SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue1A few aspects regarding the reformed worship service and liturgical song in a multicultural South AfricaPastoral elements in Hebrews author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    HELBERG, Jaap L. Jesus Christus se begronding van die opstanding (Matt 22) in die Ou-Testamentiese openbaring en die implikasies daarvan. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.1, pp.1-07. ISSN 2305-0853.

    Anders as die Sadduseërs en ander mense se mensgesentreerde benadering tot die menslike bestaan en daarom tot 'n moontlike opstanding, is Jesus se benadering Godgesentreerd (óp God gerig en déur God verrig) en Skrifgefundeer. Dit wil sê 'n benadering gefundeer in wat God geopenbaar het en wat menslike bespiegeling, teologie of verwerking van wat met Jesus gebeur het, te bowe gaan. Hierdie Skriffundering is gegrond in God as die lewende, onverganklike, aktiewe en lewewekkende God se persoonlike verhouding met die mens in sy konkrete, historiese bestaan (Matt 22:23-33). So word die ware liggaamlike en geestelike bestaan verseker, naamlik 'n onverbreekbare persoonlike verhouding met God - nou en na die dood, rustend in Jesus Christus se lewe, dood en opstanding. Hierdie begronding veronderstel 'n Skrif- en Geesgefundeerde, Godgesentreerde hermeneutiek, eksegese, erediens, prediking en kerklike inrigting, gedra deur selfondersoek en bekering, diensbaarheid in liefde vir God en die naaste (Matt 22:34-41), en verantwoordelikheid teenoor God se skepping.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )