SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30 issue1The impact of the integrated residential development programme on surrounding property values: case study of fleurhof, Johannesburg author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Acta Structilia

    On-line version ISSN 2415-0487Print version ISSN 1023-0564

    Abstract

    THULO, Lehlohonolo; EMUZE, Fidelis  and  THERON, Elizabeth. A conceptual quality improvement protocol for Free State public works projects. Acta structilia (Online) [online]. 2023, vol.30, n.1, pp.1-33. ISSN 2415-0487.  https://doi.org/10.38140/as.v30i1.7115.

    Materiaal wat gelewer word vir openbare werke projekte wyk af van tegniese spesifikasies met nadelige gevolge vir die kwaliteit van die konstruksieproses en produk. Met aflewering variëer materiale van spesifikasies, en gehalte kwessies soos defekte en addisionele werk volg, met die kliënt wat addisionele kostes ervaar. Hierdie probleme dui op 'n gebrek aan kwaliteit tydens beide die ontwerp en konstruksieproses rakende materiaalbestuur. Die onvoldoende toepassing van kwaliteitverbetering konsepte en tegnieke blyk ook by te dra tot die bogenoemde probleme. Die doel van die studie is dus om 'n gepaste kwaliteitverbeteringsprotokol te vind wat sal verseker dat afgelewerde materiale voldoen aan die nodige ingenieurs-spesifikasies. 'n Gevallestudie-gebaseerde ontwerp met veelvuldige data-insamelingstegnieke is gebruik om die studie te bespoedig. Dit is gebaseer op pragmatisme as navorsingsfilosofie wat daarop gemik is om werklike probleme op te los. Die primêre data is versamel met behulp van 'n semi-gestruktureerde, self-geadministreerde vraelys, semi-gestruktureerde onderhoude en dokumentontleding. Dit het die platform verskaf vir die samestelling van 'n kwaliteitsverbeteringsprotokol wat gekontekstualiseer is vir die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur in die Vrystaat provinsie. Die statistiese en geskrewe data toon hoe die departement die kwessies rakende kwaliteit-beplanning, -beheer, en -verbetering met betrekking tot materiaallewering op Openbare Werke projekte kan aanspreek. Die artikel se bydrae is die voorgestelde gehalteverbeteringsprotokol rakende die spesifikasie en aflewering van konstruksiemateriale.

    Keywords : Construction; construction material; infrastructure; materials; public works; quality improvement.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )