SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue2Luther's moral synthesis: Occamism, Christian mysticism and the idea of beingAn ecclesiological model for the ministry of reconciliation in a socio-political context author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    DU PLOOY BAIN, Erina  and  DE KLERK, Ben J.. 'n Empiriese ondersoek na die sosiale en mediese omstandighede van gelowiges met MIV/VIGS ten einde riglyne vir hoop-getuienis te bepaal. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.2, pp.1-9. ISSN 2305-0853.

    Hierdie eerste artikel in 'n reeks waar die sentrale en skerpsinnig-wyse sleutelposisie van eskatologiese hoop en getuienis daarvan in die lewe van die gelowiges met MIV/VIGS beklemtoon word, fokus op die mediese en sosiale omstandighede van die persoon met Vigs in 'n terminale fase. Empiriese navorsing is onderneem aan die hand van 'n kwalitatiewe studie by die gesondheidsentrum van 'n voorstedelike motorvervaardigingsaanleg. Die navorsingsontwerp en -metodologie word bespreek en geverifieer. Twee groepsonderhoude met multi-veranderlikes per deelnemer (gelowiges met MIV/VIGS en 'n kontrolegroep van mediese personeel/gesondheidwerkers) wat onderneem is, het vasgestel dat die persone met MIV/VIGS in 'n uiters negatiewe situasie leef, wat onder meer bestuurbaar gemaak word deur die sogenaamde signature strengths van die Positiewe Psigologie. Pastorale behoeftes sluit gebed, vertroosting en koinonia/samesyn (fellowship) in. Opvolartikels sal fokus op die bydrae van die metateorieë van die mediese en kommunikasiewetenskap en die Positiewe Psigologie as komplementerende ervaringsveld. Op 'n veel hoër vlak is spirituele gesondheid en heling as vrug van die Heilige Gees van kardinale belang vir die ewige lewe: versterkende geestelike krag vanuit hulle eskatologiese hoop vir die ewige lewe saam met God, waar geen swaarkry is nie. Praktiese riglyne tot kerugmatiese, liturgiese, koinoniale en diakoniale getuienis oor hoop sal in hierdie opvolgartikels voorgestel word.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )