SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30 issue1Early sustainable architecture in hanging skyscrapers - a comparison of two financial office buildings author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Acta Structilia

    On-line version ISSN 2415-0487Print version ISSN 1023-0564

    Abstract

    BOSMAN, Gerhard; VENTER, Anita  and  MABE, Phadi. Litema artivism: community-engaged scholarship with international online learning. Acta structilia (Online) [online]. 2023, vol.30, n.1, pp.186-212. ISSN 2415-0487.  https://doi.org/10.38140/as.v30i1.7336.

    Die wanopvatting dat aanlyn-leer en onderrig vir die bouwetenskappe ondoeltreffend is, is verkeerd bewys. 'n Gemengde leertegniek, wat diensleeraktiwiteite en navorsing (gemeenskapsbetrokke vakkundigheid) kombineer met Collaborative Online International Learning (COIL), het wonderlike leer- en onderrigmoontlikhede op 'n internasionale digitale platform getoon. Hierdie artikel kyk na hoe gemeenskapsbetrokke vakkundigheid en COIL 'n internasionale leerervaring kan ondersteun wat landelike kuns en argitektuur in sentrale dele van Suid-Afrika vier. Die navorsing het 'n kwalitatiewe deelnemende aksie navorsingsbenadering en sosiale leerteorie-raamwerk gebruik. Die kombinasie van praktiese uitkomste in diensleeraktiwiteite met 'n samewerkende internasionale literatuurstudie het 'n nuwe perspektief van Litema-muurversieringkuns in landelike dele van die Oos-Vrystaat-provinsie gebied. Hierdie aktiwiteite het ontwikkel in 'n samewerkingsgeleentheid as 'n COIL-ervaring. 'n Nuwe konseptuele diensleerbenadering vereis goeie kommunikasie en netwerkvorming, duidelike agendas sowel as toegewyde personeel en studente. Die studie het diensleeraktiwiteite deur Suid-Afrikaanse argitektuurstudente aan die Universiteit van die Vrystaat saamgesmelt met literatuur van Amerikaanse kunsgeskiedenis-studente van Colorado State University deur middel van 'n COIL wat gelei het tot 'n samewerkende uitstalling van navorsingsbevindinge. Die studiebenadering volg die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (SDG's) van kwaliteit onderwys en geslagsgelykheid en die "Art-Lab for Human Rights and Dialogue" wat eties ingryp vir menseregte as "kunsaktivistiese" dade van sorg vir plattelandse woonhuiskuns.

    Keywords : Architecture; community engagement; Collaborative Online International Learning; COIL; litema art; service learning; sustainable development goals.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )