Serviços Personalizados
Journal
Artigo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares em Google
Compartilhar
Koers
versão On-line ISSN 2304-8557versão impressa ISSN 0023-270X
Resumo
BOTHA, Marga. Die ontwikkeling van geestelik gegronde dosente deur middel van ondersteunende hoëronderwysomgewings. Koers (Online) [online]. 2026, vol.91, n.1, pp.1-14. ISSN 2304-8557. https://doi.org/10.19108/koers.91.1.2627.
Die integrasie van geloof en leer in hoër onderwys skep unieke uitdagings vir dosente. Hierdie proses vereis die koppeling van sekulêre inhoud met bybelse beginsels, wat dikwels spanning veroorsaak wanneer inhoud vanuit 'n Christelike perspektief aangebied word. Juis hierom verkíes heelwat dosente om materíaal pedagogies aan te bíed sonder om dit krities vanuit 'n Christelike wêreldbeskouing te evalueer. Gevolglik beskik Christelike hoëronderwysinstellings nie altyd oor 'n samehangende raamwerk wat die Groot Opdrag weerspieël wat in Matteus 28:19-20 gegee word nie. Hierdie studie gebruik 'n kwalitatiewe navorsingsontwerpe ten einde die integrasie van geloof en leer te ondersoek. Dit geskied deur 'n tematiese analise van dokumente. Die bevindinge toon dat geloofsintegrasie die doeltreffendste plaasvind wanneer dit institusioneel gestruktureer en geestelik beliggaam word. Belangrike ondersteuningsmeganismes sluit in: gereformeerde bybelse raamwerke, reflektiewe praktyke, ontwikkeling van akademiese personeel en gemeenskaplike aanspreeklikheid. Hierdie strukture stel dosente in staat om hul onderrig met die transformerende missie van die Groot Opdrag te belyn. Die studie voer dus aan dat Christelike hoëronderwysinstellings institusionele ondersteuning behoort te verskaf deur middel van duidelike beleide, toegewysde hulpbronne en toegespitste opleiding. Sodanige ondersteuning kan help om spanning te verminder, en dit kan samehang tussen opvoedingsbenaderings versterk. Bowendien, wanneer onderrig met die Groot Opdrag belyn word, word 'n holistiese gemeenskap geskep, wat tot 'n ondersteunende akademiese gemeenskap bydra. Sodanige gemeenskap kan praktyke en strategieë met die oog op doeltreffende geloofsintegrasie deel. Hierdie navorsing beklemtoon dus die rol van institusionele ondersteuning. Dit bied ook 'n raamwerk vir geloof-leerintegrasie wat Christelike hoëronderwysinstellings kan gebruik om hul dosente beter toe te rus om hul roeping in die onderwys te vervul terwyl hulle getrou aan Bybelse grondslae bly.
Palavras-chave : Christelike hoëronderwysinstellings; Christelike wêreldbeskouing; geloofsintegrasie; Groot Opdrag; institusionele ondersteuning.












