SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    NEL, Marius. Implikasies van ontwikkelings in die leerstelling van goddelike genesing binne die Pinksterbeweging. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.1, pp.01-09. ISSN 2305-0853.

    Die Pinksterbeweging het met verloop van tyd sy begrip van die leer van goddelike genesing verander. Die veranderings is hoofsaaklik as gevolg van vorderings wat deur die mediese wetenskap gemaak is en die pinksterteologie moes opnuut die verhouding tussen versoening en heling definieer. Die veranderings word in terme van die geskiedenis van die wit afdeling van die Apostoliese Geloof Sending van Suid-Afrika (AGS), die grootste pinksterdenominasie in Suid-Afrika, beskryf. Dit dien tot 'n groot mate as verteenwoordigend van veranderings in die res van die AGS, maar ook van die Pinksterbeweging as sodanig. Die ontleding toon dat die veranderde houding teenoor die gebruik van medisyne en inenting sowel as mediese prosedures soos operasies pinksterkerke uiteindelik dwing om toegewings in sy genesingsbediening te maak wat aan sy Skrifbeskouing verwant is. Dat die kerk veranderings aanbring in 'n belangrike leerstelling soos dié van goddelike genesing, hou belangrike implikasies vir die kerk in. Die implikasies hou verband met die wyse waarop die pinkstermense die Bybel lees en benut en dit noodsaak die Pinksterbeweging om ook oor ander leerstellings na te dink wat uitdagings daaraan stel, byvoorbeeld die eskatologie en ekklesiologie.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )