SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    VAN DER MERWE, Dirk. 1 Johannes: 'Effekte' in bybelste tekste wat 'geleefde ervaringe' in die nadenkende lees van daardie tekste konstitueer. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.2, pp.1-9. ISSN 2305-0853.  https://doi.org/10.4102/IDS.V49I2.1930.

    Volgens 1 Johannes 2:28-3:10 is dit duidelik dat die eskatologiese gebeure waarna daar in die teks verwys word, implikasies het vir hoe die mens vóór hierdie gebeure behoort te lewe. Die artikel ondersoek hierdie eskatologiese perikoop deur 'n aantal van die taalkundige effekte in die teks te analiseer om vas te stel hoe die veronderstelde spiritualiteite wat in die perikoop ingebed is, gegenereer is. Hierdie taalkundige effekte vorm deel van die teksretoriek wat deur die outeur aangewend is om bepaalde spiritualiteite in lesers wakker te maak met die doel om hulle te motiveer om volgens die aanbevelings wat in die teks vervat is, te handel. Vier effekte wat in hierdie artikel geïdentifiseer en ondersoek word en wat spiritualiteite of 'geleefde ervaringe' deur die kontemplatiewe lees van tekste tot stand bring, is (1) die dinamiese interaksie tussen teks en leser, (2) die samestelling van beelde, (3) die dialektiek van pretensie en retensie en (4) 'verstrengeling met 'n teks.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )