SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.42 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    DE BEER, E.J.. 'n Teologies-etiese beoordeling van werkloosheid. In Skriflig (Online) [online]. 2008, vol.42, n.1, pp.25-50. ISSN 2305-0853.

    Werkloosheid is een van die grootste probleme wat tans op die Suid-Afrikaanse arbeidstoneel ondervind word. In hierdie artikel word dié probleem in die lig van Bybelse uitsprake oor arbeid ondersoek. Die doel van die studie is om aan rolspelers vanuit die Bybel leiding te gee oor hoe hulle ingesteldheid teenoor die werkloosheidsprobleem behoort te wees. In die artikel word die omvang van werkloosheid in Suid-Afrika ondersoek. Daarna kom die faktore wat werkloosheid sedert 1994 beïnvloed het, onder die soeklig. Dit word gevolg deur 'n bestudering van ter-saaklike Bybelse uitsprake oor arbeid. Ten slotte word die Suid-Afrikaanse werkloosheidsprobleem beoordeel in die lig van die Bybelse uitsprake oor arbeid. In die beoordeling word ook leiding gegee oor hoe verskillende rolspelers op die arbeidsterrein se ingesteldheid teenoor werkloosheid behoort te wees.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )