Services on Demand
Journal
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
In die Skriflig
On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441
Abstract
VORSTER, N.. Die imago Dei in protologiese, Christologiese en eskatologiese perspektief. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.2-3, pp.591-612. ISSN 2305-0853.
Hierdie artikel bespreek die belang van die konsep van die "imago Dei" vir teologiese antropologie. Die sentrale teoretiese argument van die artikel is dat Genesis 1 doelbewus 'n "oop" betekenis aan die "imago Dei" gee, sodat dit verder deur teologiese besinning ingevul kan word. Die "imago Dei" kan daarom nie alleenlik vanuit 'n protologiese perspektief verstaan word nie. Die Christologiese en eskatologiese inhoud wat die Nuwe Testament aan hierdie konsep gee, is bepalend vir die verstaan van die begrip en is belangrik vir die uiteindelike uitbou van 'n teologiese antropologie.











