Serviços Personalizados
Journal
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Koers
versão On-line ISSN 2304-8557versão impressa ISSN 0023-270X
Resumo
BHENGU, Sicelo; MTHIYANE, Siphiwe e KRUGER, Johan. Die skep van etiese werksomgewings: Insigte van onafhanklike skoolleiers en opvoeders. Koers (Online) [online]. 2026, vol.91, n.1, pp.1-14. ISSN 2304-8557. https://doi.org/10.19108/KOERS.91.1.2622.
Die navorsers het die data vanuit 'n Christelike perspektief bestudeer en geanaliseer. 'n Kwalitatiewe, etnografiese gevallestudiebenadering is binne 'n interpretivistiese paradigma gebruik om te ondersoek hoe skoolleiers en opvoeders etiese leierskap verstaan en beoefen ter bevordering van 'n etiese werksomgewing. Data is ingesamel deur middel van semigestruktureerde onderhoude met skoolhoofde, adjunkhoofde en onderwysers van twee onafhanklike skole, wat waardevolle insigte bied ten opsigte van die deelnemers se beleefde ervarings en leierskapspraktyke. Die bevindings toon aan dat etiese leierskap die doeltreffendste is wanneer dit gegrond is in waardes soos integriteit, aanspreeklikheid en dienende leierskap, dit wil sê waardes wat in ooreenstemming met Christelike beginsels staan. Sodanige leierskap is 'n voorvereiste ter bevordering van 'n etiese werksomgewing wat deur vertroue, respek en 'n gedeelde morele doel gekenmerk word. Die studie het ook bekommernisse binne geloofsgebaseerde skole aan die lig gebring, veral daar waar institusionele Christelike identiteit met bestuurs- of markgedrewe imperatiewe oorvleuel. Verder was daar 'n onwilligheid om ontevredenheid oor leierskapsgedrag te opper, wat kommer oor seggenskap, agentskap en die teenwoordigheid (of afwesigheid) van 'n laat-jou-stem-hoor"-kultuur benadruk.
Palavras-chave : aanspreeklikheid; etiese kultuur; etiese leierskap.












