SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.74 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Town and Regional Planning

    On-line version ISSN 2415-0495Print version ISSN 1012-280X

    Abstract

    DE BEER, Stephan  and  ORANJE, Mark. Stadsbouprossese 'van onder af': 'n oproep vir gemeenskappe van weerstand en rekonstruksie. Town reg. plan. (Online) [online]. 2019, vol.74, pp.12-22. ISSN 2415-0495.  https://doi.org/10.18820/2415-0495/trp74i1.2.

    Die artikel betreur die uitsluiting van klein plaaslike gemeenskappe, stemme en visies van deelname in stadsbouprosesse. 'n Saak word gemaak vir 'klein gemeenskappe' wat op verskeie maniere en in verskillende plekke weerstand bied en heropbou. In plaas daarvan om sulke praktyke as naïef of a-polities te sien, maak die artikel 'n oproep tot die verstaan van sulke praktyke as alternatiewe tot stedelike prosesse 'van bo af', en as verteenwoordigend van 'n ander en noodsaaklike, kritiese politieke verbeelding. In die proses vermeng dit insigte van ekwiteitsbeplanningsteorieë, praxis-gebaseerde bevrydingsteologieë, en emansiperende gemeenskapsontwikkelingsprosesse. Daar word gesuggereer dat gemeenskappe, bewus van die kragte wat hulle wil verdeel, 'n betekenisvolle rol kan speel in stadsbouprossese 'van onder af'. Die bewering word gemaak dat dit selfs meer moontlik sou wees as sulke gemeenskappe mekaar sou vind en 'n diep solidariteit met mekaar sou kweek, totdat breë-gebaseerde, verbinde bewegings vorm begin aanneem, en konkrete tekens van heelheid beliggaam.

    Keywords : Ekwiteitsbeplanning; heropbou; politieke verbeelding; weerstand.

            · abstract in English | Other     · text in English     · English ( pdf )