SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.43 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    DE WET, F.W.. Die implikasies van 'n pneumatologies-bepaalde teoretiese raamwerk vir navorsingsmetodologie in prakties-teologiese wetenskapsbeoefening. In Skriflig (Online) [online]. 2009, vol.43, n.2, pp.227-250. ISSN 2305-0853.

    Prakties-teologiese navorsing werk met 'n unieke invalshoek op die navorsingsterrein van menslike handelinge. Prakties-teologiese navorsing se unieke invalshoek is geleë in die manier waarop dit fokus op die snyvlak tussen goddelike elemente en menslike elemente in die verstaan, verklaar en verandering van die praksis van die geloofslewe. In die eerste deel van die artikel word 'n poging aangewend om 'n pneumatologies bepaalde teoretiese raamwerk vir prakties-teologiese wetenskaplike navorsing te ontwikkel. Hierdie raamwerk bied aan die navorser die geleentheid om op 'n omvattende wyse met sowel die menslike as die goddelike elemente wat in die navorsingsveld opgesluit is, rekening te hou. Hierdie raamwerk voorsien ook kritieke ankerpunte vir wetenskaplike denke sodat navorsingsresultate nie ongekontroleerd in spekulasie en eensydighede verval nie. In die tweede deel van die studie word 'n saak uitgemaak vir 'n intradissiplinêre benadering tot die aansluiting by navorsings-metodologie van die menslike wetenskappe in prakties-teolo-giese navorsing. Die outeur dui aan dat die vertrekpunt in 'n pneumatologies-bepaalde teoretiese raamwerk reoriëntasie en fokusverskuiwings noodsaaklik maak in die manier waarop metodologie aangewend word in die deskriptiewe, hermeneu-ties-strategiese sowel as strategiese fases van 'n prakties-teologiese navorsingsprojek.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )