SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.90 número1Learner pregnancy in secondary schools in South Africa: Have attitudes and perceptions of teachers changed?Illuminating perspectives for the pastorate from trauma research on traumatized children índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Journal

Artigo

Indicadores

    Links relacionados

    • Em processo de indexaçãoCitado por Google
    • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

    Compartilhar


    Koers

    versão On-line ISSN 2304-8557versão impressa ISSN 0023-270X

    Resumo

    LOUBSER, Danette. Dosente as verlossende veranderingsagente ter ondersteuning van studente met outismespektrum-versteuring (OSV) in hoëronderwysinstellings. Koers (Online) [online]. 2025, vol.90, n.1, pp.1-16. ISSN 2304-8557.  https://doi.org/10.19108/KOERS.90.1.2626.

    Om diverse studente, insluitend dié met outismespektrum-versteuring (OSV) te onderrig, vergestalt die Bybelse oproep om elke individu, wat na die beeld van God geskape is, te koester. Hierdie studie het gefokus op die dosent as 'n verlossende veranderingsagent om n die behoeftes van studente met OSV in hoer onderwys vanuit 'n Gereformeerd-Christelike perspektief te voorsien. Tans neem die aantal studente met OSV by hoëronderwysinstellings toe weens 'n verhoogde fokus op inklusiwiteit. Dit noodsaak 'n toegespitste aandag op die ondersteuningsrol wat dosente teenoor hierdie studente vervul. Die studie het 'n kwalitatiewe benadering gevolg deur dokumentanalise te gebruik. Doelgerigte steekproefneming is aangewend om dokumente te kies wat geskik en toepaslik vir die studie is. Tematiese inhoudsanalise is gebruik om die data te ontleed. Uit die bevindings het drie temas na vore gekom: dosente as profete, priesters en konings. Tema een het gefokus op dosente en hu institusionele gereedheid as profete om studente met OSV te ondersteun. Tema twee het dosente se onderrigbenaderings en aanpassing in hul rol as priesters ingesluit om studente met OSV te ondersteun. Tema drie het ten laaste op die institusionele ondersteuningstelsel gefokus, waar dosente die rol van konings vervul ten einde studente met OSV te ondersteun. Op grond van die bevindings word daar tot die volgende gevolgtrekking gekom: Dosente se onderrigbenaderings moet empaties, buigsaam en aanpasbaar wees ten einde suksesvolle ondersteuning van OSV-studente te verseker. Dosente se geloof moet hulle inspireer om Christus se mededeelsaamheid en genade na te volg. Die sentraalstelling van Christus in elke dosent se lewe sal 'n positiewe invloed op studente met OSV uitoefen en sal tot 'n meer ondersteunende en regverdige omgewing bydra. Die bevindings, wat deur 'n deeglike dokumentanalise verkry is, kan tot die ontwikkeling van Christosentriese riglyne bydra ter ondersteuning van dosente oor hoe om verlossende veranderingsagente in hoer onderwys te word.

    Palavras-chave : dokumentanalise; hoër onderwys; outismespektrum-versteuring; studenteondersteuning; verlossende veranderingsagente.

            · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )