(4):758-777.         [ Links ]

    Le Cordeur, MLA. 2011b. Moedertaalgebaseerde tweetalige onderwys: 'n Moontlike oplossing vir Suid-Afrika se geletterdheids- en syferkundigheidsprobleme. LitNet Akademies, 8(3):435-461.         [ Links ]

    Le Cordeur, MLA. 2015. Die kwessie van Kaaps: Afrikaansonderrig op skool benodig 'n meer inklusiewe benadering. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 55(4):523-539. http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2015/v55n4a14        [ Links ]

    Le Cordeur, MLA. 2020. 'n Strategie vir die insluiting van Kaapse Afrikaans by die formele skoolkurrikulum. LitNet, 19 Oktober. https://www.litnet.co.za/n-strategie-vir-die-insluiting-van-kaapse-afrikaans-by-die-formele-skoolkurrikulum/ [13 Januarie 2025].         [ Links ]

    Le Cordeur, MLA. 2023a. Die Bela-wetsontwerp: 'n Geleentheid vir samewerking. Vrye Weekblad, 22 September.         [ Links ]

    Le Cordeur, MLA. 2023b. Jaaroorsig: Oorvol skole, Bela en leesprobleme. Die Burger, 30 Desember. bl. 11.         [ Links ]

    Le Cordeur, MLA. 2023c. Gebruik KI só in die klaskamer. Netwerk24, 14 Augustus. https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/aktueel/michael-le-cordeur-gebruik-ki-so-in-die-klaskamer-20230828 [17 Januarie 2024].         [ Links ]

    Le Cordeur, M. (ed.) 2025. Reading for Comprehension. Gansbaai: Naledi.         [ Links ]

    LitNet-Taaldebat. 2004. Afrikaanse Taalberaad. LitNet. https://oulitnet.co.za/taaldebat/taalberaad.asp [21 Augustus 2024].         [ Links ]

    Meyer, N & Van den Bergh, R. 2024. "Onderwys in syfers"-verslag: 'n Onderhoud met Riaan van der Bergh. LitNet, 9 Desember 2024. https://www.litnet.co.za/onderwys-in-syfers-verslag-n-onderhoud-met-riaan-van-den-bergh/ [15 Januarie 2025].         [ Links ]

    Mhkhize, D & Balfour, D. 2017. Language rights in education in South Africa. South African Journal of Higher Education, 3(6):133-150. http://dx.doi.org/10.28535/31-6-1        [ Links ]

    Mulder, C & Steenkamp, C. 2022. Die algemene demografie van Afrikaans 2022. Afrikaanse Taalraad. https://www.taalkommissie.co.za/wp-content/uploads/2022/11/ATRSN.DieAlgemeneDemografieVanAfrikaans.2022.pdf [13 Januarie 2025].         [ Links ]

    Pienaar, EC. 1943. Die triomfvan Afrikaans. Historíese oorsig van die wording, ontwikkeling, skriftelike gebruik en geleidelike erkenning van ons taal. Kaapstad: Nasionale Pers.         [ Links ]

    Pienaar, L. 2004. Die Soweto-onluste van 16 Junie 1967 en die gevolge daarvan vir Afrikaans. In Van Rensburg, FIJ (red.). 2004. Afrikaans, lewende taal van miljoene. Pretoria: Van Schaik, pp. 133-141.         [ Links ]

    Ponelis, F. 1997. Afrikaans. In Van den Toorn, MC, Van Leuvensteijn, JA, Pijnenburg, WJJ & Van der Horst, JM (reds.). Geschiedenis van de Nederlandse taal. Amsterdam: Amsterdam University Press, pp. 597-645.         [ Links ]

    Ponelis, FA. 1993. The development of Afrikaans. Frankfurt am Main: Peter Lang.         [ Links ]

    Potgieter, FJ, Van der Walt, JL, Wolhuter, CC & Valenkamp, M. 2013. Naar een integrale theorie van kernbegrippen in onderwijs en opvoeding. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 53(3):286-304.         [ Links ]

    Prinsloo, KP. 2006. Towards a language strategy for Afrikaans: The process before, during and after the Afrikaans Language Indaba of2004 in Stellenbosch. In Webb, V & Du Plessis, T (eds.). The politics of language in South Africa. Pretoria: J.L. van Schaik.         [ Links ]

    Prinsloo, KP. (red.) 2004. Verslag van 'n taaloudit oor Afrikaanse taalprojekte, verenigings en energieë. Johannesburg: Rapport.         [ Links ]

    Prinsloo, KP. (red.) 2006. Op pad na 'n taalstrategie vir Afrikaans: Werkboek: Besprekings tydens die Afrikaanse Taalberaad van Augustus 2004 en opvolgwerk daarna, 2005-06. Pretoria: Nasionale Forum vir Afrikaans.         [ Links ]

    Prinsloo, KP. (red.) 2007. Opname oor Afrikaanseprojekte en aktiwiteite op 'nplaaslike munisipale vlak in Suid-Afrika, 2006. Ongepubliseerde navorsingsverslag versprei by die Tweede Afrikaanse Taalberaad, gehou in Pretoria op 23 en 24 Februarie 2007.         [ Links ]

    Prinsloo, KP. (red.) 2008a. Die Afrikaanse "ons" en die nodigheid van 'n Afrikaanse Taalraad. Werkboek: Openbare gesprekke onder leiding van die Nasionale Forum vir Afrikaans, Februarie-November 2007. Pretoria: Nasionale Forum vir Afrikaans.         [ Links ]

    Prinsloo, KP. (red.) 2008b. Die Afrikaanse Taalraad kom tot stand. Verslag gereproduseer deur CRINK en versprei deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, Nov. 2008.         [ Links ]

    Prinsloo, KP & Schoeman, K (reds.) 2011. Die gebruik van Afrikaans in kerklike gemeentes in Suid-Afrika: 'n Verkennende ondersoek. Verslag gereproduseer deur CRINK en versprei deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.         [ Links ]

    Prinsloo, KP & Van Rensburg, MCJ (reds.) 1984. Afrikaans: Stand, taak, toekoms. Pretoria: HAUM.         [ Links ]

    Raidt, EH. 1991. Afrikaaans en sy Europese verlede. 3de uitg. Kaapstad: Nasou.         [ Links ]

    Reimers, FM, Amaechi, U, Banerji, A & Wang, M (eds.). 2022. Education to build back better: What can we learn from education reform for a post-pandemic world. Dordrecht: Springer.         [ Links ]

    Republiek van Suid-Afrika. 1996. Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996. https://www.justice.gov.za/constitution/SAConstitution-web-afr.pdf [17 Februarie 2023].         [ Links ]

    Republiek van Suid-Afrika. 2024. Wysigingswet op Wette op Basiese Onderwys, 2024. Wet 33 van 2024. Sabinet Aanlyn.         [ Links ]

    Rys, K, Heeringa, W, Rutten, JS, Hinskens, F, De Caluwe, J, Balesar, U & Misier, MD. 2021. Onderzoeksrapport 2021: Staat van het Nederlands. Den Haag: Taalunie, Meertens Instituut, Universiteit Gent, Universiteit van Suriname        [ Links ]

    Rys, K, Heeringa, W, Van der Peet, M, Hinskens, F, De Caluwe, J, Misier, SD, Balesar, U & Rozenblad, M. 2019. Staat van het Nederlands: Onderzoeksrapport 2019. Den Haag: Taalunie, Meertens Instituut & Universiteit Gent.         [ Links ]

    Rys, K, Van der Meulen, M, Hinskens, F, Van der Gucht, F, De Caluwe, J, Heeringa, W & Van der Peet, M. 2017. Onderzoeksrapport: Staat van het Nederlands. Den Haag: Taalunie, Meertens Instituut & Universiteit Gent.         [ Links ]

    Scholtz, J du P. 1980. Wording en ontwikkeling van Afrikaans. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

    Spolsky, B. 2009. Language management. Cambridge: Cambridge University Press.         [ Links ]

    Spolsky, B. 2011. Language academies and other language management agencies. Language Policy, 10:285-287.         [ Links ]

    Steyn, JC. 1980. Tuiste in eie taal: Die behoud en bestaan van Afrikaans. Kaapstad: Tafelberg.         [ Links ]

    Steyn, JC. 2014. 'Ons gaan 'n taal maak': Afrikaans sedert die Patriot-jare. Pretoria: Kraal-Uitgewers.         [ Links ]

    Taalunie. 2017. De Staat van het Nederlands: Publieksrapport 2017. Den Haag: Taalunie.         [ Links ]

    Taalunie. 2019. De Staat van het Nederlands: Publieksrapport 2019. Den Haag: Taalunie.         [ Links ]

    Taalunie. 2021. De Staat van het Nederlands 2021: Publieksrapport. Den Haag: Taalunie.         [ Links ]

    Unesco. 2003. Language vitality and endangerment. Paris: Unesco Ad Hoc Expert Group on Endangered Languages. https://unesdoc.unesco.org/ark:/48223/pf0000183699/PDF/183699eng.pdf.multi [13 Januarie 2025].         [ Links ]

    Unesco. 2022. Private education has grown faster in South Asia than any other region in the world. Unesco, 2 November. https://world-education-blog.org/2022/11/02/private-education-has-grown-faster-in-south-asia-than-any-other-region-in-the-world/ [22 November 2022].         [ Links ]

    Van der Walt, JL & Wolhuter, CC. 2016. Eerste Taal as onderrigmedium in hoër onderwys: 'n Internasionale perspektief. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 56(4-1):1016-1033.         [ Links ]

    Van der Westhuizen, PC, Oosthuizen, I & Wolhuter, CC. 2008. The relationship between an effective organizational culture and student discipline in a boarding school. Education and Urban Society, 40(2):205-225.         [ Links ]

    Van Rensburg, C & Davids, A. 1997. Afrikaans in Afrika. Pretoria: Van Schaik.         [ Links ]

    Van Rensburg, C. 2018. Van Afrikaans gepraat. Pretoria: Malan Media.         [ Links ]

    Van Zyl, S. 2025. Verslag: Só laat moedertaalonderrig Afrikaanse matrieks skitter. Die Burger, 29 Januarie 2025. https://www.netwerk24.com/netwerk24/nuus/onderwys/verslag-so-laat-moedertaalonderrig-afrikaanse-matrieks-skitter-20250129-4 [5 Februarie 2025].         [ Links ]

    Visser, E. 2022. Die Kaapse slawe, 1652-1838: 'n Kultuurhistorieseperspektief. Pretoria: Protea Boekhuis.         [ Links ]

    Webb, VN. 2006. Perspektiewe op moedertaalonderrig. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 46(2):37-50.         [ Links ]

    Webb, VN. 2010. Constructing an inclusive language community from two mutually excluding ones: The third Afrikaans language movement. Tydskrif vir Letterkunde, 47(1):106-120.         [ Links ]

    Wilkinson, AC & Marais, N. 2011. Opname oor die aanbieding van nagraadse programme in hoëronderwysstudies en navorsing aan Suid-Afrikaanse universiteite. Ongepubliseerde verslag. Bloemfontein: Universiteit van die Vrystaat, Sentrum vir Hoëronderwysstudies en Ontwikkeling.         [ Links ]

    Wilkinson, AC & Van Jaarsveldt, DE. 2009. Trends in South African higher education studies and research. Preliminary findings. Unpublished report. Bloemfontein: Universiteit van die Vrystaat, Sentrum vir Hoëronderwysstudies en Ontwikkeling.         [ Links ]

    Willemse, H. (red.) 2018. Achmat Davids: Die Afrikaans van die Kaapse Moslems. Kaapstad: SBA.         [ Links ]

    Willemse, R. 2023. Gebaretaal nou SA se 12de amptelike taal. Beeld, 20 Julie 2023. https://www.netwerk24.com/netwerk24/nuus/aktueel/gebaretaal-nou-sa-se-12de-amptelike-taal-20230719 [13 Januarie 2025].         [ Links ]

    Wolhuter, CC & Van der Walt, JL. 2018. Wat is fout met Suid-Afrikaanse skole: Geheelbeeld van, en leemte in die navorsing oor skoolleierskap as sleutelfaktor. LitNet Akademies (Opvoedkunde), 15(2):463-485. https://www.litnet.co.za/wat-is-fout-met-suid-afrikaanse-skole-geheelbeeld-van-en-leemte-in-die-navorsing-oor-skoolleierskap-as-sleutelfaktor/ [13 Januarie 2025].         [ Links ]

    Wolhuter, CC & Van der Walt, JL. 2022. Strominge en teenstrominge in die vraag na die onderwys-taalmedium: 'n Internasionale en 'n Suid-Afrikaanse perspektief. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 62(4):715-742.         [ Links ]

    Wolhuter, CC, Van Jaarsveld, L & Challens, B. 2018. Die oorkoming van kontekstuele beperkinge in leierskap aan toppresterende skole. Litnet Akademies, 15(3):866-892.         [ Links ]

     

     

    Ontvang: 2023-09-02
    Goedgekeur: 2025-03-02
    Gepubliseer: Junie 2025

     

     

     

    Charl Wolhuter het aan die Universiteit van Johannesburg, die Universiteit van Pretoria, Unisa en die Universiteit Stellenbosch studeer. Hy het sy doktorsgraad in Vergelykende Opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Hy is 'n voormalige junior lektor in Historíese Opvoedkunde en Vergelykende Opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria en 'n voormalige senior lektor in Historiese Opvoedkunde en Vergelykende Opvoedkunde aan die Universiteit van Zoeloeland. Tans is hy professor in Vergelykende en Internasionale Opvoedkunde aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus. Wolhuter is die outeur van verskeie artikels en boeke oor die geskiedenis van die opvoedkunde, asook vergelykende en internasionale opvoedkunde. Hy was 'n besoekende professor aan onder meer Brock Universiteit (Kanada), Mount Union Universiteit (Ohio, Verenigde State van Amerika), die Universiteit van Kreta (Griekeland), die Universiteit van Queensland (Australië), die Universiteit van Modena en Reggio Emilia (Italië), die Opvoedkunde Universiteit van Hong Kong, Eberhardt Karls Universiteit (Duitsland), die Universiteit van Lljubljana (Slowenië), Tarapaca Universiteit (Chili) en San Martin Universiteit (Argentinië).
    Charl Wolhuter studied at the University of Johannesburg, the University of Pretoria, Unisa and Stellenbosch University. His doctorate was awarded in Comparative Education at Stellenbosch University. He is a former junior lecturer of History of Education and Comparative Education at the University of Pretoria and a former senior lecturer of History of Education and Comparative Education at the University of Zululand. Currently, he is professor in Comparative and International Education at the North-West University, Potchefstroom Campus. Wolhuter is the author of several articles and books on the history of education, and comparative and international education. He held visiting professorships at, i.a., Brock University (Canada), Mount Union University (Ohio, United States of America), the University of Crete (Greece), the University of Queensland (Australia), the University of Modena and Reggio Emilia (Italy), the Education University of Hong Kong, Eberhardt Karls University (Germany), the University of Lljubljana (Slowenia), Tarapaca University (Chile) and San Martin University (Argentina).

     

     

    WAM (Wannte) Carstens het 'n DLitt in Afrikaanse taalkunde aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf en het onder meer aan die Universiteit van Stellenbosch (US), die Universiteit van Kaapstad (UCT) en die NoordwesUniversiteit (NWU) gedoseer. Hy is die outeur of mede-outeur van 'n verskeidenheid boeke oor normatiewe linguistiek, tekslinguistiek, teksredigering en die geskiedenis van Afrikaans. Hy was ook mederedakteur van ses boeke oor die Afrikaanse taalkunde. Hy het ongeveer 60 artikels en hoofstukke in verskillende tydskrifte en boeke gepubliseer en het meer as 90 voordragte gelewer by nasionale en internasionale kongresse. Sedert sy aftrede in 2017 het hy volgehou om navorsing te doen, artikels te publiseer, referate by kongresse te lewer en as skrywer of redakteur/mederedakteur van boeke op te tree. Hy het in 2019 'n C1-navorsingsgradering van die NNS ontvang, is die ontvanger van die CJ Langenhovenprys vir Afrikaanse taalwetenskap in 2022, en is in 2024 vereer met die Jan H Maraisprys vir sy bydrae om Afrikaans as wetenskapstaal te bevorder.
    WAM (Wannie) Carstens obtained a DLitt in Afrikaans linguistics from the University of Stellenbosch and has taught at the University of Stellenbosch (SU), the University of Cape Town (UCT) and the North-West University (NWU). He is the author or co-author of numerous books on normative linguistics, text linguistics, text editing, and the history of Afrikaans. Additionally, he co-edited six books on Afrikaans linguistics. He has published approximately 60 articles and chapters in various journals and books and has presented more than 90 papers at various national and international conferences. Since his retirement in 2017, he has continued to conduct research, publish articles, deliver papers at conferences and act as author or editor/co-editor of books. He received a C1 research rating from the NRF in 2019, was awarded the CJ Langenhoven Prize for Afrikaans linguistics in 2022 and was honoured with the Jan H Marais Prize in 2024 for his contribution to the promotion of Afrikaans as a language of science.
    1 Vergelyk Bornman et al. 2025, asook Bornman, Steenkamp & Wierenga 2025 vir verdere agtergrondsinligting.
    2 Konsulterende byeenkomste het in Februarie 2022 in Pretoria en Stellenbosch plaasgevind. Uitnodigings tot deelname aan hierdie byeenkomste is wyd uitgestuur na Afrikaanse organisasies en instellings. Talle instansies het nie op die uitnodigings gereageer nie, wat die verteenwoordigendheid van die byeenkomste geraak het. Dit kan moontlik 'n impak op die vasstel van die navorsingsagenda hê.
    3 In Julie 2023 is Suid-Afrikaanse Gebaretaal as die twaalfde amptelike taal van Suid-Afrika bevestig (Willemse. 2023; Du Plessis, 2023).
    4 Van die waarborge is wel aan beperkings onderhewig, en dit word heel dikwels uit die oog verloor dat aansprake op die regte van taalgemeenskappe nie noodwendig 'n kombersimplikasie het nie.
    5 Vergelyk Du Plessis (2010) oor die rol van sosiolinguistiese beginsels by die ontleding van taalwetgewing. Welstand is so 'n sosiologiese beginsel.
    6 Vergelyk Ethnologue (2024) vir meer oor hierdie konsep. Ethnologue word wyd aanvaar as die bron waar die status van tale in konteks geplaas word.
    7 Een van die skrywers van hierdie bydrae was die inisieerder van die proses (gebaseer op 'n ideaal van eenheid in die Afrikaanse gemeenskap). Hy was ook daadwerklik betrokke by die uitvoer van die proses en die uiteindelike totstandkoming van die Afrikaanse Taalraad.
    8 Vergelyk Carstens (2011, 2012, 2013).
    9 Inligting is oor 25 temas gevra, waaronder onderwys, media, ekonomie, arbeidsektor, wetenskap en taal en meertaligheid. Die volledige lys is beskikbaar by https://oulitnet.co.za/taaldebat/taalberaad.asp.
    10 Die boek bied 'n oorsig en deeglike ontleding van ontwikkelinge op Suid-Afrikaanse kampusse in die tydperk 1996 tot 2006 en die implikasies daarvan vir Afrikaans, ander inheemse tale en kulturele diversiteit. Die verantwoordbaarheid van die bestuurstelsels van universiteite teenoor taalgemeenskappe word beklemtoon. Die verslag toon aan dat die Afrikaanse taalgemeenskap die verantwoordelikheid het om 'n vaste plek vir Afrikaans aan universiteite te beding.
    11 Vergelyk ook Steyn (1980:15-16) oor die groei of kwyn van tale, asook Carstens (2021) oor die afname in die gebruik van funksies in Afrikaans.
    12 http://taalunieversum.org/inhoud/staat-van-het-nederlands
    13 Vorige ondersoeke in hierdie verband is deur Bitzer & Wilkinson (2012), Wilkinson & Marais (2011) en Wilkinson & Van Jaarsveldt (2009) onderneem. Hierdie bronne is nou verouderd.
    14 Vergelyk Van Zyl (2025) oor die voordele van moedertaalonderrig vir Afrikaanse leerders, wat ook in hul matriekuitslae te siene is.
    15 Die verduideliking van hierdie komponente val buite die bestek van hierdie artikel en die leser word in hierdie verband verwys na die publikasie van Wolhuter en Van der Walt (2018).
    16 Le Cordeur (2023c) se berig "Gebruik KI só in die klaskamer" is 'n goeie vertrekpunt.
    17 Le Cordeur, 2010a, 2010b, 2012 werk reeds op hierdie vlak.
    18 Le Cordeur (2012) oor taalonderwysers as lesers van kinderliteratuur en hoe dit leerders se ingesteldheid teenoor lees kan beïnvloed, toon reeds belangstelling in hierdie kwessie.