SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.65 número2NP van Wyk Louw: Opstelle vir 'n oorgangstyd ('n voorwoord) índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Revista

Articulo

Indicadores

    Links relacionados

    • En proceso de indezaciónCitado por Google
    • En proceso de indezaciónSimilares en Google

    Compartir


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    versión On-line ISSN 2224-7912versión impresa ISSN 0041-4751

    Tydskr. geesteswet. vol.65 no.2 Pretoria jun. 2025

     

    REDAKSIE / EDITORIAL

     

    Uit die Redakteurskantoor: 'n Nuwe hoofstuk: Groete van die hoofredakteur

     

     

    "Heil die leser", wil ek sê, want die Tydskrif vir Geesteswetenskappe bestaan onder andere by grasie van sy uitgebreide lesertal. Maar ek groet natuurlik ook die baie skrywers wat geduldig gewag het vir hierdie uitgawe om te verskyn. Die Maart-uitgawe, 65(1), het werklik al die aandag en samewerking van die twee gasredakteurs geëis. Prof. Ina-Wolfaardt-Gräbe het met haar gewone noukeurige blik belangrike kwaliteitskontrole vir dié besondere uitgawe uitgeoefen. Ek bedank haar dus van harte. Ek is voorts baie bly om te meld dat sy ingestem het om as redaksielid van die tydskrif aan te bly.

    Ek is baie bevoorreg om by een van die beste Afrikaanse tydskrifte as redakteur 'n bydrae te kan lewer. Ek bedank die Akademieraad wat my aangestel het vir hulle vertroue in my en dr. Annelise de Vries wat my gevra het of ek kans sien vir die werk. Ek kan steun op baie kundiges om my by te staan en ook op die mense wat die manuskripbestuur, bladuitleg en drukwerk doen. Die skrywers en die nooitvolprese keurders moet spesifiek genoem word. Sonder hierdie onverdrote arbeiders sal Afrikaans veel armer wees en sal ons verlief moet neem met veral Engelstalige artikels wat aspekte van die geesteswetenskappe vir ons ontsluit.

    Ek sien uit na die volgende hoofstuk in die lang geskiedenis van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe.

    Nerina Bosman