SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue2Points of departure for the state in the Institutes of Calvin compared with points of departure of the South African Bill of Rights (1996)The Confession of Belhar and ecumenism against the backdrop of the Three Forms of Unity author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    DE KLERK, Ben J.; DE WET, Fritz W.  and  PIETERSE, Hennie J.C.. Die noodsaak daarvan om metateoretiese vertrekpunte in 'n prakties-teologiese wetenskapsbeskouing en-beoefening te verreken. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.2, pp.1-11. ISSN 2305-0853.

    Hierdie artikel is die vierde publikasie wat uit die navorsingsprojek Metateoretiese vertrekpunte in die praktiese teologie voortvloei. In die voorafgaande artikels is 'n saak uitgemaak vir die noodsaak daarvan om rekening te hou met die eie metateoretiese vertrekpunte rakende werklikheidsbeskouing en met kriteria waarvolgens die hermeneutiese proses wat in handelinge in die navorsingsveld van die praktiese teologie ter sprake kom, geïnterpreteer word. In hierdie artikel verskuif die fokus na die metateoretiese vertrekpunte wat in die navorser se wetenskapsbeskouing en -beoefening ter sprake kom. Die rol wat metateoretiese faktore speel in die manier waarop die wese en taak van die wetenskap gedefinieer word, kry aandag. 'n Poging word aangewend om 'n model te ontwerp waarin die teenwoordigheid en uitwerking van die navorser se metateoretiese vertrekpunte integraal verreken word in die proses van prakties-teologiese wetenskapsbeoefening. 'n Huidige navorsingsprojek, waarmee een van die medeskrywers van hierdie artikel besig is, word bespreek as voorbeeld van die impak wat metateoretiese vertrekpunte op die ontwerp van 'n studie kan hê.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )