SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 issue4 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    RHEEDER, A.L.. Stamselnavorsing en terapie: 'n Voorlopige teologies-etiese beoordeling. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.4, pp.709-734. ISSN 2305-0853.

    Stamselnavorsers het al wonderlike en asemrowende terapeutiese suksesse met stamselle bewerk. Mens en dier is deur middel van stamselle van 'n verskeidenheid siektes verlos. Vir baie mense hou die moontlikheid van genesing deur stamselnavorsing en meegaande terapie ontsaglike hoop in. Die doel van hierdie artikel is om hierdie medies-tegnologiese verskynsel in die algemeen teologies-eties te beoordeel. Wat leer die Bybel ons oor die genesing van siek mense? Kan Christus se leer en lewe ons in hierdie verband help? In die beantwoording van die vraag sal ook na die betekenis van die eskatologiese etiek gekyk word. Verskeie argumente vir en teen hierdie tegnologie word behandel. Die groot etiese vraag rondom stamselnavorsing en terapie in die besonder is die noodwendige vernietiging van menslike embrio's. Menslike embrio's word geskenk en soms geskep met die doel om stamselle te oes. Verskeie argumente vir en teen die vernietiging van die embrio word behandel. Die etiese oordeel dat menslike embrio's met die oog op moontlike genesing vernietig mag word, word filosofies en in die lig van die Skrif beoordeel.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )